Ek en die internet

Augustus 31, 2012 at 7:58 vm 6 Kommentaar

 

 

Ek het die ander dag op die internet rond geneus oor hoe om rose te snoei.  net die aand daarna, het ek op Pasella gesien hoe.  😉

Nou nie dat ek nie geweet het hoe nie, maar mens wil mos maar altyd seker maak.  Ek het mos reeds net twee, nee, drie roosbome en twee miniatuur roosbome.  Op een webwerf lees ek toe dis nou (Aug) die tyd om rose te snoei en Pride of India netjies te kry.  ek het toe besef dat ek die naam ken, maar kon vir my lewe nie onthou hoe die plant / struik / boom lyk nie.  Nou kyk, ek is vreeslik nuuskierig.  Toe het ek begin rond soek na die “Pride of India” ding.

Ek het wragtig alles van ‘n bordeel, (Ja, n regte egte hoerhuis) tot ‘n restaurant en wie weet wat nog gekry maar geen blerrie plant nie.   Ek wil ‘n Keith Kirsten tuin boek hê.  Viga?

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag:  Geld kan ‘n huis bou,  dit vat liefde om dit ‘n tuiste te maak.

Advertisements

Entry filed under: Hoogsb4k.

Diens? Gmf! Rokers

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Augustus 31, 2012 om 9:47 vm

    My Icebergs blom nog so pragtig (die hele winter deur geblom,) dat ek dit nie oor my hart kan kry om hulle te snoei nie. Nou het jy my ook aan die dink oor die Pride of Indië – netnou netnou grawe ek al my “Garden” tydskrifte uit op soek daarna. En ek verwag glad nie om ‘n ring daar te vind nie 😉

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 31, 2012 om 8:20 nm

      As jy kan, sit asb pride of India foto op of epos vir my. Ek kry steeds niks.

      Antwoord
      • 3. Kameel  |  Augustus 31, 2012 om 9:54 nm

        Sodra ek iets kry stuur ek vir jou 😉

  • 4. Xena Phoenix  |  Augustus 31, 2012 om 5:17 nm

    Myne is ook vandag geskroef

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  Augustus 31, 2012 om 10:18 nm

    Tik: Pride of Indië tree.Dit maak oop op ‘n webblad. Kies die een wat sê: PlantFiles Detailed Information on Pride of India Banaba Queen. In die lyn net onder dit staan daar in groen geskryf: davesgarden.com…..
    As jy op daardie een ingaan maak dit op pragtige fotos van die Pride of India oop. Die fotos is klein maar wanneer jy op hulle click maak hulle groot oop.
    As jy nog nie regkom nie, laat weet…. sal sien of ek dit vir jou kan aflaai 😉

    Antwoord
  • 6. Olga  |  September 1, 2012 om 3:58 nm

    Dankie vir jou moeite Sally. Ek het gekry.
    ek het nou ‘n goeie idee wat dit is.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: