Reader appreciation awards

Augustus 28, 2012 at 9:12 vm 15 Kommentaar

Alta Cloete, het my getag. Baie dankie Alta. Dis ‘n goeie idee om soms so bietjie te steel om Afrikaans ook interessant te maak. After awl, Afrikaans is uit baie ander tale gesteel en ons eie unieke taal gemaak.

Sewe dinge wat niemand eintlik van my weet nie:

1. Ek is bang vir donker. As die krag byvoorbeeld afgaan, daardie oomblikke wat dit piksgietgatwartdonker is, maak my absoluut baie bang.
2. Ek hou nie van werk nie, dit maak my moeg.
3. Ek pes strykwerk.
4. Ek is baie bygelowig.
5. Ek is ‘n sucker vir ‘n snot storie.
6. Ek het alleen in ‘n vliegtuig geklim.
Net ek en my vrees om met my kleinsus en haar seuns te kuier.
In ‘n klein vliegtuig en amper aan die skree gegaan.
7. Ek eet susji met ‘n vurk of sommer met my hand.

Op my beurt nomineer ek
1. Grieters,
2. Freddyburger
3. Reinardt,
4. Seegogga en
5. Hoendersop om saam te speel.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Eureka Ek “vlieg” solo

15 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 28, 2012 om 11:08 vm

    Eerste!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 28, 2012 om 11:09 vm

    Jy was alleen in ‘n vliegtuig? Hoe het dit gebeur? Iemand jou oor die kop geklits en opgesleep?

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Augustus 28, 2012 om 10:17 nm

      Ek het self opgeloop. Een tree na die ander. (Daar was ander passesiers.)

      Antwoord
  • 4. Toortsie  |  Augustus 28, 2012 om 2:09 nm

    Die een maal wat ek sushi geeet het, was dit ook met mes en vurk…. ‘n sekere merrie het haar amper dood gelag!!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 28, 2012 om 10:23 nm

      Daardie merrie maak in my geval seker dat daar nie mes en vurk naby susji kom waar ek is nie. Dis glo heiligskennis.

      Antwoord
      • 6. Xena Phoenix  |  Augustus 29, 2012 om 8:27 vm

        Dit is beslis sonde om sushi met ‘n mes en ‘n vurk te eet. Dit is amper so besimpeld as om slap chips met ‘n teelepel te eet. Belaglik.

        Die hand is heel aanvaarbaar, maar chopsticks is baie makliker as wat dit lyk.

    • 7. Olga  |  Augustus 29, 2012 om 2:09 nm

      Lyk dit vir jou of ek trekogies het? As ek daardie stokkies gebruik, land die susji altyd in my skoot op. Dis nou as ek dit vasgevat kan kry.

      Antwoord
      • 8. Toortsie  |  Augustus 29, 2012 om 2:12 nm

        Ek is nou ‘n ouma. En dit beteken dat ek oud genoeg is om sushi met mes en vurk te eet. Jammer vir almal wat hartaanvalle of oorvalle of what have you’s kry…. 😆

  • 9. Kameel  |  Augustus 28, 2012 om 4:48 nm

    Lag ek nou vir die hou nie van werk nie, dit maak my moeg 😆

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Augustus 28, 2012 om 10:18 nm

      Dit doen Sally. Dit maak my hond moeg.

      Antwoord
  • 11. Reader appreciation award en sewe sondes | Seegogga se Bloggie  |  Augustus 29, 2012 om 12:19 vm

    […] nie as 3 wonderlike bloggers het vir my ‘n toekenning gegee en gevra ek moet skryf . Hulle is OLGA, wat wonderbaarlik haar ring weer tussen ‘n klomp tydskrifte gekry het; Toortsie, my baie […]

    Antwoord
  • 12. 7 geheime « Herriemerrie  |  Augustus 29, 2012 om 8:44 vm

    […] Olga het huiswerk uitgedeel en gaan my ore trek tensy ek saamspeel.   Ek hoop sy is tevrede met ‘n gedeeltelike saamspeel.  […]

    Antwoord
  • 13. Sewe dinge wat julle nog nie weet nie… « hoendersop  |  Augustus 29, 2012 om 12:40 nm

    […] Olga vir die Reader Appreciation Award – hiervoor sal ek tyd maak (gelukkig het ek gisternag so […]

    Antwoord
  • 14. Reinhardt  |  September 12, 2012 om 2:05 nm

    Olga, dit het my ‘n rukkie gevat maar ek het my “awards” stukkie gepos. In my verdediging, ek het pas huis getrek so die tyd was bietjie min…

    Antwoord
  • 15. Reader Appreciation | Through My Lens  |  April 2, 2013 om 12:48 nm

    […] recently read Olga’s blog and saw my name at the bottom! Yay! Her post was titled Reader Appreciation Awards and I was one of […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: