besoeker in die nag.

Desember 20, 2012 at 10:53 nm 9 Kommentaar

 

besoeker

 

Ek word wakker van swaar slae wat teen die voordeur val.  Dis dan nog piknagdonker.   Wie sou hierdie tyd van die nag aan my deur hamer?  “Skop af en kry dit oor!”  Gil ek in hoogste rat.  Ek kry in elk geval die knopkierie beet en sluip die gang af.  Snaaks dat die honde nie blaf nie.  Bessie het nie eers opgestaan om saam met my te stap nie.  Vreemd.  Lapman blaf geen woord nie en ou Blaffer swyg ook.

Nog slae val teen die deur. Wie ookal klop,  gebruik beslis nie sy of haar kneukels nie.  ‘n Klein hand sal defnitief nie so hard kan klop nie.  Daar is buitendien net een kind op die stadium hier in ou Blyebos en sy is bang vir die donker.   Ek loer eers deur die sitkamer se venster.  Die straatlig werk soos gewoonlik nie.  Tog kan ek in die helder maanlig sien daar is geen voertuig voor my hek nie.  Suutjies loer ek deur ‘n skrefie in die gordyn van die eetkamer waar die gehamer vandaan kom.  Toe struikel ek agteruit.  Bo oor die kat en skaats agteruit op my agterent tot teen die muur vas.

“Gwatcha kierie ghoem ghoem dieppel dapple dop!  Het jou, goggakop!”  Skree ‘n bekende stem van agter die helder lig wat deur die skrefie inskyn.  Dem.  Geen wonder die honde het nie geblaf nie.  “Laviga!”  Skree ek,  “Bly stil!  Jy skree nou nou die dooies wakker en daar is baie van hulle hier in Blyebos.” Moenie glo dit het haar stil gemaak nie.  Nee wat.  Ek kon my stembande gespaar het.

“Gwatcha kierie ghoem ghoem dieppel dapple dop!  Eina!”  kom sy wragtig, besem en al deur die sleutelgat.  “Ghoemba ghoemba gwatcha spierwit kat!”  Gil sy en vryf haar neus.  “Goed so!”  Dink ek maar uiter geen woord nie.  Ek keer so wat ek kan in die donker want natuurlik,  sy vlieg soos ‘n besetene al om my kop.  Dis darem wragtig vrekseer waar daardie besempie tref,  lak ek julle dit vertel.  En hoe vinniger sy om my kop sirkel,  hoe groter word sy,  dit weet ek mos al uit ondervinding.  Ghoef!  Tref sy dan ook die muur agter my en daar trek ek saam met haar eers  ‘n ent oor die blink vloer voordat ons oor Bessie, wie die lawaai kom ondersoek het,  neerplons en ek holderste bolder onder haar uitkruip.

Ek skarrel orent en sit die lig aan.  “Viga!  Waar is Grieters?  Hoe het jy hier gekom?”  Vra ek terwyl sy nog eenstrook deur “Gwatcha kierie ghoem ghoem dieppel dapple dop!  Eina toggenansie! Kierie Koppel kop! Ei ei eina!” kant terwyl sy haar dan kop en dan weer haar knie voordat sy haar jis vryf terwyl sy heeltyd prewel “ Gwatcha kierie ghoem ghoem eina dieppel dappel dop eina toggietjies!  Ghoemba ghoemba gwatcha spierwit kat!  in my oortjie is nou ‘n gat  ” Goed so. Dink ek venynig maar ek uiter geen woord. “Tannie ougat! Tannie Ougat!” skree sy dat Bessie so ‘n ent retireer en vas steek om die kat goed uit die boom of dan die heks van die vloer op te kyk. “Sies tannie Ougat! Dit was gedoel om so te dink!” Toe besef ek hoekom het niemand behalwe ek die kabaal gehoor nie. Die klein merrie het weer in my kop geklim.                                                                                                                                                                                                  (Word vervolg)

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Kersliggies Tussen my en my hond

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Desember 21, 2012 om 7:39 vm

    Ek het maar net n bietjie my tore geoefen. Dit is ouma Heldina se skuld! 😳

    Antwoord
  • 2. Laviga Heks  |  Desember 21, 2012 om 7:41 vm

    Tannie Ougat!!

    Hier is n vreemde heks wat ekke nie ken nie!!! 😦 Netnou byt sy!!

    Antwoord
  • 3. flavia4awl  |  Desember 21, 2012 om 12:27 nm

    of ons kan vriende wees liewe Laviga. dis baie eensaam in die wereld vir ons mooi meisies. 😉 jy weet tog?

    Antwoord
    • 4. Laviga Heks  |  Desember 21, 2012 om 2:12 nm

      Solank jy net onthou dat ekke die mooiste en slimste heks is! 👿

      Flavia, is jy ook my niggie of is jy n tannie?

      Antwoord
      • 5. flavia4awl  |  Desember 31, 2012 om 11:29 vm

        ek is jou niggie, my liewe Laviga. twee keer verwyder en oor die brug, een oorhoofs en twee terug.

  • 6. gerdajansen1  |  Desember 21, 2012 om 12:33 nm

    het ons nou al 2 pragtige dametjies? aangesien Olga alweer kniee diep in die tuin besig is, baie welkom flavia.

    Antwoord
    • 7. gerdajansen1  |  Desember 21, 2012 om 12:35 nm

      whoepie! my regte gevreetjie wys. ek het niks eers verander nie. dis beslis danksy die geselskap waarin ek verkeer.

      Antwoord
    • 8. Olga  |  Desember 21, 2012 om 11:14 nm

      Ek beaam Gerdjie se uitnodiging, Flavia. Baie welkom.

      Antwoord
  • 9. Elke hond kry sy dag | Briewe Uit Die Vreemde  |  Desember 28, 2012 om 7:27 nm

    […] vir Olga, Seegogga, en lekkerjeuk om – wanneer hulle tyd het – hulle un-African honde ten […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: