Grillerig

Oktober 15, 2012 at 7:11 vm 9 Kommentaar

Toortsie het huiswerk uitgedeel en ek weet nie of sy weet waar ek woon nie, want iemand wie ons albei al met die hand gegroet het, weet waar om my te vind. Dus weet ek nie of dit veilig is nie, maar ek beter maar doen wat ek gesê was. Ek woon mos alleen. 😉

Ewentwel, dis in elk geval reëntyd in die laeveld en ek het nog nie veel goggas gewaar nie. Dus het ek nie ‘n middel om Toortsie mee te besweer nie. (Ek weet nou!!!!) Ek bang mos nie ‘n gogga nie. Nou waarvoor gril ek dan? Op die gesig van die aarde sal ek nie weet hoekom nie, maar ek gril dat die spoeg loop vir kroeshare en staalwol. Ek gebruik maar eerder ‘n goldilocks en ‘n sponsie om my potte skoon en blink te kry. ‘n Beker met daardie teeringe. Jig, mens gebruik die sponsie binne in die beker ook. Dis net so eenvoudig soos wat dit lyk. Ek is dit eens met Toorts, as jy met jou diere besig was, gaan was gerus jou hande.

Ek gril my kamoers vir grond tussen my tone. As jy ooit iemand op die strand teekom met tekkies en sokkies aan, mag dit in alle waarskynlikheid die uwe wees. Grond onder my naels kan gaan tot op ‘n punt dan moet ek hardloop om die naelborsel in te lê anders sal ek myself in die skande steek. Dan moet ek nie vergeet om muf en skimmel van enige aard, te noem nie. Dit wil my die wilde weghol gee. Ons woon reeds binne in die misgordel. Ek is altyd aan die skrop. Ek onthou die swart swamme toe ons hier ingetrek het en hoe ek altyd op my merke was, sou die goed my bespring. Maar uiteindelik het ek die goed afgeskrop gekry.

Om in iemand ander se bed te klim, sit ook nie in my nie. As ek vermoed die bed was nie vars oorgetrek nie, sal ek wragtig eerder van koue vrek as om in daardie bed te klim. Dikwels is baddens mos so sleg onder die waterlyn gevlek, ek is ook glad nie gemaklik daarmee nie. nee, wraggies, kyk, ek sal dan eerder ook emmer soek. Of onder die waterstraal was. Dis nou waslap bad. Die grootste gril, is vir skorsie. Ek kan daardie pampoentjie net nie in my mond gelaai kry nie.

Hiermee voldoen ek. Ek vra dirkie, http://dirkiedupl.wordpress.com/ en Vreemdeling http://brieweuitdievreemde.wordpress.com/ om te vertel wat hulle laat gril.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk, Staaltjies, Uncategorized.

Sonder ys. ontbyt met aptyt

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Oktober 15, 2012 om 9:35 vm

    Klaar gegril… ek sien uit na Brieweuitdievreeemde se grillings!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 15, 2012 om 2:12 nm

      Eks nou daar.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Oktober 15, 2012 om 11:26 vm

    Ek voel ook so oor ander ouens se beddens 😦 Ek begin ‘n prentjie vorm; Olga met skoonmaakmiddels, skroplap, en sponsies onder haar arm, in haar handsak, tussen haar bagasie ens. 😆

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 15, 2012 om 2:13 nm

      Nee! 😛 Nee! 😉 NEE! 😀

      Antwoord
  • 5. jagternw1976  |  Oktober 15, 2012 om 12:05 nm

    LMGA vir die kroeshare. Ek gril nie vir dit nie, ek verpes dit 😛

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Oktober 15, 2012 om 2:13 nm

      😦 Wheeeeeekkkkkkkkk!!!!!!!!!

      Antwoord
  • 7. Grillerige goeters | Briewe Uit Die Vreemde  |  Oktober 15, 2012 om 4:02 nm

    […] Olga en Seegogga het gevra ek moet saamspeel en vertel waarvoor ek gril. Net soos Seegogga is ek ook al ‘n paar maal om die blok en is daar nie te veel fisiese dinge in die wêreld wat my laat gril nie. Dinge wat mense doen is egter ‘n ander saak: […]

    Antwoord
  • 8. Toortsie  |  Oktober 15, 2012 om 6:56 nm

    Darem nie ENIGE spinnekop nie!! Net die bobbejaanspinnekop soos hy in ons huis genoem is. Ek hoor deesdae die mense praat van ‘n reënspinnekop. As julle van hulle daar by jou het, hou hulle maar!! 🙂
    Dankie vir jou saamspeel.

    Antwoord
  • 9. Toortsie  |  Oktober 15, 2012 om 6:56 nm

    Hoe weet jy wie my al almal met die hand gegroet het???

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: