Ag wat, maak my tog n hond

Oktober 29, 2012 at 7:35 vm 7 Kommentaar

Mense vra dikwels, as jy ‘n dier kon wees, watter dier sou jy graag wou wees? Ek hoef wraggies nie eers twee keer te dink nie. ‘n Hond. Hoekom? Ek sou die hond se getrouheid wou hê. Ek probeer my lewe lei dat my woord my eer moet wees. Ek hoop voor die Vader dat dit aan my kinders afgesmeer het.

AG WAT, DIS MAAR ‘N HOND

(sal ek nou wragtig elke liewe woord en lettertjie self moet tik. My vriendin “Google” is weer hard van die kak.

Met modderpote, ha-ga-ga!
Trap hy die voordeur oop.
Trap hy twee rye blommetjies
Sovêr as wat hy loop.

En lag lag loop hy, ha-ga-ga!
Deur voorhuis en kombuis:
Geen plek is vir hom heilig nie –
Geen hoekie in die huis.

En wil hy lê, hy flop hom neer
Op blink gevryfde vloer –
Op sneeuwit matjie, duur tapyt,
Of waar sy sin hom voer.

Daar lê hy, lag hy ha-ga-ga!
En skud sy stof daar uit,
En werk sy modder stadig los,
en vas op die tapyt.

En “Buite Jakhals!” Sê sy nooi,
En ha-ga-ga sê hy,
En kyk haar lag lag, vriendlik aan,
En stap bedaard opsy:

En dink dit was ‘n groot kordaat
Om in die huis te lê,
En spore vir sy nooi te trap,
En “ha-ga-ga” te sê.

Maar “buite Jakhals!” Uit moet hy –
En voel so skaam en skroom,
Dat hy die arme kat bevlieg:
En die bevlieg die boom.

Die “ha-ga-ga” word “Boe woe woef”:
Hy sukkel om te klim,
En krap die boom se bas en brom
“Die kat die was te slim.”

Hy speel met hoender, vark en kalf.
tot hulle die doodsangs kry:
En al hoe naarder hulle word,
Hoe vroliker word hy.

Tot ek my naderhand vererg.
En ernstig “Jakhals” skree:
Dan kom hy kruip kruip smekend aan,
Ootmoedig en gedwee.

Hy weet hy het die peits verdien,
En weet hy sal dit kry:
Maar vlug? O nee! My baas die roe
Ek kom al straf hy my.

En buk-buk, sleep-sleep kom hy aan,
Met stemloos smeekgebed:
Maar is hy stop,- sy houding spreek
Hoe ‘n diep berou hy het.

En is die laaste raps geval,
Dan is hy, ag! So bly:
Hy spring en dans van dankbaarheid-
Die pak die is verby.

Hy kom smorens handjie gee_
Die beste wat hy het:
“Twee growwe pote sê sy nooi:
“Kyk nou hoe lyk die bed!”

Dan stap hy na die nooi se kant,
En “ha-ga-ga” lag hy:
En kyk haar so vertroulik aan,
En eindelik glimlag sy.

So maak hy ons lewe lig:
Hy’s altyd klaar vir speel-
Nooit nukrig of neerslagtig nie-
Sy plig is nooit te veel.

Maar is dit ek wat treurig is,
Hy voel en deel my smart:
‘n Natte neusie in my hand
Bring troos uit hondehart.

Geen smaad vervreem sy vriendskap nie,
Geen onreg deer sy trou-
Mishandeling, vloek en skop,
Laat hom sy diens nooit rou.

Hy neem die slegte wat hy kry,
En is daar dankbaar voor:
Hy gee die beste wat hy het
En dink daar nooit weer oor.

O spraakloos, sielloos reedloos dier!
WAAR IS “n MENS SOOS JY?
O ongeloonde lewensslaaf!
Waar’s so ‘n vriend te kry?

Jou lus is jou baas se lief-
In sy verdriet jou leed:
Sy nuk en gril- jou wet en wil,
Wyl jy jouself vergeet.

En is jou troue diens verby
Met laaste lewenstond,
Dan gooi jou baas jou uit sy pad-
Wat is ‘n dooie hond?

Maar is dit hy wat eerste gaan,
Dan lê jy op sy graf,
En pas sy rusplaas op en wag
Vergeefs ‘n weersiens af.
(C. J. Langenhoven)

Wat meer kan ek sê? Daar is mense in die lewe wie my skaam maak dat hulle nie net ‘n greintjie van ‘n hond se lojaliteit het nie. Ag, Olga wat praat jy? Die wetters weet nie wat lojaliteit is nie.

Gedagte van die dag: Watse dier sou jy graag wou wees?

Geniet die week. Bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Final countdown Vroeg slim????

7 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  Oktober 29, 2012 om 8:00 vm

    mense is getrou. aan hule 😉 swakhede, nie eers aan hulleself nie.

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Oktober 29, 2012 om 8:04 vm

    ek sou n jagluiperd wou wees. vinnig, stil, dodelik. maar met my kennis van nou. ek sal almal wat my ooit te na gekom het, uithaal. oh, yes. 🙂

    Antwoord
  • 3. uitvaagsel  |  Oktober 29, 2012 om 1:57 nm

    Haai tog. Die soo waar van n hond ne. Ek wil n perd wees. Si fier en so trots.

    Antwoord
  • 4. Kameel  |  Oktober 29, 2012 om 3:18 nm

    Dit is nou net te mooi… my skoon hartseer op plekker gemaak. Ek is mos ‘n dier…… “dierbaar!” 😆 Kameel.

    Antwoord
  • 5. brieweuitdievreemde  |  Oktober 29, 2012 om 4:43 nm

    ‘n Dolfyn – lyk vir my na ‘n lekker lewe 🙂

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Oktober 30, 2012 om 8:28 vm

    😉 Ek is heeltemal gelukkig daarmee om ‘n mens te wees. Toegegee, ‘n luidier in die Amazone klink ook goed

    Antwoord
  • 7. jagternw1976  |  Oktober 30, 2012 om 8:54 vm

    Pragtige gedig. Partykeer dink ek honde is baie beter as mense. Sou ek kon kies ? mmm … ‘n Vlieg in die slaghuis. Imagine al daai biltonge, chilli bites en droë worse om op te sit ? 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: