Jaloers…. o, ja.

September 12, 2012 at 7:50 vm 3 Kommentaar

Man, ek wil nie tone trap nie.  Ek het hierdie jarelange vriendin.  Haar dogter en my Noolste Nolie was saam op skool.  Sy was twee jaar ouer as hym maar julle weet mos hoe dit gaan.  Die jaar wat hulle graad sewe, (ou st 5) was, het hulle mos ook bloktyd gehad.  Maar, toe hulle st 5 was, was my Tumi gr3 en het nie eksamen geskryf of bloktyd gekry nie.  Dus het Nolie al 11vm uitgekom maar ek moes 13.15 by die skool terug gewees het om Tumi op te laai.  Kom ek die middag by die skool terug en daar sit Petro, die vriendin se dogter en haar vier maats.  Sowat drie meter van die skoolhek af, reg oorkant die kerk en rook dat die dampe hang.  Toe hulle my gewaar, het hulle inderhaas die sigarette probeer wegsteek.  Ek het uit my kar geklim en gevra “Wat maak julle Petro?”  Sy het teen die grond vasgekyk en geweier om te antwoord.  Ek het haar tope gewaarsku dat ek haar ma gaan vertel.  In elk geval, toe ek haar ma vertel het, was haar antwoord:  “Ek glo dit nie.  Petro het asma en sy weet een sigaret kan haar dood veroorsaak.”

‘n Jaar later, Nolie het dertien geword in Gr 8 dus kon sy toe al vyftien gewees het.  Be that as it may.  Die dag het ek met Homer se skip gery pleks van my ou karretjie.  Ek het oorkant die melkery geparkeer en gesien dat die liewe Petro met die polisie mannetjie staan en gesels het.  Die man was op daardie stadium vreeslik beskinder omdat hy, ‘n verloofde man,  so met die tienerdogters rondgedraf het.  Ewentwel, juffie het saam met hom in sy kar, ekskuus, sy verloofde se kar geklim en hulle het weggery.  Ek het toe begin dink, sy was veronderstel om in die skool te wees, het nog haar skool uniform aangehad, wat het sy met die konstabeltjie gesoek?  Hulle het nie in die rigting van die polisiestasie of haar huis gery nie.  Ek het dus gaan melk koop en na my vriendin se huis gery.  Sy was nie daar nie.  Ek het haar gevra waar Petro is.  Sy het gesê in die skool waar sy hoort.  Toe het ek haar vertel wat ek gesien het.  Sy het ‘n string geswets en gesê dis nie die eerste keer nie.  Sy gaan die juffie se nek omdraai.

Ai, jai, jai.  Twee dae later het ‘n ander vriendin my vertel dat Amanda te vertelle het dat sy so gatvol is vir mense wie loop en stront verkoop van haar kinders omdat hulle jaloers op haar kinders is.  Pleks van hou hulle op om hulle kinders vas te hou en die kinders toelaat om hulle ouderdom te wees.  Ek het die ma vertel albei kere wat ek gesien het, net die ma en nou, vyftien jaar later, noem ek dit hier.  Maar daardie dag het ek my voorgeneem dat al sien haar wat ook doen, sal ek my gat daaraan afvee.  Dit het ek gedoen ook.  Met sukses.

Bid jou my verbasing aan elke keer as ek die asma lyer daarna as ‘n volwasse vrou gesien het,  500ml Coke onder die arm en ‘n lang sigaret in haar mond.  Die ander dag kry ek ‘n lang epos van haar ma.  Die dametjie is sowat vier jaar gelede van haar man geskei.  Nee, nie polisiekonstabeltjie van destyds nie.  Sy het twee kindertjies.  Haar gewese man betaal nie naastenby genoeg onderhoud om die kinders te onderhou nie.  Ouma moet hand bysit.  Ouma is die afgelope vyf jaar ‘n weduwee en het dit ook maar nie te breed nie.  Die oudste kind, nou nege is toetental onregeerbaar en maak nes hy wil.  Steel by die skool lekkergoed uit sy maatjies se tasse, pers hulle af om hulle snoepie geld te kry.  Is ‘n regte boelie en Mamma is nie daarmee gediend as Ouma haar skapie se gat aan die brand slaan nie.  Mamma was onlangs gelukkig genoeg om ondanks al haar siektes en skete ‘n werk los te slaan en Ouma moet nou na haar kinders kyk. Sy het gekla van hoe sy nie kan verstaan dat haar dogter niks slegs van haar seun wil glo nie.  Ek moes die IT mannetjie se skootrekenaar toemaak om te keer dat ek vir Ouma vra of dit nie ‘n klokkie lui nie?  Ek moes myself so in bedwang hou maar hierna sal ek haar epos kan antwoord en niks rep van geskiedenis wat ditself herhaal nie.  Ek mag dalk net weer met ‘n ompad hoor dat ek jaloers is.

Gedagte van die dag:  Sterkte Oumie, jy het die voorbeeld gestel.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Go Vodacom Ons seuns

3 Kommentaar Add your own

  • 1. rondomtaliedraai  |  September 12, 2012 om 8:31 vm

    Bose kringloop

    Antwoord
  • 2. Kameel  |  September 12, 2012 om 2:04 nm

    Nie lekker om te hoor jou bloedjies is nie altyd engeltjies nie. Maar ‘n mens kan net dankbaar wees as ander grootmense help kyk na hulle. Soos rondomtalie sê “bose kringloop.”

    Antwoord
  • 3. se moer  |  September 12, 2012 om 11:39 nm

    en jou kiners en kleinkiners is natuurlik so wit soos sneeu.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: