Hoofstuk twee

Januarie 5, 2013 at 12:12 vm 1 comment

HOOFSTUK TWEE
Ons is later bed toe want sy weier om ‘n verdere word te praat.  Het eenvoudig haar  in die hoek gaan sit en haar “poncho” oor haar kop getrek.  Toe het ek geweet dat sy geen woord verder gaan praat nie en vir haar badwater gaan tap.  Snaaks, maar Grieters was nie saam met haar nie.  Ag nou ja, gou was sy aan die slaap en het die aarde gedreun soos sy gesnork het.   “Gggggggggm mm gggggggggggmmmmmmmmm” met “gwatcha”  so dan en wan bygevoeg.  Ek kon nie vir ‘n vy aan die slaap geraak het met die gesnorkery wa die hele huis laat dreun het nie.

Bed

Bessie het met haar “ggg ggg ggg” aangedring om die huis te verlaat.  Glo my, as ek kon, sou ek ook buite gaan slaap het.  Toe kom ek op die slim plan om my ore vol salie te stop.  Ek het gou uitgedrag buiten toe en ‘n hand vol salie blare gaan pluk.  Dit het ek in my ore gestop.  Gelukkig is die blare lekker sag anders sou dit maar gelol het.  Toe kon ek wragtig nie meer die balkegesaery hoor nie.  Dit het gevoel of ek skaars aan die slaap geraak het toe ‘n tsunami my bed getref het.  Ek was so vaak en moeg dat ek nie ‘n snars omgegee het of dit ‘n tsunami of ‘n aardbewing was nie.  Ek wou net slaap.  Ek het die kombers oor my kop gepluk.  Dit het nie veel gehelp nie, omtrent dadelik was my voete oop en begin iemand sowaar my voete kielie.  “Gwatcha kierie ghoem ghoem dieppel dapple dop!”  Weerklink die skor eentonige stem en toe weet ek, slaap, is die sondaar nie beskore nie.
Terwyl ons ontbyt geeet het, het ek die bord voor Laviga weggepluk.  “Tannie Ougat, tannie Ougat, ek is skreeuend honger,   gee terug my kos.  Gee terug my kos.”  Haar knobbelrige hande reik oor die tafel maar ek hou die bord omhoog.  “Ghoemba ghoemba gwatcha spierwit kat!  Ek is so honger, ek is amper sat.”  Lamenteer sy verder.
As jy vandag wil eet, beter jy begin vertel hoe het jy hier gekom en waar is Grieters, Juffroutjie.”  Sê ek kwaai.  “Gwatcha kierie ghoem ghoem dieppel dapple dop!  Sy en Ouma Heldina het gedink hulle is madame   Taussaud en het my skool toe geneem om my tore te leer.  Bwaaaaa baaa baaaa.”  Ek gryp ‘n servet en gee dit vir haar aan.  “Droog af die trane Laviga, dis vakansie.  Na watter skool sou hulle jou nogal gedwing het?”  Sy droog af en skielik klink daar ‘n mishoring in my oor op soos sy haar neus snuit en die servet sommer in Bessie se bak smyt.  “Tannie Ougat glo my nie,” snuif sy en ek stoot byvoorbaat ‘n servet oor die tafel.
Weer klink die mishoring op en nog ‘n papier servet land in Bessie se bak.  “Dis by Ouma Lavika se toorskool.  Ouma Lavika is baie kwaai.  Bwaaaa baaa baa” klink dit weer op en ek stoot nog ‘n servet oor die tafel.  “Ouma Lavika het my met ‘n linimihaal oor my kreuleltjies geslaan.”  Eers weer‘n servet aangee.  Gelukkig is daar ‘n nuwe pak papierservette in die kas.  “Jou kreukeltjies?  Waar is jou kreukeltjies?”  Vra ek vinnig.  Sy maak haar hande vuiste en wys my “Daar.  Net daar het Ouma Lavika my geslaan toe ek die ander heksies se ore groot tot op die grond getoor het.”  Weer klink die mishoring op.  “Dis jou KNEUKELS Laviga.”  Kneukels.”  Help ek haar reg.  “Dis presies wat ek gesê het, Tannie Ougat.  My kreukeltjies.”  Red ‘n nasie.  “Kneukels.  Kneukels.”  Sê ek weer.  “Tannie luister nie.  Ek het gesê my kneukels.  Ek gaan nie weer skool toe nie.  Ek gaan nie.”

Advertisements

Entry filed under: Onverklaarbaar.

Nuwejaar Terug skool toe “blues”

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Januarie 5, 2013 om 5:05 nm

    Ag dankie tog! IEWERS het Laviga verskyn.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: