Steek weg

November 5, 2012 at 7:36 vm 17 Kommentaar

Dis ook miskien nie die beste woordkeuse nie, maar nou ja, ek gaan dit in elk geval gebruik.

My noolste Nolie en sy Mina is die naweek getroud.  Niks was op skuld geeet, gedrink of gedra nie.  Be that as it may.  Sy susters het die wittebroodsuite se bestaan jaloers geheim gehou en die kamer vir hulle gaan “inrig” met roosblare, sjampange, sjokolade en ‘n honderd kersies.

Ai, pink ek nou eers ‘n traantjie.  Ek meen, as sussies jou die bederfie kan gee sonder kleefplastiek oor die toiletpot of suiker in die bed, dan sal niemand jou mos ‘n streep kan trek nie, reg?

Verkeerd.  Hulle het uitgevind die bruidspaartjie se plan was om 05:00 op wittebrood te vertrek en hulle het nog vtoeer opgestaan om die scooter te gaan voorberei vir die wittebroodsreis.

Hulle eerste stop was dan ook by skoonpa en ma op die plaas om gou die skoetoet te gaan was.  Skoonma het om die kontrepsie gestap en hulle weggejaag met die boodskap om die “oulike handwerk” op die bollie bike te los.  Wonder bo wonder het hulle laat middag ‘n foto van die krabbels, of is dit boodskappe, steeds sigbaar op die voertuig gestuur.

Gedagte van die dag:  Dis verby, dis gedoen.  Hulle is getroud.  Ek gaan vir drie weke rus en nie eers in die dorp uitkom nie.

Geniet die week!  Veilige Guy Fawkes almal.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Donderdag Leunende toring

17 Kommentaar Add your own

  • 1. brieweuitdievreemde  |  November 5, 2012 om 10:59 vm

    Baie geluk 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 5, 2012 om 2:31 nm

      Dankie.

      Antwoord
  • 3. Selene Phoenix  |  November 5, 2012 om 11:24 vm

    Wow!! Baie geluk!!!! Glo dit was ‘n baie mooi en spesiale troue!!!
    Kan seker nou al begin bootsies brei (wink wink) Grap sommer… 🙂

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 5, 2012 om 2:32 nm

      Brei, Lienkie, brei. Ek vrek om daardie booties te sien. 😀 Dankie. 😉

      Antwoord
  • 5. Gerda  |  November 5, 2012 om 2:03 nm

    guy fawkes meen weer die arme honde gaan les opse.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 5, 2012 om 2:33 nm

      Dis ongelukkig waar.

      Antwoord
  • 7. gerdajansen1  |  November 5, 2012 om 2:05 nm

    wp se moer.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 5, 2012 om 2:33 nm

      Jy het misgespel.

      Antwoord
      • 9. gerdajansen1  |  November 5, 2012 om 3:50 nm

        net omdat wp my alweer kak gegee het met “log in.”

  • 10. uitvaagsel  |  November 5, 2012 om 2:07 nm

    Was dit n regte Brakpan troue? Waar hulle nog op die kortina skryf en blikke anie kar vasmaak?

    Antwoord
    • 11. Olga  |  November 5, 2012 om 2:35 nm

      Die bruid het darem nie ‘n wit sweetpak gedra nie en hulle het kinders by dosyne ook gesing.

      Antwoord
      • 12. uitvaagsel  |  November 6, 2012 om 7:37 vm

        Het hule daarem al die woorde geken?

  • 13. Kameel  |  November 5, 2012 om 3:23 nm

    Baie geluk Olga. Daar is niks van die koek gesê nie, dus neem ek aan diè het veilig sy bestemming bereik. Nou kan jy lekker voete opsit 😉

    Antwoord
  • 14. seegogga  |  November 6, 2012 om 8:10 nm

    Baie geluk. Nou is dit foto’s kyk!

    Antwoord
    • 15. Olga  |  November 6, 2012 om 8:36 nm

      Die foto’s wat ek neem is nie die kyk werd nie. 😉

      Antwoord
      • 16. seegogga  |  November 6, 2012 om 8:39 nm

        ek is seker hulle het ‘n fotografie gehad. En die sit mos deesdae alles op die internet. Nou gee jy net vir ons die link en dan kyk ons almal saam en oe en ah!

      • 17. Olga  |  November 6, 2012 om 10:27 nm

        😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: