Bettie

Desember 12, 2012 at 8:12 vm 6 Kommentaar

bettie

Van Bettie het ek al geskinder.  Ek kan nie van haar ‘n foto oplaai nie, aangesien ek nie haar toestemming gevra het nie.  Maaar ek het nie haar toestemming nodig om van haar te skinder nie.

Be that as it may, ek luister al vir meer as ‘n jaar nie Jacarandafm nie.  Maar Bettie is nie gediend met RSG nie.  sy wou eenvoudig weet wanneer het ek so oud geword dat ek na “pure bog” luister en sy het my radio ingestel op Jacaranda.  Ek het later eenvoudig die radio afgesit.  Dit het haar natuurlik nie gestop om dit telkens weer aan te sit nie.  Toe sit ek die radio bo op die yskas waar sy met haar kort postuur nie kan bykom nie.  Ek kon myself die moeite gespaar het.  Sy het eenvoudig die bank van die tafel weggetrek, die radio op Jacaranda ingeskakel en die bankie daar gelaat.  Dit was haar manier van sê  “Sit afen ek sit dit weer aan.”  Toe het ek maar opgegee.  Sy werk immers net een dag per week en vir eendag sal ek nie luister na wat hulle sê nie en net die musiek geniet.  ‘n Hele vol snit.

Sy weert egter sy moet nie die radio voor 10 vm inskakel op Jacaranda of dit na 4nm ingeskakel hou nie.  Ek kan Rian van Heerden en Martin fokken Bester nie hanteer nie.  Maar ek het nou so ‘n groot omhaal dat ek amper tred verloor het met wat ek wou sê.  Sy het gister ingekom, want sy gaan Donderdag, wat my dag is, nie hier wees nie.  Die radio was dan ook blitsvinnig op Jacaranda ingeskakel.  ‘n Ruk later het sy my kom roep.  Met die opdrag “Kom luister tog of hierdie ‘n witvrou is.”  Sy het gesê die vrou is Rianna Nel.  “klink na ‘n witvrou, Bettie.”  Sê ek.  Toe wou sy weet “Het haar ma haar niks geleer nie?  Hoor net hoe praat sy Afrikaans.  Nee, sies.  Ek kry skaam vir haar.”  Die vrou kon nie vier woorde uiter sonder dat daar ‘n Engelse woord by was nie.  (Ek sê ook sies, Bettie.)

Wat kon ek sê.  Niks nie.  Toe het sy kom vra of sy my foon kon gebruik om ‘n sms te stuur want sy het nie meer lugtyd nie.  (Sy praat nie van airtime of bleach nie, o, nee.  Nie die ‘Pedi se vrou’ nie)  Ek het haar toe gesê sy mag.  ‘n Paar minute later hoor ek dat daar ‘n sms is.  Ek het gaan kyk en daar sê dit toe “Thanks for your sms.”  Wdf?  Ek het gn sms gestuur nie.  Toe sien ek die sms wat Bettie gestuur het.  Sy het toe wragtig vir Jacaranda gesms om te sê dis die walglikste Afrikaans wat sy al ooit gehoor het.  Dit uit die mond van ‘n Afrikaanse vrou wat ‘n Afrikaanse cd “Afrikaans is groot” te bemark.  Ek het haar gevra hoekom sy nie haar naam bygesit het nie.  Toe wou sy weet wie gaan dan na haar luister as sy haar naam bygesit het.

Wel, Bettie, dit mag Afrikaans sprekendes laat skaam kry het om deur ‘n “Pedi se vrou” tereg gewys te word omdat hulle geen trots in hulle taal het nie.

Gedagte van die dag:  Whoop whoop vir Bettie.  Sy is nie skaam om Afrikaans te praat nie en sy meng nie haar taal nie.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Kinders? No satisfaction

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Desember 12, 2012 om 11:51 vm

    Whoop whoop vir Bettie…. maar ek is bly sy werk nie vir my nie. Dit is genoeg dat ‘n Engelsman my gedurig op my taal teregwys 😦

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Desember 12, 2012 om 5:10 nm

      Ek het al hare op my tande. As sy eers sê: “Die ou ghog / die Pedi se vrou” dan weet ek, HKGK.

      Antwoord
  • 3. Reinhardt  |  Desember 12, 2012 om 3:55 nm

    Sê vir Bettie ek is erg beïndruk! Dit gaan maar moeilik hier om my kinders se taal óf Afrikaans, óf Engels te hou, maar ons probeer! 🙂

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 12, 2012 om 5:19 nm

      By die huis is een ding Reinhardt, maar ek voel ook nogal as mens ‘n “openbare” figuur of spreker is, moet jy beslis jou P’s en T’s dophou. Hierdie Sangers(esse), radio omroepers, sportmense, is mense na wie die jeug opkyk vir leiding. Hulle moet maar eerder skool klaar maak sodat hulle weet hoe om te praat. (Of soos Bettie sal sê, hulle moet luister as hulle ma’s praat, dan sal hulle weet hoe om reg te praat.)

      Antwoord
  • 5. uitvaagsel  |  Desember 13, 2012 om 8:16 vm

    Dis selde day mens n ennie kry wat afrikaans praat hulle se mos wat afrikaans praat ondersteen apartheid.

    Antwoord
  • 6. brieweuitdievreemde  |  Desember 14, 2012 om 7:04 nm

    Ag, Olga, skaam kry ek nou. Ek meng my taal. In die gewone lewe. Maar as ek ‘n omroeper of iets was, dan sou ek probeer om dit nie te doen nie.
    Ek het ‘n ding oor tale, al van jongs af. Ek ken so bietjies-bietjies van 5 tale en sommige woorde kan net nie vertaal word nie en som die hele situasie beter op as ‘n woord in ‘n ander taal.
    Soos in Hollands: ‘zijken’ (werkwoord). Dit beteken teem en kla en moan en alles ineen gerol. Kan dit nie vertaal nie. Of in Engels: ‘obviously’ – daar is net nie ‘n lekker vertaling daarvoor in ‘n ander taal (van die wat ek ken) nie. Ag tog. Hier sit ek. Ek is skuldig. Maar ek is gelukkig darem nie ‘n omroeper nie 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: