Hello? is julle wakker?

Januarie 31, 2013 at 7:39 vm 10 Kommentaar

Kyk, ek het al dikwels genoem dat ek tegnologies gestremd is. Vanmore was daar ‘n sms wat gesê het “click this pin to invite me to bbm.” Aangesien my ander dogter ‘n BB gekry het, het ek aangeneem dis van haar af en geclick. Dit was toe ‘n ou “bekende” van die hometown met wie ek in geen jare kontak gehad het nie.

Nadat ons ‘n rukkie “bbm’s” oor en weer gestuur het vanmore, het ek my hande saamgeslaan en gewonder, “Is ek die enigste normale mens wie ek ken of is ek die enigste dom donner wie ek ken.”

Ek weet nou regtig nie of ek die kern van die gesprek hier moet noem nie. Dan weer enige mens wie “slim” genoeg is om sulke bollie aan te vang, verdien wat hy of sy daarut gaan kry. Dit blyk dat as jy vir ‘n paar weke lank ys eet dat jou drolle gevries gebore word, sal enige bloedtoets daarvoor op ‘n onderaktiewe tiroìd dui. Dis nou ‘n goiter of dan onderaktiewe skildklier. Die algemeenste behandeling sal dan glo “Eltroxin” tot gevolg hê. Hierdie persoon het so goed gevaar, dat sy drie sulke pilletjies per dag moes sluk. In ‘n kwessie van maande het sy iets soos 30kg verloor. Toe vra ek haar wat van die newe effekte? Haar antwoord was dat sy die hittegloede, irritasie en kans op osteoporose verkies bo ‘n vet liggaam.

Ek het haar gevra of die newe effekte dan die giwigs verlies werd is. Toe sê sy dat jy kom tot ‘n punt waar jy dan weer begin gewig optel maar as jy dan weer die pille vir ‘n paar maande los, dan verloor jy weer. Sy verloor glo op die stadium weer goed gewig terwyl sy eet wat voorkom en geen oefenig doen om dit aan te help nie. Ek het haar gevra of sy nie bang is dat sy haar gesondheid gaan knak deur sulke waagkanse te neem nie. Waarop sy geantwoord het dat ek maklik kan praat aangesien ek skraal is. Toe moes ek die vrou ontnugter en vertel dat dit so duidelik is dat sy my tien jaar plus nie gesien het nie, want ek is so dik soos ‘n bus. Toe stel sy voor dat ek dan ophou Eltroxin neem. Weer moes ek haar teleurstel en inlig dat ek al lang jare nie die goed neem nie, die newe effekte is die voordeel wat ek daaruit getrek het nie werd nie.

Onthou tant Marie van wie ek al geskinder het? Sy het ook twee derdes van haar lewe Eltroxin gebruik. Sy is behoorlik dubbel gevou van die osteoporose. My wyse ou moedertjie was ook afgetakel van die osteoporose. Sy het my vertel haar bloedjong dokter het haar gesê dat mediese lui in die verlede dalk nie bewus was van die nagevolge van Eltroxin nie.

Nee wat, as dit meen dat ek dom is om nie die goed te neem nie, dan bly ek maar dom. Ek het die GP mooi duidelik laat verstaan dat as hy Eltroxin so effektief vind, kan hy dit kry, ek sal betaal, solank hy dit drink.

Gedagte van die dag: Eerder vet en sonder pyn, dankie.

Veels geluk liewe Homer
Omdat jy verjaar
Mag die Here jou seën
En nog baie jare spaar.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Wat sê jy?Wat doen jy? 2013 ht nie brieke nie.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. pieter posman  |  Januarie 31, 2013 om 8:37 vm

    happy happy homer. Pety mense sal alles doen om maer te wees. Ek weet darem nie of ek sover sal gaan nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 31, 2013 om 9:08 nm

      Nee, beslis nie as ek sien wat dit aan hulle doen nie.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Januarie 31, 2013 om 8:59 vm

    Olga…. pille…. en newe effekte. Hoe het jy dit met jou vriendinne 🙄

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 31, 2013 om 9:09 nm

      😆 Sally, jy sal nie so dink as jy ook oorgewig was nie.

      Antwoord
      • 5. Kameel  |  Februarie 1, 2013 om 9:47 vm

        Jong Olga my klere begin al knapper sit…. 😯

  • 6. Selene Phoenix  |  Januarie 31, 2013 om 3:45 nm

    Veels geluk Homer!!
    Ai… dan eet sy nogsteeds wat sy wil? Sodra die gewig af is, eet beter en los die pille! Maar nee, dis mos te moeilik – a pilletjie elke dag is makliker.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 31, 2013 om 9:11 nm

      Jip, wie kan nou omgee as ‘n pilletjie wat werk maar ‘n paar bakke ys weg is?

      Antwoord
  • 8. Toortsie  |  Januarie 31, 2013 om 7:18 nm

    Is Eltroxin en Euthyrox dieselfde ding? En jy sê dit het osteoperose as newe-effek?
    gits! 😯

    Antwoord
  • 9. Olga  |  Januarie 31, 2013 om 9:13 nm

    Toorts, ek het ‘n tiroìed operasie in 1991 gehad. Ek het vir ‘n rukkie Eltoxin gebruik. Ek ken nie Euthyrox nie.

    Antwoord
  • 10. lekkerjeuk  |  Februarie 1, 2013 om 9:29 vm

    Ek gebruik Eltroxin (vir my skildklier!) sonder dat ek newe-effekte het, maar ek gaan nou beslis weer seker maak of dit regtig nodig is.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: