speel saam

September 4, 2012 at 9:25 vm 28 Kommentaar

Onthou julle nog al die ou laerskool raaisels waarop ons gefloreer het? Goeie Afrikaanse raaisels. Kom on kyk hoeveel ons kan onthou.

Seegogga, toortsie, Sallie die Kameel, Grieters, Jagter , hoeveel kan julle nog onthou? Ek hoop ek kan darem drie onthou.

1. Ek kap ‘n blok in hierdie land, sy splinters waai na n ander land. Wat is ek?
2. Vier loop in die pad, vier hang in die pad, een jaag vliee weg, wat is ek?
3. Hier kiep kiep, daar kiep kiep. woerts in die hoekie. Wat is dit?

Gedagte van die dag: Afrikaans bly my taal.

Advertisements

Entry filed under: Speel saam.

Rokers Voetspoor

28 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  September 4, 2012 om 9:42 vm

    Olga, ek kon nooit verder as hier kiep kiep kom nie,maar gee kans!

    Antwoord
  • 2. jagternw1976  |  September 4, 2012 om 11:51 vm

    Soek jy die antwoorde of nog raaisels ?

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  September 4, 2012 om 1:34 nm

    Oe! Oe! Ek hou van raaisels. En ek het die antwoorde van joune. Een van my gunstelinge is: “Twee vreemdelinge kom na die stad, die eerste is die vader van die tweede se seun. Hoe is hulle familie van mekaar.”

    Ons het nie juis raaisels op skool gedoen nie, maar ek sal kyk wat ek kan doen.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  September 5, 2012 om 4:54 nm

      man en vrou.

      Antwoord
  • 5. gerdajansen1  |  September 4, 2012 om 2:39 nm

    oe oee kan ek ook n raaisel opsit?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  September 4, 2012 om 4:37 nm

      ja, jy mag.

      Antwoord
    • 7. gerdajansen1  |  September 4, 2012 om 11:11 nm

      oom en tannie stry in die trein. oom smyt die tannie se hondjie deur die venster. tannie smyt toe sy pyp uit. todm die trein die stasie inkom, wag die hondjie op die perron. raai wat hang uit sy mond?

      Antwoord
      • 8. Xena Phoenix  |  September 5, 2012 om 2:02 nm

        Sy tong

  • 9. Kameel  |  September 4, 2012 om 3:23 nm

    Ek ken NIE die antwoord op eerste een nie…. maar, wel die ander twee!!! Ken die antwoord op Xena s’n.
    “Wanneer ek ingaan in ek wit; as ek uitkom is ek bruin…. wat is ek?
    “Wat is groen, lank, en jy sien dit in die veld. Wanneer die wind waai, waai dit saam. En dit het wielietjies?”
    Gaan so ‘n bietjie dink oor nog een 😉
    Wanneer hoor ons ivm die antwoorde?

    Antwoord
    • 10. Xena Phoenix  |  September 4, 2012 om 3:49 nm

      Ek is seker ons mag die raaisels antwoord. Ek wou net nie almal se pret bederf nie.

      Kameel, jy praat van ‘n brood.

      Olga se eerste raaisel is ‘n brief.

      Antwoord
    • 11. Olga  |  September 5, 2012 om 4:56 nm

      Wat is groen en lank Sally? Ek ken nie daardie ene nie.

      Antwoord
      • 12. Kameel  |  September 5, 2012 om 5:03 nm

        Gras.

  • 13. Kameel  |  September 4, 2012 om 4:29 nm

    Het nog ‘n raaisel: Het geleef, maar leef nie meer. Dra nog siel en liggaam mee.
    Antwoord op Xena s’n. Man en vrou 😉

    Antwoord
    • 14. jagternw1976  |  September 4, 2012 om 8:03 nm

      Geraamte ?

      Antwoord
      • 15. Kameel  |  September 5, 2012 om 12:46 nm

        Nee jagter….. nie ‘n geraamte nie 🙂 Leerskoene.

  • 16. seegogga  |  September 4, 2012 om 6:06 nm

    Die eerste is mos ‘n brief. Danis dit mos ‘n koei( wat in die pad loop), En die derde…… my troue bondgenoot: die besem! Nou het ek my ouderdom goed weggegee. Nou wat is dit? so groen soos gras, so wit soos was, so rooi soos bloed, so swart soos roet, so suikersoet????

    Antwoord
    • 17. gerdajansen1  |  September 4, 2012 om 11:12 nm

      waatlemoen.

      Antwoord
    • 18. Olga  |  September 5, 2012 om 4:56 nm

      Alles reg Krappie.

      Antwoord
  • 19. Kinderraaisels | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie  |  September 4, 2012 om 6:49 nm

    […] het ‘n blogspeletjie begin en vir my getag. Sy sê ons moet vertel watter laerskool raaisels ons gevra het. Ag, en ek was […]

    Antwoord
  • 20. gerdajansen1  |  September 4, 2012 om 11:15 nm

    oom jan is n slagter. hy is 1. 8m lank. sy middelmaat is 1.7m en sy skouermaat is 1.5. wat weeg hy?

    Antwoord
    • 21. seegogga  |  September 5, 2012 om 12:44 vm

      hA! Vleis???

      Antwoord
      • 22. gerdajansen1  |  September 5, 2012 om 1:44 nm

        😀 ja.

  • 23. Raaisels « Herriemerrie  |  September 5, 2012 om 10:08 vm

    […] Olga het my huiswerk gegee oor die raaisels wat ons in die laerskool vir mekaar gevra het.  […]

    Antwoord
  • 24. arina  |  Mei 30, 2014 om 8:40 vm

    Kan iemand my asseblief help met rympies vir geskenkies by n ooievaarstee

    Antwoord
  • 25. bike rider  |  November 14, 2014 om 7:30 vm

    Ek het n raaisel.
    Daar is n twee verdieping huis en n man het hom self gehang en al wat daar in is,is n glade vloer.hoe het hy hom gehang

    Antwoord
    • 26. johanna  |  Julie 20, 2016 om 6:59 nm

      Feel and die antwoord.

      Antwoord
  • 27. danielle  |  April 20, 2015 om 9:50 nm

    Ek ken 2 van jou raaisels se antwoorde
    En ek is 17 jaar oud
    1. Se antwoord is n brief

    3. Se antwoord is n beesim

    Antwoord
    • 28. Olga  |  April 21, 2015 om 11:08 vm

      Pragtig Danielle. Dit maak my baie bly as jong mensies bekend is met die Afrikaanse taal. Dankie vir die inloer. Maak gerus wees so,

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: