My tuin

Oktober 11, 2012 at 7:22 vm 9 Kommentaar

Eisj, wat ‘n dilemma. Sedert 1998 het die hoenders IKABOD geskryf oor 90% van my groente verbouings pogings. Ek is seker al so gewoond dat hulle alles verslind, of dan amper alles verslind het, dat ek te veel geplant het. Op hierdie stadium is daar reeds meer kropslaai as wat ek kan opeet. Self al was die gesin tuis.

Die honde verseg om hulle monde aan blaarslaai te sit, hulle sê natuurlik dat dit mens en hasie – kos is. Ek verpes vermorsing met ‘n passie. Ek sien voor die einde van die somer, skaf ek weer ‘n hoendertjie of ses aan om die surplus te kan benut.

Ek wil nie hoes, poep of skinder nie, maar ek wonder of dit net in Mpumalanga is dat die struike, bome en plante so swaar dra aan die blomme? Wat weet die natuur wat ons nog gaan uitvind? My roosbome was drasties gesnoei, tog is daar sewentien knoppe aan die een boom. My buurvrou se boom spog met nie minders as drie en sestig nie. Dit sluit vol oop, half oop en knoppe in. Die Azalea bome kreun behoorlik onder die blomme. Be that as it may, die laeveld is pragtig getooi in sy blommeprag hierdie lente.

Gedagte van die dag: Vermorsing is uit.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

My favourite things Sonder ys.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Oktober 11, 2012 om 8:14 vm

    Ek stem, vermorsing is uit!!! Wat ons nie kan eet nie kry die honde, wat hulle nie kan eet nie kry die voëls, tot en met die laaste krummeltjie uit die broodsak 😉
    Blomme by my het ook die manier om meer baldadig in ander se tuine te groei as in myne…. maar wat ek geniet elke blom wat sy gesig wys..

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 11, 2012 om 1:40 nm

      Dink ek moet dalk die voëbad wat ek ‘n paar jaar gelede as ‘n kersgeskenk gekry het, staan maak in die tuin. Hier is mos nie meer hoenders om te te plunder nie. Hoop net nie Lapman gaan dit as ‘n dwarspaal wil gebruik nie.

      Antwoord
  • 3. gerdajansen1  |  Oktober 11, 2012 om 10:51 vm

    dis lekker om genoeg vir jouself en n ietsie oor te he vir jou bure ne.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 11, 2012 om 1:40 nm

      Absoluut.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Oktober 11, 2012 om 11:16 vm

    Tuinmaak kan amper die moeite werd wees as die goed so groei. Ek is nou lus om ‘n tamatie uit iemand se tuin te steel.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Oktober 11, 2012 om 1:37 nm

      Ek het nog nie tamaties nie. Maar hulle kom.

      Antwoord
  • 7. lekkerjeuk  |  Oktober 11, 2012 om 6:13 nm

    So mooi groei alles in ‘n ry. Dit kwel my ook erg as ek goed moet weggooi of wanneer mense mors. Dis seker maar omdat ons jongtyd met min moes klaarkom.

    Antwoord
  • 8. brieweuitdievreemde  |  Oktober 12, 2012 om 5:36 nm

    Jinne daai groente lyk lekker! Ek wens ek was nader om te help met die surplus! Dis iets wat in dele van die Groot Karoo nogal skaars is, ‘n verskeidenheid vars groente, so… lucky you 🙂

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Oktober 14, 2012 om 10:10 nm

      Ek sou graag gedeel het. 😉 Sonder om te loer vir surplus in jou kas. 😀

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: