My favourite things

Oktober 10, 2012 at 9:14 vm 9 Kommentaar









Op my voorstel, het Vreemdeling ‘n tag speletjie begin en …. my getag. Daarom vertel ek julle graag van my liefste goed. Natuurlik my gesin. Daardie ou verrassingtjie wat die natuur so onverwags oor jou pad gooi, ‘n speels jong dier, ‘n onbekende plant, ‘n dapper blommetjie. Die warmte wat om my hart kom nesskop as ek ‘n gelukkige, gesonde en tervrede kind sien. ‘n Lekker bord kos, verkieslik een wat ek nie self gekook het nie. Verrassings, soos die ene wat my Tumi my vanjaar op my verjaardag gelos het. Ek hetdie kleurvolle blik pligsgetrou toe gehou tot die dag van my verjaardag. Op dié dag het ek die blik oopgemaak en elo!!!! Toe het die liedjie uit “The sound of music” deur my kop gemaal. Dit was inderdaad ‘n paar van my gunsteling goed wat sy in die blik gesit het. Kyk maar self. Verder is dit ook vir my oë ‘n fees om ‘n gelukkige bejaarde te sien. Ek is dol oor goed versorgde diere en my hoenders en makoue was ook ‘n seergemisde ding. Maar die lewe gaan aan, al is die hoenders nie meer hier nie, maar ek is, Bessie, Blaffer en Lapman ook. Dan is dit natuurlik ook vreeslik lekker om na daardie handwerkie te kyk en te weet DIS KLAAR!!!

Ek tag Vir Sally die Kameel, Toortsie, Jagter en Grieters om te vertel van hulle gunsteling goed.

Entry filed under: Huiswerk.

Facebook My tuin

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Oktober 10, 2012 om 1:27 nm

    EERSTE!!!!!!! (Wel, behalwe dat Kameel gaan skelm like het ;-))

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 10, 2012 om 1:43 nm

      iemand het ‘n wattebol met brandgoed onder haar stert gehou.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Oktober 10, 2012 om 1:33 nm

    Dit tel seker as ‘n teken prentjies van jou gunsteling goed post.

    Sal saamspeel – hopelik voor die einde van die jaar.

    Antwoord
  • 4. My gunsteling dinge…. | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie  |  Oktober 10, 2012 om 2:42 nm

    […] gunsteling dinge. O ja, ek het skoon vergeet, hierdie wat ek hier geskryf het, was in opdrag van Olga. Dankie Olga dat jy vir my ge”tag” […]

    Antwoord
  • 5. brieweuitdievreemde  |  Oktober 10, 2012 om 6:58 nm

    Like 🙂

    Antwoord
  • 6. jagternw1976  |  Oktober 11, 2012 om 10:42 vm

    Dankie vir die Tag tannie Olga… So die gunsteling goette moet gekiekie word ?

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 11, 2012 om 8:42 nm

      Net so, nefie, net so.

      Antwoord
      • 8. jagternw1976  |  Oktober 12, 2012 om 8:46 vm

        Maar dan gaan dit mos x rated wees ? LOL

      • 9. Olga  |  Oktober 14, 2012 om 10:10 nm

        Sal een oog toemaak om te lees. 😉

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: