2013 ht nie brieke nie.

Februarie 3, 2013 at 10:48 nm 9 Kommentaar

Eisj. Tyd stap werklik vinniger as wat ek kan byhou. Daar is nog ‘n paar koekies in die blikke oor van kersfees af en ons is alreeds oppad na die middel van Februarie.

Ek het al ‘n geveg met Vadacom agter die rug. Alweer die holrug geryde “Liquid damage.” Ek wens ek kan vir Oubaas in ‘n winkel raakloop. Dan gaan hy liquid damage hê soos geen mens sal glo nie. Dit sal hom leer om sy troliie teen my hakskene van te stoot. Keer op keer op keer. Werfetter.

Gedagte van die dag: Hoop dis ‘n goeie week. Al gaan die ^&%8 *&@# petrolprys alweer op met 41c per liter.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Hello? is julle wakker? Onverskillig of ongeletterd?

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Selene Phoenix  |  Februarie 4, 2013 om 9:23 vm

    Baie baie dankie vir Klein Merrie se verjaardag geskenk!! Ek waardeer dit baie!! Sy geniet al haar geskenke so – nie geweet met wat om eerste te speel nie! En dit was gister saam Kerk toe 🙂

    Die tyd stap nou te vinning… en dankie vir die petrol prys – ekt skoon vergeet 😦 Sal moet gaan vol maak.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 4, 2013 om 11:00 nm

      Hoe meer dae, hoe meer maniere om ons te wurg. Uit te mergel.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Februarie 4, 2013 om 2:00 nm

    As die tyd so aanhou draf sit ons kort voor lank in die hemel 🙂 en geen petrolprys sal ons daar ontstel nie!!!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 4, 2013 om 11:00 nm

      Solank ons nie daarheen gedwing word nie, Sally, is alles mos reg.

      Antwoord
      • 5. Kameel  |  Februarie 5, 2013 om 1:53 nm

        Olga ek kyk met grote verwagting na daardie dag 🙂

  • 6. kindvanafrika16  |  Februarie 7, 2013 om 8:53 vm

    ek stem saam kameel, dit is darem een troos………..

    dit is nou presies soos die regering is gee een en neem tien!!!!!!

    en met die nuwe verhoogde loon stelsel in die boere bedryf, gaan kos ook seker nou dubbel op eenkeer vir die petrol en eenkeer vir die verhoogde lone ……. wen kan mens net nie

    lekker dag vir jou vriendin

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Februarie 7, 2013 om 11:30 nm

      Moenie ESKOM vergeet nie. Die spul &*#$@ het seker weet vet verhogings en bonusse vir die volgende vyf jaar en ons moet betaal omdat die “powers that be” te slapgat is om hulle stemme dik te maak. 👿

      Antwoord
  • 8. Alta Cloete  |  Februarie 11, 2013 om 10:05 nm

    Olga, het jy al die raat van die rys gekry vir waterskade??

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Februarie 11, 2013 om 10:20 nm

      Ja en probeer.. Maar indien ek dit nie mis het nie, is enige plek wie waterskade, of spore van vog wil skree, volgens wet verplig om seker te maak die toestelle wat hulle verkoop, is water dig as spore van vog hulle waarborg kanseleer.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: