Kind oppas

Januarie 11, 2013 at 10:08 vm 3 Kommentaar

 

nanny

 

Sit en dink ek nou aan die tyd en dae toe ek ‘n tiener was.  Ek weet nie hoekom nie, maar kinders was mal oor my.  Ek was toe nie besonders lief vir kinders nie.  Reeds omdat die bloedjies so graag aan my gehang het.

Ek was altyd in aanvraag as kinder ooppasser.  Ons bure desjare was Ingelse.  Ek kan met groot sekerheid sê dat ek ‘n groot gedeelte van hulle kinders se kleuter jare met hulle deur gebring het.  Ek kan nie dink hoeveel kere ek met een of albei die seuns op my skoot huiswerk gedoen het nie.  Maar dikwels het ek vir ander mense ook gesit.

So gebeur dit toe eenkeer dat die bure my nodig gekry het, maar ek het op daardie stadium reeds belowe om iemand anders se kinder  op te pas.  Die grootmense het toe ooreengekom dat ek by die eerste gesin se huis na altwee ouerpare se kinders sou kyk.  Toe ek egter daar opgedaag het, was daar ‘n derde ouerpaar se kind ook teenwoordig.  Hulle kon nie ‘n kinder oppasser vir die juffroutjie gekry het nie.  Sy was sowat twee jaar oud.

(As die blessitse krag nou weer afgaan, is die post nie bedoel om op te kom nie.)

Tog het sy my egter toegelaat om haar te bad en haar nagkleertjies aan te trek.  Sy het my elke beweging met groot agterdog bejeen.   Ons het eers gespeel, toe opgeruim.  Die seuns se tande was een een geborsel.  Ek het vir hulle stories gelees.  As ek nou reg onthou, het dit drie stories geverg om die manne droomland toe te stuur.  Alles terwyl die Juffie my net gesit en dophou het.  Met ‘n bietjie aanmoediging het sy my toegelaat om haar tande te borsel.  Ek het haar maar nog ‘n storie vertel,  saggies want ek wou die seuns nie gepla het nie.   Sy het al nader geskuif.  Seker maar om beter te kon hoor.  Later het ek haar op my skoot getel en saggies vir haar gesing terwyl ek haar haartjies gevryf het.

Sy het my skielik aan die mou gepluk, geglimlag en mooi duidelik gesê:  “My Mommy wants me back, you know.”  Toe het sy gegaap, haar vuisies weerskante van haar kop vasgedruk en aan die slaap geraak.

Gedagte van die dag:  kinders is kosbare kleinode.

Geniet die naweek en bly uit die moeilikheid.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Terug skool toe “blues” ouderdom

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Januarie 12, 2013 om 2:14 nm

    Kinders is kosbare kleinode….. Jesus sê ook so 😉 “My mommy wants me back, you know,” gelukkige klein dogtertjie om dit te weet. Daar is so baie wat nie daardie sekerheid het nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 13, 2013 om 3:14 nm

      Jy is so reg. ‘n kind moet altyd weet dat hulle ouers hulle wil hê> In vandg se lewe is daar net eenvoudig te veel kinders wie eerder met die teendeel saamleef. Ai wat ‘n kosbare kleinood moet wees, het ‘n las geword, Tog dink hulle nie voordat hulle “doen” nie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Januarie 13, 2013 om 11:33 vm

    Ag my moeder, dit is dierbaar

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: