Ken jou plek

September 28, 2012 at 8:12 vm 4 Kommentaar

Vandat Lapman by my in pleegsorg is, is vrede onderhandelbaar. Hy weeg twaalf kilogram teenoor Blaffer se 45kg. Ou Blaffer is net liefde. As Lapman enigsins naby genoeg aan hom kom, val hy hom aan. Klein swerkater.

Deesdae moet ek vir Blaffer inneem, dan kan ek vir Lapman uit die binnehof bring dat hy vir uur of vier kan los loop of totdat ou Blaffer toilet nodig het. Maar nou ja, alles in die lewe kom met ‘n prys. Gister oggend stap hy, Bessie en ek dan ook buite. Dan hardloop hy die kant toe, dan spring die klein vabond bo op Bessie se rug en so gaan ons maar aan. Later raak e bedrywig in die tuin terwyl hy homself amuseer en Bessie haar oog op albei van ons hou. Ek hoor Bessie toe gil “wag wag wag!” toe was dit natuurlik alreeds te laat. Toe ek orent kom, was dit om te sien dat die anc vergadering gehou het. Seker om die fucked upste kleuter se manewales onder oënskou te neem. Ai, ek meen die bobbejaan trop was aan’t vergader in ‘n sonkol oorkant die pad.

Lapman het van hulle bewus geword. Met ‘n wikkeldraai beweging onder deur die hek gewriemel toe Bessie hom gemaan het om te wag. Toe loop hy die vergadering storm. Soos dit maar met die kese gaan, is hulle soos vetgesmeerde blitse teen die boomstamme uit teen die tyd dat Lapman daar aangekom het. Hy het geblaf en sy kop afgeskree soos hy met hulle baklei het omdat hulle ons nie na die vergadering genooi het nie. Die volgende oomblik sien ek net hulle voorpote beduie. Ek het nog gedink, “Kry vir jou Lapman.” Dit het behoorlik gelyk of hulle hom die vinger wys. Toe hy ‘n vreeslike keel opgesit het. Hy het eers ‘n pakkie gelos, toe oor die straat gestorm terwyl hy geskree het “cheat cheat cheat.” Genade ons. Ek het die hek by voorbaat op ‘n skrefie oopgemaak sou die anc besluit om hom agterna te sit. Hy het met ‘n hengse duikslag ingekom en ek het die hek toegestamp. Bessie het een nies, hoes proes gegee en rieme neergelê, huis se kant toe. Toe het Lapman sy kop geskud en wat het op my voet geval? ‘n Blerrie bobbejaan drol. Die “vinger wys” was toe die fokkers in hulle hande gekaaaaa …. getjorts het en hom wragtig daarmee gegooi het.

Waar is ‘n blerrie kamera tog as mens dit haastig nodig het??? Twee badslae later, stink Lapman darem nie meer nie. Maar glo my, hy het nou ‘n lus ontwikkel om drol dodgers te speel.

Gedagte van die dag: Ek hoop die kese kry ‘n ander raadsaal.

Geniet die naweek en bly veilg.

Freddie, ek hoop jy het al ‘n jawl in Suid Afrika.

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

Lank sal hulle lewe Ontspan

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 28, 2012 om 8:33 vm

    Eerste!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  September 28, 2012 om 8:33 vm

    😆

    Sies vir jou! Die bobbejane het jou niks gemaak nie, hoekom moet jy hulle so beledig?

    Antwoord
  • 3. gerdajansen1  |  September 28, 2012 om 10:28 vm

    daai hond is nes sy baas.

    Antwoord
  • 4. Sugel  |  Oktober 7, 2012 om 9:00 nm

    Wil hy nou regtig die kind ongedisseplineerd deur die lewe laat gaan? Nee, genade, my skat, as hy jou ma kan vloek en slegsê, jou gereeld verbaal kan laat deurloop en dan nog slaan ook, sal hy nie verander nie. ‘n Kind leer immers deur die voorbeeld wat aan hom gestel word. Hy het in sy kindertyd dikwels moes toesien hoe die werfetter wie sy pa is, sy ma geslaan het. Hulle sê die appel val nie ver van die boom af nie. Daar is die bewys. Duidelik en onteenseglik. Wil jy dit ook vir jou seun hê?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: