Diens? Gmf!

Augustus 30, 2012 at 7:51 vm 6 Kommentaar

Ek het Sondag oppad huis toe gou by die Sasol vulstasie op die Nelspruit / Witrivier pad, net voor die Sabie afdraai ingetrek om die Fordjie vol te maak.  Twee petrol joggies was by die diensvenster besig.  Twee ander was op daardie stadium besig met ander kliënte.  Ek het solank die datum en so aan in my logboek geskryf en gewag vir diens.  Die ander twee motors was reeds gehelp en weg en ek het nog gewag.  Dis mos die Nuwe Suid Afrika.

Toe trek daar ‘n swart Mercedes AMG (????) lang my in en die joggies trap mekaar amper dood om eerste daar te wees.  Intussen wag ek steeds.  Die drieloop dood luiters terug na die diens venster.  Toe draai ‘n Jeep Cherokee in en weer hardloop die ander drie om eerste daar te wees en die uwe wag.  Die vbestuurder van die Merc het ingestap na die winkel en teen die tyd dat hy daar uitgekom het, het die joggie net omtrent elke glasruit op sy wa gepoets.  Een joggie was besig om die Jeep te dien en twee ander gesels by die ruit.  Die Fordjie se petrol liggie het al gebrand net nadat ek by die lughawe is, daarom wou ek opvul voordat ek die tog Sabie toe aanpak.  Daar trek toe ‘n SUV (ek weet nie wat nie) in en die stormloop gebeur weer.  Een van die verloorders was reg teen die Fordjie toe ek die blikskottel gevra het of hulle nie vroue help nie.  Toe vertel die swerkater my “If you want to complain, the manager is inside.

Vuilgoed!  Ek vertel hom dat ek daar sal kom sodra die Fordjie se pens vol is.  Ewentwel, hy gesels toe vreeslik met die ander terwyl die petrol intap en al wat tussen die “gorro gorro” wat uit sy mond verstaan is “complain” en hy en sy kollegas skree soos hulle lag.  Toe die tenk vol is, vra hy baie hoopvol of hy die venster kan was en die banddruk kan nagaan.  Onnosel wat ek is, sê ek ja.  Hy was by elke band besig en ek was verbaas want drie weke voor dit, was die druk ook nagegaan en dit was almal reg.  Toe hy klaar is, “gorro gorro” hy steeds bo oor my kop en ek gaan parkeer die fordjie sonder om hom ‘n fooitjie te gee.

Binne vra ek die diensvenster klerk wie ook sommer tilkielie binne die winkel om met die bestuurder te praat.  Hy het na die deur wat oopgestaan het gekyk en my geignoreer, soos ‘n stopteken voor die bordeel waar alle produkte op special is.  Nadat ek sowat twee minute gestaan en wag het, het ek na die deur gestap en hy het dit feitlik in my gesig toegeklap.  Toe het ek maar gemaak soos Jesus sy dissipels beveel het, ek het die stof van daardie plek van my voete afgevee en die plek verlaar sonder om terug te kyk.  Drek!!!

Nou dat ek weet dat luukse motors meer betaal per liter petrol, dat hulle nie vroue wil bedien nie en ook nie simpel Fords nie, sal ek nooit weer na die Sasol Garage op die Nelspruit / Witrivier pad gaan nie.  Oor die agt jaar wat ons in die Laeveld woon, het ons al dikwels daar petrol ingegooi.  Dit was nou egter die laaste keer.  Net so vir ‘n nagedagte, toe ek gister in die dorp was, het ek laat banddruk kyk omdat die kar net nie soos gewoonlik gehanteer het nie.  Alvier wiele was volgens Richard tussen 140 en 160 pleks van die gewone 200.

Gedagte van die dag:  Laat ek maar nie sê wat in my kop aangaan nie.  Ek sal ‘n goeie poltergeist wees.

Ongelukkig is my Sally vol stooi.  Die bluetooth wil nie werk om die foto’s van die ywerige joggies om die Merc op te sit nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Ek “vlieg” solo Ek en die internet

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 30, 2012 om 8:34 vm

    Eerste!!!!

    As ek jy is, bel ek die stasie se eienaar. Jy sal verbaas wees oor hoe hulle dinge kan uitpluis en hoe sekere mense sal hop.

    Antwoord
    • 2. gerdajansen1  |  Augustus 30, 2012 om 11:29 vm

      bbbee! het die moere seker self die “ropes” geleer.

      Antwoord
      • 3. Olga  |  Augustus 30, 2012 om 2:51 nm

        Dom fokkers.

  • 4. gerdajansen1  |  Augustus 30, 2012 om 11:34 vm

    ek het jou mos gese. dit het ons ook al oor gekom. dan het mnr gery. so hulle het dit nie net teen vroue en fords nie maar teen ouerige bmw’s ook.

    Antwoord
  • 5. gerdajansen1  |  Augustus 30, 2012 om 11:35 vm

    of miskien teen wit mense?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 30, 2012 om 2:52 nm

      Ek dink dit is die most likely verklaring.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: