Sonder ys.

Oktober 12, 2012 at 8:10 vm 8 Kommentaar

Al ooit gewonder hoekom jy so gekletter raak dat jy nie regop kan bly nie? Dat jy die volgende môre wens jy kan jou kop inruil vir ‘n vuvu(4ken)zela wat jy daar vêr agter die kas in kan foeter sonder om ooit weer daarna te kyk?????

Soos meeste van julle seker weet, het my gunsteling oom ‘n dopsjop in, ag, kom ons sê maar Namibia. Hy sê hy het al alles gesien. Alles gehoor. Alles beproef ook. Al het dit soms daarop neergekom dat hy langs sy kar moes huis toe stap of soms dat tannie Doep hom om die swembad gejaag het en hy sonder sy kar moes vlug. Ewentwel, hy het alles beproef en uiteindelik die goeie behou.

Volgends hom…..
Rum en ys, beskadig jou lewer, sommer jou lewe ook. Veral as tannie Doep jou met n voorhamer wil bykom. Vodka en ys is swaar op die pankreas, dit trek op na jou koo ook. Brandewyn en ys kan jou brein ruìneer. Dan word dit babbelas genoem. Die mediese wetenskap het breinelas probeer maar meeste mense sukkel met die spelling. Cane en ys is dodelik op die oë. Dit maak glo dat ander mense hersenskimmme sien jou vir ‘n dronkie aansien. Sulke onsin, verbeel jou. Wyn en ys kan jou stappie aantas. Jy kan nog glo dat jy stap, dan help iemand anders jou op. Dan het die swerkater jou wragtig uit jou skoene geloop. Sonder om jammer te sê. Whiskey en ys is beskadig jou beursie. As jy vir jou kom kry, is jou beursie leeg sê die kroegman dat jy ‘n “I O U” met hom gelos het. Gin en ys beswadder jou reputasie. Mens kan tog so venynig wees. Bier en ys kan jou blaas lelik verrek. Die toilet mag beset wees, dan kan jou vanity daaronder lei. Veral as iemand gesien het die kroonjuwele het tuis gebly op jou aand uit.

Hy sê na al die jare wat hy dop en ys verkoop en beproef, ken hy alles. Hy het wyd en suid proefnemings oor die onderwerp gedoen daarom praat hy absoluut uit ondervinding. Hy sê YS is donners gevaarlik.

Gedagte van die dag: Sukses begin in die hart. Kry jou prioriteite en motiewe reg en jy is halfpad daar.

Geniet die naweek en bly veilig.

Entry filed under: Goed om te weet.

My tuin Grillerig

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Oktober 12, 2012 om 8:20 vm

    Wat sal ek nou ek hierop sê ..hoop nie oom Doep is familie van hierdie doep nie…. lyk my dit bly yswekkend of liewer angswekkend!

    Antwoord
  • 2. gerdajansen1  |  Oktober 12, 2012 om 8:41 vm

    oom doep is n slim man. niks meer ys vir my nie.

    Antwoord
  • 3. Reinhardt  |  Oktober 12, 2012 om 10:43 vm

    Op ‘n donker dag het jy my laat glimlag. 🙂

    Antwoord
  • 4. brieweuitdievreemde  |  Oktober 12, 2012 om 6:14 nm

    En hier rond drink ons nie by die bottel nie, maar by die kas.
    Die nie-amptelike leuse van my dorp is: Dronk maar Regop 🙂
    PS: Het jou oom dalk ‘n werk vir my? 😆

    Antwoord
  • 5. Waarvoor gril jy? | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie  |  Oktober 14, 2012 om 7:57 nm

    […] Olga!! Dirkie!!   Waarvoor gril julle alles? Vertel daar op julle blogs en dan wys julle weer ‘n […]

    Antwoord
  • 6. charlene2714  |  Oktober 16, 2012 om 9:33 vm

    My ys-reëls is maklik: In die winter drink ek nie ys nie, in die somer drink ek ys. Die einde.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 16, 2012 om 10:14 nm

      Goeie balans. 😉

      Antwoord
  • […] wil ons weg hê. Hulle hou nie van ons nie. Ons is vir hulle ‘n bedreiging.” antwoord Olga.  “Hulle sê ons spandeer te veel tyd op ons blogs. Hulle hou ook nie daarvan dat ons dit so […]

    Antwoord

Lewer kommentaar op gerdajansen1 Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter