Verrassings

September 24, 2012 at 11:30 nm 11 Kommentaar

Man, ek hou van verrassings. Of doen ek? Nou weet ek ook nie meer nie. ek het onlangs ‘n pakkie in die pos ontvang. Ek het so half en half verwag dat dit die een of ander &^*% ^$#@(* *& *^%$#^& te,bemarker se foefie is. Ek het die pakkie taamlik langtand oopgemaak.

Ari gedori! Dit was toe mooitjies die lekkerste verassing nog. Binne in die pakkie vind ek toe….. dvd’s van Piet se tante, Kiepie en Kandas, Lelik is my offer, Grensbasis13 en Summer holiday. Daar was geen afsender besonderhede op die pakkie of vragbrief nie. Net eenvoudig Die adres van Kalahari.com. Met my naam op die vragbrief asof ek persoonlik die dvd’s van hulle bestel het.

Dit was regtig iets wat my weer laat glo het dat verrassings aangenaam kan wees. Aan die sender van die groot verrassing, baie dankie. Ek het regtig ure se kykgenot daarmee geniet. As ek nou jou adres gehad het, kon ek persoonlik dankie gesΓͺ het of ‘n briefie geskryf het. Aangesien ek weet dat ek onlangs van die flieks in ‘n skrywe genoem het, neem ek aan jy het hier gelees dat ek graag die flieks weer wou sien. Daarom wil ek die geleentheid gebruik om jou te bedank vir die geskenk. Wat veral verfrissend was, was die besef van hoe ongekunssteld ons in die verlede was. So jammer die onskuld en respek van destyds is moer toe ne.

Geniet die kort week.

Gedagte van die dag: Aan die Gautengers, sterkte met die etol. Ek neem aan julle het nie vuurpylwerpers nie. Ek ook nie.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Die lewe Mediesefondse

11 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  September 25, 2012 om 12:50 vm

    Ag, wat ‘n lekker verrassing! Ek qwens iemand wil vir my ook so ‘n verrassing stuur! met daar doer in die bosveld, dis lekker om te lewe en snip en rissiepit in. o ja en lord oom piet?

    Antwoord
    • 2. gerdajansen1  |  September 25, 2012 om 8:18 vm

      dis altyd lekker om sulke verrassings te kry. n mens verwag eerder irritasie, gemorspos en dom diens van die poskantoor. hoeveel lekkerder is so n verrassing dan net nie.

      Antwoord
    • 3. Olga  |  September 25, 2012 om 9:19 vm

      Lord oom Piet met Piet Pompies. Die spook van Donkerhoek. Eisj, dit was snaaks. Hulle het Snip en Rissiepit dvd’s week of drie terug in die Rapport uitgedeel. ek het dit ook ook gemis.

      Antwoord
  • 4. Olga  |  September 25, 2012 om 9:20 vm

    Dis ‘n feit, Gerdjie. Ek oorweeg dit altyd om ‘n ekstra bloeddrukpil te neem voordat ek na sulke plekke gaan.

    Antwoord
  • 5. Reinhardt  |  September 25, 2012 om 10:06 vm

    Dis mos nou ‘n lekker verassing!! Geniet dit. πŸ™‚

    Antwoord
    • 6. Olga  |  September 25, 2012 om 5:27 nm

      Ek het dit geniet. Gate uit.

      Antwoord
  • 7. Jan Twak  |  September 25, 2012 om 11:03 nm

    Grensbasis 13 Wow! Wat ‘n treffer!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  September 26, 2012 om 12:42 vm

      Regte Suid Afrikaanse aksie fliek en drink net, Ou “Worsie” hoef vir niemand terug te staan nie.

      Antwoord
  • 9. Kameel  |  September 25, 2012 om 11:13 nm

    Verrassings deur die pos is sowaar skaars. Al gedink ek sal nie omgee om net weer ‘n mooi handgeskryfte brief met lekker nuus in, in die pos te kry nie. Bly jy is so bederf!!!!

    Antwoord
    • 10. Olga  |  September 26, 2012 om 12:40 vm

      Ek ook> πŸ˜€

      Antwoord
  • 11. Xena Phoenix  |  September 26, 2012 om 9:58 vm

    πŸ˜† Dit is partykeer vir my amusant hoe verdag mense ‘n gegewe perd kan beskou. Daar is darem goed wat verniet is. πŸ˜‰

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: