Malvas in my tuin.

November 20, 2012 at 7:26 vm 11 Kommentaar

Hierdie is die sogenaamde swart malva.  Met elke herplant, is dit minder swart.   Ek het al twee steggies van oom Batha gekry.  Een was natuurlik “postuum”  geskenk.  Ek was net die ontvanger, sy dogter was die skenker.

Hierdie een noem my buurvrou ‘n “gesiggie_malva.”

Hierdie ene was eerlik verkry uit die tuin van die kantoor waar ons “basiese” dienste rekeninge betaal.

Hierdie ene was ‘n skenking van  Wayd.  Ons het ‘n plek gaan uitkyk vir ‘n kerkgeleentheid toe ek opgemerk het dat pienk malva die enigste plant was wat dapper genoeg was om nie net te groei nie maar te blom ook.  Een ding het na ‘n ander gelei en uiteindelik is ons albei daar weg met ‘n steggie.

Hierdie ene, egter, het ek bekom met my Nolie se troue.  Uit die kerk tuin, terwyl die tuinier toegekyk het dat ek steel nie.  Njannies, ek het gevra, toe het oom Gielie, die koster gesê hulle kan nie vir elkeen ‘n steggie gee nie, wat gaan die kerk dan oorhê.  Toe het hy Jonas aangesê om my  die snoeiskêr te laat oppas terwyl hulle die rankroos gaan oplei soos ek so pas verduidelik het.

Be that as it may, ek het al dikwels malva steggies gekry wat net eenvoudig verseg het om te groei.  Maak nie saak hoe eerlik ek dit bekom het nie.  Toe my buurvrou my onlangs ‘n rooi malva met ‘n swart “gesiggie”  aangebied het, het ek opgemerk dat ek nie veel geluk met hulle het nie.  Toe het die skoetoet ryende buurman gesê, mens smyt die malva steggie uit jou kar dat dit doer teen die muur lê vir ‘n dag of twee.  Dan plonk jy dit in ‘n fles water vir ‘n dag of twee voordat jy dit plant.  Soos julle kan sien met die witte, was sy raad baie effektief.  Dit het drie dae in die Fordjie weggesteek gelê, toe het dit drie dae uitgevars in ‘n fles water.  Ek he dit 12 Nov geplant en soos julle kan sien, agt dae later blom dit spierwit en gesond.  Daar is nog twee spesies wat nog nie geblom het nie, maar ek is vol vertroue hulle sal nog.  Dalk nie vanjaar nie, maar hulle sal nog.

Gedagte van die dag:  moenie moed opgee nie.   Gooi eerder nog ‘n sopie Seagro.

Advertisements

Entry filed under: Moeder Natuur.

Professionele mense I love how you love me

11 Kommentaar Add your own

  • 1. charlene  |  November 20, 2012 om 7:42 vm

    TE pragtig!

    Antwoord
  • 3. Dirkie  |  November 20, 2012 om 8:32 vm

    Mens , ek was ewig in ‘n toestand as ek saam met my skoonma en haar dogter iewers in tuine gestap het… hul het ook daardie geneigdheid gehad van Malvakoors. Ek is seker sy(skoma) sit nou daar in die hiernamaals en sal wat wil gee vir daardie swart malva.. nog nooit soiets gesien, jou malvas is pragtig…

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 20, 2012 om 4:48 nm

      Dankie.

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  November 20, 2012 om 12:37 nm

    Dit is hoekom ek van malvas hou…. hulle het gewoonlik ‘n storie vanwaar die steggie verkry is. Min wat hulle uit ‘n kwekery in ‘n mens se tuin beland 🙂 Mooi malvas wat jy het!!

    Antwoord
  • 6. Olga  |  November 20, 2012 om 4:49 nm

    😆 dis dalk hoekom buurvrou hulle “gesiggie” malvas noem. My Wyse ou Moedertjie het ook geglo “Every face tells a story.”

    Antwoord
    • 7. Kameel  |  November 22, 2012 om 1:48 nm

      O yes!!!! for every face tells a story. Die mooiste, en hartseerste stories lê in die begraafplaas begrawe, en is nooit vertel nie.

      Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  November 20, 2012 om 5:05 nm

    Die swart malva is besonders.

    Ek het eendag ‘n pers roos gesien wat vir my interessant was.

    Antwoord
  • 9. brieweuitdievreemde  |  November 21, 2012 om 5:45 nm

    Ja, die swart malva is mooi! My ouma het altyd gepraat van ‘dankbare’ plantjies – iets wat met min moeite groot vreugde gee. Dis nou malvas! 🙂

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 21, 2012 om 10:12 nm

      Dit is nogal ne. Hulle sorg ook vir baie kleur in enige tuin.

      Antwoord
  • 11. Sparkle  |  Februarie 18, 2015 om 7:07 nm

    Nou wil my foon nie he dat ek na jou malvas kyk nie. 😦 Sal more weer probeer.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: