Tussen my en my hond

Desember 30, 2012 at 12:07 vm 6 Kommentaar

Vreemdeling het huiswerk uitgedeel en al weet sy nie waar ek bly, hou ek van haar en sal ek dit maar doen.  Wat my afpis van die hele ou polemiek rondom  JZ se uitlatings is die feit dat hy “swart kultuur” wou beskerm en fok alle ander kulture.  Mac Maharaj sn ook.  Arme mens.  Altyd besig om kastaiings uit die vuur te krap.  Sy hande moet al rou wees.

Wel, Mac en JZ, my hond is my verantwoordelikheid, net soos JZ se huis / tuin / kantoorwerkers syne is.  Daar is staats hospitale en klinieke beskikbaar vir swart mense wie siek is.  As daar sulke klinieke is vir diere, sal dit net in Soweto of Langa wees, defnitief nie waar ek woon nie.

Oor my meid, kan julle hier gaan gaan lees.  Daarom sal ek julle vertel van Prins.  prins    My sus het om die hoek van ons af gewoon.  Haar bure het een nag net eenvoudig verdwyn.  Sy het my ‘n paar keer gevra wie se honde snag so huil.  Al wat ek kon sê was dat ek dit ook gehoor het, maar nie weet wie se honde dit was nie.  Dit het in elk geval geklink na honde wat toegemaak was.  Toe hulle besef dat hulle bure ‘n kraak gemaak het, het hulle ook besef dat die honde geluide uit die buitekamer van die buurhuis gekom het.  Haar seun, Napoleon, het gaan ondersoek instel en een dooie hond en een wat amper dood was in die buitekamer gevind.  Aangesien sy ma by die werk was, het hy by my aangekom met die pap hond in sy arms.  Ek het nie geglo dat die hond dit sou maak nie, maar het die hom en die hond veearts toe geneem.  Die veearts het my eenkant toe geneem en vertel dat die hond dit nie deur die nag gaan maak nie, daarom gaan hy hom nie opneem en op ‘n drip sit en ons ekstra onkoste aandoen nie.  Hy het die hond gespuit en ons is daar weg.

Ek het Napoleon aanbeveel om dikwels die lee spuit vol rooibostee te trek en in die hond se keel af te spuit.  hy wou die hond nie by my los nie.  Wonder bo wonder het Prins nie net die nag deur geleef nie, maar nog ‘n goeie elf jaar verder gelewe.  Waarvan die laaste vyf jaar by my aangesien my sus en haar kinders later verplig was om ‘n woonstel te betrek en hy nie kon saamgaan nie.    Hy het nooit my ander honde se liefde vir swem aangeleer nie, maar het tog soms ook ‘n draatjie geswem waarna hy ‘n klip of dennetol gesoek het om op te rol.  Die gerollery het hom intense vreugde verskaf.  Hy is 2008 op ‘n rype ouderdom die hiernamaals in en het ‘n rusplek in my tuin gevind.

Gedagte van die dag:  Ek hoop almal het ‘n baie gelukkige en geseënde Kersfees gehad.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

besoeker in die nag. Nuwejaar

6 Kommentaar Add your own

  • 1. vecksy1  |  Desember 30, 2012 om 8:50 vm

    EERSTE!!!!!!!

    Antwoord
  • 2. vecksy1  |  Desember 30, 2012 om 9:11 vm

    EERSTE!!!

    Antwoord
  • 3. vecksy1  |  Desember 30, 2012 om 9:14 vm

    Ai tog! Ek sien ek sukkel nogsteeds met WP. Ek kanni my comments sien nie x_x

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 30, 2012 om 10:15 nm

      Niks gemodderpoel nie. 😉

      Antwoord
  • 5. brieweuitdievreemde  |  Desember 30, 2012 om 11:58 vm

    Ja, wonderwerke gebeur tog 🙂 Wat het die veearts agterna gese?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Desember 30, 2012 om 10:09 nm

      Hy was verstom. Maar, Prins se weerstand was nooit hoog nie. Hy was dikwels daarna veearts toe. Ons moes hom altyd op die ondersoektafel tel en dan sy bek toebind. Hy wou nie een van die twee veeartse naby hom toelaat nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: