Professionele mense

November 19, 2012 at 8:07 vm 12 Kommentaar

‘n Ruk gelede het ek die advertensie gesien op Spar se bulletin bord van ‘n “Doggy Parlour” op die buurdorp.  Die advertensie lui onder andere ” Ons personeel is ten volle opgelei on enige hond te skeer en net moderne toerusting word gebruik.  Maak gerus ‘n draai en bederf jou beste vriend.   die honde stap weg met ‘n hondedip na wlke was en ‘n pragtige pels.”

Ek het die advertensie gesien en in die resesse van my brein gebêre.  Ek was van plan om Pretoria toe te kuier en haar dan sommer na Groomworld in Clubview te neem waar sy al voorheen geknip was.  Ewntwel, een ding lei toe tot ‘n ander en ek moes die Pretoria kuier op die langebaan skuif.  Toe onthou ek die addvertensie, ry 12km dorp toe om die nommer te kry en bel die mense.  Ek word genooi om my hond dadelik in te bring maar aangesien ek ‘n gas vir tee verwag moes ek kanseleer.  Hulle knip net Maandae en Vrydae word ek ingelig.  Ek was toe reeds nie meer baie keen om Bessie te neem nie.  Ek sou Vrydag werk, sien.  Toe besluit ek dat Bessie se gemak vir my baie swaarder weeg as die dagloon wat ek sou ontvang.  Ek het die persoon gevra of Carolina die honder skeer waarop ek baie hoogdawerend ingelig was dat hulle professionele mense het wat die honde kom knip.  Ek word belowe dat Bessie heel eerste op die lys is vir Vrydag oggend.  Ek moet haar nege uur daar hê.

Be that as it may.  Vrydag kom ek daar en een professionele mens staan ‘n hond met ‘n skêr en knip.  Kyk, honde knip met ‘n skêr is geen piekniek nie.  Dis harde werk, maar ek weet mos mens kry honde waar jy nie naby kan kom met ‘n knipper nie.  Die knipper, ‘n gewone knipper soos die ene waarmee ek Homer se hare knip,  lê egter op die toonbank agter die professionele mens.  Ek was toe reeds afgepis.  Bessie was dan veronderstel om eerste op die lys te gewees het.  Maar nou ja.  My hond se ongemak laat my nie toe om nou hardegat te wees nie.  Bessie word toe in die hok toegemaak en ek word vertel dat hulle my sal sms sodra sy klaar is.  Dit sal sowat uur en half tot twee ure neem.  Bessie was heelwat gekoek, dus neem ek aan dit sal nader aan twee ure wees.

Twee en ‘n half ure later het ek nog geen sms gekry nie.  Ek het toe gaan kyk wat aangaan.  Nee wat word ek verseker, sy is nog rustig, maar omdat sy so gekoek is, neem dit maar tyd.  Nog ‘n uur verloop en ek gaan weer terug.  Daar staan die professionel mens my hond met ‘n sker en knip.  Hy vertel my toe ook sommer hy het my “kind” raak geknip en wys my die krap op haar agterpoot soos wanneer ons maar onsself in die bad raak skeer.  Nog ‘n uur gaan verby sonder taal of tyding.  Ek gaan nverneem weer.  For the fucking love of ‘Arry.  Toe ek ondaardie deur loer, is die man besig om my hond soos ‘n vrot vel uit te skud om haar op rug te laat lê.  Ek het omgedraai en geloop.  Dertig minute later het ek die sms gekry.  “U hond is klaar, kom haal haar asb.”  Daar gekom was ek maar te bly om te sien my hond loop my tegemoet.  Ek het die R250 wat hulle my gevra het betaal en was ingelig dat ek my hond Dinsdag moet terug bring aangesien sy nie klaar geskeer is nie.  Daar was ‘n verband om haar poot wat ek vreemd gevind het vir die krap wat ek gesien het.  Ek was aangesê om die verband op te los tot Dinsdag.  Toe het ek al gedink “Verband wat gaan opbly tot Dinsdag?  Ai tog.  Toe sy uit die Fordjie geklim het by die huis, het die verband reeds genoeg afgesak om die wond te onthul.  ek weet nie of julle met my saamstem nie, maar dit is nie ‘n knipper se werk nie.  Die hoek van die wond skree ook absoluut “skêr.”

Hoeveel force sal so ‘n besering veroorsaak?

Pragtige pels?  Dip?  Bolle man, dip stink.  Al noem jy dit ook polony.  Dinsdag terug bring?  Ja, dit sal wees met mej Taurus in my vuis.

Van haar nek tot by haar pensie is haar onderstel ongeskeer.  Groomworld het ou Mieta (Ja, regtig dis haar naam)  Bessie geknip.  Sy was pragtig gedoen en ek neem aan ou Mieta werk met jare se ondervinding maar baie min “professionel opleiding.”  Ek het April vir haar “do” R160 betaal.  Dit in die stad waar dienste duurder behoort te wees as in die platteland.  Carolina se tarief vir ‘n Chow was R200.  Die “professionele mense” R250.   Kyk dan net hoe prys die laevelders hulleself ook heeltemal van die mark af.

Gedagte van die dag:  Ondervinding wen skoon bo professionele opleiding.

Geniet die week.

 

 

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Truth or dare Malvas in my tuin.

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Selene Phoenix  |  November 19, 2012 om 1:03 nm

    O nee eina!!! Ek sou geweier het om te betaal! Wat as jy Bessie nou vearts toe moet vat en R500+ uithaal vir daai kostes?

    Nee wat, as mens dink iets is te goed bly eerder weg!

    Ons honde word opgetel en weer afgelaai 🙂 So ons motors word nie vol hare nie!! he he En KAN hulle hare verloor! Joh

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 19, 2012 om 3:17 nm

      Jy weet mos, ek kan Bessie nie laat saamry nie. Al het ons so ‘n diens hier gehad. ek dink ek moet maar op ‘n kursus gaan sodat ek haar self kan knip. Na hierdie trauma is dit te veel vir my om haar weer aaqn iemand anders se genade oor te laat.

      Antwoord
  • 3. jagternw1976  |  November 19, 2012 om 2:09 nm

    Vat die Taurus en gaan kuier vir hulle. F…k weet, ek sou daar en dan al iemand geneuk het. Verstaan hulle nie dit is jou kind nie ? Dom onprofesionele etters.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 19, 2012 om 3:18 nm

      Ek het eers die gat gesien toe ons al tuis gekom het. Anders was daar toe al k.k gewees. 4ker.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  November 19, 2012 om 6:03 nm

    As jy ‘n Hummer gehad het, kon jy dit in hulle perseel gaan parkeer het. Ek wonder tog of die DBV nie iets aan die storie kan doen nie. Dit kom vir my neer op Dieremishandeling.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 19, 2012 om 9:06 nm

      Ek dink ‘n Hummer is breeer as die winkel.

      Antwoord
  • 7. Gerda  |  November 19, 2012 om 6:51 nm

    as dit daai mamparra in sabie is kry sommer die donnerse gesondheids-inspekteur. hulle verkoop kos ook in dai winkel.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 19, 2012 om 9:07 nm

      Ek dink hulle het net koekbak benodighede, maar ja, dit is ook kos ne.

      Antwoord
      • 9. Olga  |  November 19, 2012 om 9:08 nm

        Jy het weer misgespel.

  • 10. brieweuitdievreemde  |  November 19, 2012 om 7:42 nm

    Ag nee, Olga, wat hulle aan jou hond gedoen het is regtig nie OK nie. Moenie ooit weer teruggaan nie en – soos my ma my so pragtig geleer het: Don’t have a problem, BE a problem. Ek sou hulle bietjie gas gee hieroor.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  November 19, 2012 om 9:09 nm

      Vreemdeling, hulle kan my nie genoeg betaal om ‘n hond terug te neem soon toe nie. Glo my vry, ek gaan ‘n probleem word.

      Antwoord
  • 12. uitvaagsel  |  November 20, 2012 om 6:45 nm

    BASTERD!!!!!! Het jy hom opgefok?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: