Daai rooikoppe

Januarie 25, 2013 at 4:07 nm 11 Kommentaar

Die swak internet toegang irriteer my nie net meer nie, dit maak nou my dem kuite styf. Ek dink ek moet ‘n rooikop prokureur kry om die saak vir my uit te pluis.

Dit het my nou weer ver weg en (nie te) lank terug geneem.  Ons was in die hometown en my sussie was ook daar.  Met haar jongste, ‘n toe, tien jarige rooikoppie, Rot.  Soos kinders nou maar is, het hulle geld gehad wat hulle klere in die sak area begin brand het.  Sien, dit was net na maandeinde en dan kry kinders mos sakgeld.  Ewentwel, dit kon toe nie hoër of laer nie, hulle moes winkel toe gaan.  Ek is toe deur die meerderheidsstem afgevaardig om diè voorreg te beurt te val.

Weg is ek toe met ‘n paar jillende laerskool kinders na die winkel sentrum.  Daar gekom, vat hulle hier en los daar.  Julle weet mos hoe kinders is.  Ek dwaal maar daar rond, hulle bespiegel en bereken en debatteer.  Uiteindelik staan vyf laerskool kinders toe by die toonbank.  Een na die ander betaal hulle.  Toe gou PnP toe om die oorbly geld te gaan uitgee op lekkergoed waarvan daar ‘n oorvloed by die huis is ern koeldrank waarvan daar ook nie ‘n tekort by die huis is nie.  Toe verkas ons.  Huiswaarts.  By die huis gekom jil en joebel die swerm kinders,  ek dink tussen die laerskool en kleuter en self voor kleuterkinders was daar op die dag elf kinders.

Onvermydelik is daar toe ook ongelukkigheid en teleurstelling.   Dit huil en dit smeek.  Dit dreig en dit skel.  Twee van die vyf het “mikes” gekoop wat “computer compatable” is.  Ek het self gekyk daarvoor toe ek gehoor het hulle wil dit op Rooikop Rot se  skoot rekenaar (ja, hy het ene gehad op tien.  Het dit steeds.)  gebruik.  Die goed weier toe om te werk.  Een van  die ouers help toe en ai.  Op die pamflet is daar ‘n waarskuwing dat die “mikes” net met ‘n spesifieke program gebruik kan word.  Dit is nie sigbaar buite op die verpakking nie.  Ek het toe die twee in die Fordjie en terug na die winkel sentrum is ons.  Daar gekom, is die die deur reeds toe al was dit maar net 12:50 op ‘n Sondag middag en hulle bord sê duidelik “Open 9am to 1pm.”

Tipies rooikop, hamer Rot aan die deur gevolg met die woorde “Jy het probleme Boet, maak oop.”  Toe ek gesien het die4 winkel is reeds toe, het ek nie eers uit die Fordjie uit geklim nie.  Die winkel personeel het opgekyk, gesien dis kinders en hulle geignoreer.  Toe klop Rot weer.  Die keer sê hy in Engels “You’ve got problems pal, open up.”  Weer word hulle geignoreer.  Teen die tyd het ek al besluit dis nou een konfrontasie wat ek nie wil mis nie en by hulle aangesluit.  Toe ham Rot weer teen die deur en sonder om te hou klop sis hy “Jy het probleme Boet, maak maar oop. ”  Toe staan ek al langs hom.  ‘n Kind wat sy woord kan doen, verdien onderskraging.  Toe die kinders no vergesel is van ‘n volwassene, maak toe dat die bestuurder (neem ek aan) na die deur aangestap gekom het.  Toe hy die deur oopmaak en ek geestelik reikhalsend, gretig  uitsien na die tirade wat nou gaan losbars, staan Rot een tree terug en sê hard en duidelik “Ouma, praat met hom.”

Nodeloos om te sê, hulle het hulle geld terug gekry.  Desnieteenstaande die groot kennisgewing dat speelgoed nie “refundable” is nie.

Gedagte van die dag:  Niemand kan deur die verpakking sien wat in die instruksies staan nie.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Pietie Paniek Wat sê jy?Wat doen jy?

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 25, 2013 om 4:31 nm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 25, 2013 om 4:32 nm

    😆 😆 😆

    Te damn kostelik.

    Hoekom op aarde noem jy die arme kind rot?

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 25, 2013 om 8:09 nm

      Dis ook al klaar weer ‘n hele nuwe storie.

      Antwoord
  • 4. Reinhardt  |  Januarie 26, 2013 om 12:26 vm

    Uitstekend! Ek het nou lekker gelag Olga! 🙂

    Antwoord
  • 6. lekkerjeuk  |  Januarie 26, 2013 om 10:53 vm

    Huur jy daardie kleinkind nie dalk uit nie? Dan kom jy sommer ook saam met die deal. Saam vorm julle ‘n gedugte span, lyk dit vir my!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 26, 2013 om 9:13 nm

      Jong. hy gaan sê: “Ouma, as ek saam gaan, moet Mamma ook saam gaan.”

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Januarie 27, 2013 om 7:32 nm

    Ek stem ‘n rooikop kind en ‘n ouma maak ‘n gedugte span 😆

    Antwoord
  • 10. kindvanafrika16  |  Februarie 18, 2013 om 8:41 vm

    mammie is ook ‘n rooikop, en oupa het altyd gesê, as jy ‘n rooikop kwaad genoeg maak sal sy selfs haar eie kinders opeet………. altyd gewonder waarvan oupa praat, want mammie was nie juis blitsig nie, nog minder bitsig….. altyd helemal te ordentlik na my sin!!!!

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Februarie 18, 2013 om 12:16 nm

      koester haar. sy is uniek.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: