Onverskillige ongeletterdheid

Februarie 10, 2013 at 8:32 nm 2 Kommentaar

Nou ja, na ‘n amperse vol dag van op ons jisse sit, het die dokter toe die dame gesien. Maar eers moet ek julle vertel. Nadat haar leër toe opgespoor is, was sy binne minute geroep. Sommer so ‘n jong doktertjie wie haar gesien het.

Toe hy uitkom en haar roep, bly ek sit. Ek meen, ek is mos ok. Sy draai toe by die deur om en vra “Kom Tannie nie saam nie?” toe ek die benoudheid in haar oë gesien het, het ek saam gestap. Die swart verpleër, die prewelaar sit toe kierts regop in die derde stoel in die ondersoekkamer. Die doktertjie het gaan sit, sy het gaan sit en die prewelaar het reeds gesit. Toe staan ek mos maar. Die doktertjie het na die prewelaar gekyk, Susarah het na die prewelaar gekyk, toe spring hy op en gaan leen teen die ondersoek bed. Die doktertjie het my genooi om te gaan sit. Hy het aandagtig na haar lange relaas geluister, vrae gevra en eindelose notas gemaak.

Toe het hy die prewelaar gestuur om vir hom goed te gaan haal, opgestaan en die deur toegemaak. Hy het die ondersoek tafel/bed ding probeer skoon oortrek. Toe het die prewelaar teruggekeer en die doktertjie het die goedjies by die deur ontvang en dit duidelik gemaak dat hy nie die prewelaar se hulp nodig gehad het nie. Hy het die deur toegemaak en gesê wat hy van voornemens was om te doen. Dit was dan my “cue” om kamer te verlaat.

Na die ondersoek, het hy my kom roep en al wat hy gesê het was dat sy na sy beskeie mening ‘n ginekoloog dringend nodig het. Maar, daar was egter een probleem. Die mense werk net tot vier uur (Hy ook) en dit was al goed na vier. Ons sou die volgende dag moes terug keer. Petrol kos mos R1,99 per liter. Ewentwel, Olga los mos nie sommer ‘n ding half pad nie. die volgende dag was ons terug. Skaars het ons op die stoep tussen al die ander stelling ingeneem of hy was daar om Susarah in te roep. Kan julle glo? Die &^%*&^ $%^^&*@#$ ginekoloog wil haar nie sien nie. Ek belowe.

Toe stel die doktertjie voor dat hulle bloed trek vir toetse en sy na die kliniek in Graskop gaan vir ‘n papsmeer want die hospitaal doen elke drie maande papsmere.

Gedagte va die dag: So ‘n staats job behoort so reg in my kraal te wees. Afrika tyd, Afrika metode, afrika salaris. BMW, hier kom ek.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Onverskillig of ongeletterd? Bielie van die Bosveld

2 Kommentaar Add your own

  • 1. pieter posman  |  Februarie 12, 2013 om 8:07 vm

    dit is seknr n bbee ginekeloog dat hy/sy kant kies wie om te sien. Gaan mens regte hof toe. Gaan mediese raad toe.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 12, 2013 om 10:32 vm

      He he he. Ek dink hulle gaan ook almal BBBEE mense wees en bokkerol doen nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: