Vrees

September 16, 2012 at 9:24 nm 11 Kommentaar

Eisj. Ek woon alleen. Oor die algemeen is dit heel o.k maar daar is aande soos vanaand wat ek eerder nie alleen sou wou wees nie. Njannies. Hier sit ek by ou Sally. Met ‘n rollie op my skoot.

Al wat hond is blaf weer vanaand asof hulle betaal word. Die bure se verklaring dat dit paartyd vir die bobbejane is, hou lankal nie meer water nie. Bobbejane is nie nag diere nie. Nes die mens, slaap hulle ook snags. Dit is weliswaar paartyd en die wetters baklei dat die donner bont op hulle staan, maar snags slaap hulle. Ek begin nou al nes die bure word. Ek kruip ook maar agter my toe gordyne en gesluite deure weg.

Solank my rollie gelaai is, en my no 7 breipen kiertsregop in sy houer op my bedkassie staan, voel ek deesdae ook al n veer vir dit waarvoor die honde mag blaf. Julle sal my nou nie glo nie, maar die bure wens ek wil van my honde ontslae raak, as daar geen honde is om te blaf nie, is daar mos geen rede tot kommer nie. Die ander buurkant ons kant van die waterval, trek binnekort en dan sal dit net my honde wees wat die “rus” sal versteur. Suid Afrika is nou al te lank SB. Of dan onder bbbee of so iets. Die logika het al afgesmeer. Ek keer darem nog vir al wat ek werd is. Maar ek sluip nie meer in die donker uit om te gaan loer wat die geblaf veroorsaak nie. Is dit in elk geval vrees wat ons laat wegkruip of net absolute belangeloosheid?

Gedagte van die dag: Kom ek om, so kom ek om.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Hou moed Drink a drink a drink

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Amedar Consulting Group  |  September 17, 2012 om 2:20 vm

    Amedar…

    I do accept as true with all of the concepts you’ve offered in your post. They’re really convincing and will definitely work. Nonetheless, the posts are very quick for newbies. May just you please prolong them a bit from subsequent time? Thanks for t…

    Antwoord
    • 2. Olga  |  September 17, 2012 om 9:16 nm

      Huh? Concepts I’ve offered?

      Antwoord
      • 3. jagternw1976  |  September 18, 2012 om 8:40 vm

        Dit is ‘n SPAM etter

      • 4. Olga  |  September 18, 2012 om 10:09 vm

        Wens ek kon die werfetters blok.

  • 5. gerdajansen1  |  September 17, 2012 om 12:01 nm

    😉 gaan jy vir hulle serpie brei met die breipen? jy moet dun breinaald vat en skerp maak soos die dreksels wet die honde maak.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  September 17, 2012 om 9:20 nm

      wetters, mag hulle in hulle eie breipenne val.

      Antwoord
  • 7. Olga  |  September 17, 2012 om 9:19 nm

    Dun breipen mag dalk frommel. Die 7½ is ‘n frisse. Mag goed penetreer voordat dit buig of breek.

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  September 18, 2012 om 11:21 vm

    Jy moet dalk dink aan trek. Dit is nie goed om met vrees te lewe nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  September 18, 2012 om 10:38 nm

      Ek tref net voorsorg. Ek word bang gebliksem en dit het nog nie gebeur nie. 😉

      Antwoord
  • 10. brieweuitdievreemde  |  September 19, 2012 om 5:59 nm

    Ek bly ook alleen. En soms haat ek die ‘mag’ wat vrees op ‘n mens kan uitoefen. Die probleem is ook dat – volgens my vorige ondervinding met aanvalle – hierdie tipe persoon operate nooit alleen nie: ‘they move around in packs’ soos my vriend eenmaal gese het. So terwyl ek nog dalk ‘n halwe kans staan – onvoorbereid, in die middel van die nag – teen een persoon, is daar nie veel wat jy kan doen teen ‘n gewapende ‘pack’ nie.

    Moet maar net bly glo in die goeie dinge van die lewe, die goeie mense om ‘n mens en ‘n sin van humor probeer behou (wat soms moeilik is in die land).

    Antwoord
    • 11. Olga  |  September 19, 2012 om 8:43 nm

      Baie moeilik. ‘n Mens kan net soveel kere lag vir dieselfde grap. Maki saki hoe dikwels die name verander nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: