Fire fire

November 26, 2012 at 8:14 vm 19 Kommentaar

Hei, dis Maandag, ek mag bitch en moan.   ‘n Vriendin kom die anderdag hier aan.  Moedeloos, vererg, afgepis.  Soos ek haar nie ken nie.  Ek luister en skink die tee,  ek weet mos, uiteindelik sal dit uitkom.  Eers nadat sy weg is,  het dit my getref, ek sal vir sulke tye maar my eie bottel Bells moet aanhou.  Homer gaan nie beindruk wees as ek syne uitdeel nie.

‘n Ruk gelede het haar kleindogter se kêrel ‘n paar takke van ‘n boom afgekap.  Die onnosele vent het sy eie arm amper geamputeer.  Dit was omtrent ‘n geskarrel om hom gehelp te kry.  Sonder mediesefonds soos die deursnee jong blanke mens in Suid Afrika deesdae is.  Maar uiteindelik was hy geholpe, al was dit vyf dae nadat hy homself amper verongeluk het.  Maar ek loop draaie.

Die keer het die knaap die vuuraanstekers buite by die braai gelos.  Hy wou die volgende dag weer braai en natuurlik wou die goed toe niks weet van brand nie.  Want dit het gereën in die nag.  Toe het hy maar ‘n goeie teug petrol uit skoonma se kar se tenk getrek.  Hy het dit oor die “charcoal” gegooi, die vuurhoutjie regoor die braai gegooi en geswets want sy agtien maande oue seuntjie het op die vuurhoutjie getrap met sy kaal voetjie.  Toe buk hy maar vooroor en trek ‘n vuurhoutjie en druk dit tussen die “charcoal” in.  Terwyl dieselfde seuntjie alweer om sy bene rond gehol het.  Met ‘n moerse “whoosh”  ontaard hy toe in ‘n lewende fakkel.  Daar hardloop hy en almal agter hom aan om die vlamme uit te sit.  Ek dink hy is nou al uit die hospitaal.

Weet jy, dis asof daar net niks meer Afrikaner trots in ons oor is nie.  Ekskuus,  in sommige van ons.   Deesdae kan niemand meer vuur maak nie.  Dis Blits, vuurklippe, vuuraansteker gel en die vet weet wat nog.  Kan ons nie meer sonder hulp vuur maak nie?  Watse kans het ons dan om te oorleef?  Wanneer laas het jy ‘n veilige vuur gemaak?  Onthou jy nog hoe?  Die gefrommelde stuk koerant papier, die fyn houtjies, dan dikker hout en die lekker stomp bo op.  Ek maak nie graag vuur nie.  As dit vrek koud is, klim ek maar in die bed.  Ek dink ek het 2004 laas ‘n kaggelvuur gemaak.  Gepak soos ek nou net beskryf het.  Ek het een vuurhoudjie nodig gehad om so ‘n vuurtjie aan die brand te steek.

Glo my, Homer, plaaskind wat hy is, het groot geword met die ou Aga wat elke dag skoon gemaak moes word en oorgepak moes word.  Dit was defnitief in die dae voor Blitz en vuurklippe en vuuraanstekergel.  Deesdae as die Blits klaar is, klim hy in sy bakkie en ry die twaalf kilometers dorp toe om te gaan koop.  Hoe slapgat het ons net nie geword nie?  Deesdae sê ons nie meer “Gee my ‘n roer in my regterhand, gee my ‘n bok wat vlug oor die rand” nie.  Nee, o, nee, dis eerder “Gee my ‘n bier in my regterhand, gee my ‘n remote wat my met my gat op die bank laat plant.”  Ag nee, sies.  Waar gaan dit ophou?

Gedagte van die dag:  Die goeie ou dae.  Ons was soveel maerder toe as nou.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

I love how you love me Rivier van die lewe

19 Kommentaar Add your own

  • 1. uitvaagsel  |  November 26, 2012 om 9:07 vm

    Hoe kan hulle vuur maak sonder hulp as hulle nie eers kan seks maak sonder hulp nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 26, 2012 om 11:03 vm

      Oee, as HULLE jou nou moet hoor …..
      🙂 😀 😆

      Antwoord
      • 3. uitvaagsel  |  November 26, 2012 om 1:58 nm

        Bring git. 😉

      • 4. jagternw1976  |  November 27, 2012 om 10:43 vm

        Oeee, ek het gehoor ! Kom la ek jou wys hoe maak ‘n man vuur. En as jy nie oppas nie, wys ek jou anner dinge ook ! 😛

  • 5. Kameel  |  November 26, 2012 om 12:25 nm

    Olga vir hoelank loop ek nie al met die woorde in my kop nie; “Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan, ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk…. dis al.” Miskien is die woorde nie heeltemal korrek nie, maar dis soos my hart voel.

    Antwoord
    • 6. Xena Phoenix  |  November 26, 2012 om 4:57 nm

      Trou
      Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan,
      ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan,
      ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
      en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

      Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer,
      in die taal uit haar vrome mond geleer,
      die verraaiersgeslag in sy siel verag
      wat, haar verstotend, homself kleineer.

      Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
      vir ‘n heldegeslag, in hul rus daarheen,
      maar ‘n blits van trou in die traan van rou,
      wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

      Vir my d’Afrikaner van durf en daad,
      wat mammon’s eer en loon versmaad,
      sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
      en ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

      O, ‘k hou van ‘n man wat sy man kan staan;
      ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan,
      ‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk
      en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

      Jan F Celliers

      Antwoord
      • 7. Olga  |  November 26, 2012 om 5:18 nm

        Baie dankie Grieters.
        Daar het jy dit Sally.

      • 8. brieweuitdievreemde  |  November 26, 2012 om 5:22 nm

        Xena, ek dink die dae soos deur Celliers beskryf, is ongelukkig grootliks verby. “wat Mammon’s eer en loon versmaad” – ha, ha, ha. Mens sal ver en wyd soek deesdae.

      • 9. Kameel  |  November 27, 2012 om 9:50 vm

        Dankie Xena. Dit is die pragtigste woorde…. gaan dit nou êrens afskryf, en dit lees wanneer die “Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan, deur my kop begin maal.

  • 10. Xena Phoenix  |  November 26, 2012 om 5:00 nm

    Wee jy! Mens sal dink dit is logies. Dit is ‘n vuur, dit is gevaarlik en elke mens weet van Pippie. Hoe moeilik kan dit nou wees.

    Ek maak ook vuur met firelighters. En houtskool. Ek sal nie weet of ek met koerantpapier en hout kan maak nie. Nog nie probeer nie.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  November 26, 2012 om 5:18 nm

      dis makliker as wat jy dink.

      Antwoord
  • 12. brieweuitdievreemde  |  November 26, 2012 om 5:23 nm

    My broer het ook eenkeer petrol oor ‘n vuur gegooi – maar hy was toe tien…. Hoe oud is die ou?

    Antwoord
    • 13. Olga  |  November 26, 2012 om 5:38 nm

      Iets en twintig. Dis wat dit so verkeerd maak. Hoe buk jy oor ‘n vuur wat jyself gepak en vol petrol gegooi het? Hoe gryp jy n boomtak sodat dt jou arm terugpluk dan kap jy in elk geval???? Hoe laat jy so ‘n persoon toe om ‘n kind te verwek?

      Antwoord
      • 14. brieweuitdievreemde  |  November 26, 2012 om 5:44 nm

        Ja-nee Olga, dit het my nog altyd verstom dat jy ‘n lisensie moet he om ‘n kar te bestuur maar voortplant – dit kan almal wat wil. En wanneer en soos hulle wil.

      • 15. Olga  |  November 26, 2012 om 10:18 nm

        Sonder enige toets.

  • 16. Gerda  |  November 27, 2012 om 8:16 vm

    pippie se storie kan niemand koud laat nie. dit laat my nogal wonder of die vervaardigers van die gel ook n finansiele bydrae tot haar versorging gemaak het. ek weet hulle is onder geen verpligting nie. maar dis ook nog n voorbeeld van iets wat verkeerd gebruik was. toegegee, wie dink daaraan om sulke goed te gaan bere voordat jy die vuurhoutjie trek? ek maak glad nie vuur nie.

    Antwoord
    • 17. Olga  |  November 27, 2012 om 3:46 nm

      ai, Pippie se ouers is volgens huisgenoot see toe met haar boetie. Ek kan my net voorstel onder watse kritiek gaan hulle nou weer deurloop. Ek haal my hoed af vir haar ma. Sy was elke tree daar. As daar een mens is wie ‘n wegbreek verdien, is dit sy. Ek kan net dink hoe haar kind se stryd haar moes uitmergel. Sterkte aan die hele gesin. Dit was nie ‘n maklike reis nie en ver van verby.

      Antwoord
  • 18. Kameel  |  November 27, 2012 om 10:15 vm

    Dit het nou niks met vuurmaak te doen nie, maar toe ek lees van die lewende fakkel, dink ek aan ‘n jongman in sy vroeg twintigs, wat oorkant ons gebly het. Hy wou loer of hy genoeg petrol in die tenk het, toe trek hy ‘n vuurhoutjie om te kyk. Baie sleg verbrand.

    Antwoord
    • 19. Olga  |  November 27, 2012 om 3:48 nm

      Hy het nie eers toe sy “dink” vasgesit nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: