Wys my….

Augustus 16, 2012 at 10:25 nm 5 Kommentaar

Brakpan se mense. Mensig, hulle is uniek.

Ek sien nie op hulle neer nie. Ari gedori. Ek het self tyd in Brakpan ingesit. Dis mos Homer se tuisdorp. In my tyd daar, het ek ‘n Dalmatiese hond gehad. Kyk, sy was nou wragtig die gehoorsaamste hond wat ek gehad het. Dit was nooit nodig om eers my stem te verhef nie, Sy het geluister. Eerste keer, elke keer. Sien hoekom ek nie op Brakpan neersien nie?

Ewentwel, ons kry toe nuwe bure en daar het hulle wragtig ook ‘n Dalmatiese hond. ‘n Reun. Toe was almal behalwe ek spyt dat ek Lisa laat regmaak het voordat sy nou regtig ryp was. (Net interessantheidshalwe, dit was 1980 en die sterilisasie het my net mooi R27 gekos.)

Een middag is daar ‘n klop aan die deur. Skuus. ‘n Gehamer. Ek het gaan oopmaak en daar het die buurman, drie huise weg aan die anderkant gestaan. “Middag” het ek gegroet. “Ja dag!” byt die vent dit gemete af. “Ek is hier oor jou hond.” Seg die perd. “Wat van my hond?” Vra ek. “As jy nie kos vir jou donnerse hond het nie, kom klop aan my deur en vra en ek sal jou gee.” Gmf. Die vermetelheid. “Kyk, as dit ‘n skimp is om bietjie hondekos te kry, gaan haal ek gou vir jou ‘n bietjie.” Vererg ek my toe ook. “Slimpraatjies gaan jou niks help nie. Jou donnerse hond kom vreet elke dag my honde se kos op, baklei met hulle en dan pis die ding nog teen die deur ook.”

Kyk, ek kon nie ‘n woordjie inkry nie. Hoe meer ek probeer intjip met ‘n aanmerking, hoe vinniger en harder praat hy. Hy sal dit doen en dat doen as ek dan nou nie my brak in die erf kan hou nie, sal hy die kollehond self by die DBV gaan aflaai. Ek staan toe maar ek luister. Want ek sien dat hy besig is om stoom te verloor. Toe eindig hy met “As daai donnerse ding” en hy beduie na waar my hond in die agterplaas fyn tjank geluidjies maak “weer sy poot teen my agterdeur kom lig, skiet ek die ding morsdood.” Met die sak my hond op haar hurke om haar ablusies te doen. Toe was dit my beurt om te snip “Wys jy vir my ‘n teef wat haar poot lig en ek wys jou iets anders”

Daardie perd het sowaar gebloos en op sy hakskene omgetol en by die hek uitgestorm. Gelukkig was dit voordat Gina in ons lewe gekom het. Anders sou ek moes uithaal om hom iets anders te wys. In haar boek was “squat” plak en klaar.

Gedagte van die dag: Haastigheid is lastigheid.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Water onder die brug Viva SAPD

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Augustus 17, 2012 om 1:26 nm

    Ai, ai…. wys ‘n mens jy moet seker wees van jou feite voordat jy die bul by sy horings pak.

    Antwoord
    • 2. gerdajansen1  |  Augustus 17, 2012 om 1:55 nm

      pleks van die bul het hy die olga by die horings try pak. šŸ˜€

      Antwoord
  • 3. gerdajansen1  |  Augustus 17, 2012 om 1:57 nm

    mislike vent. die ander dalmation se baas was seker n man.

    Antwoord
  • 4. jagternw1976  |  Augustus 19, 2012 om 1:35 nm

    He he. Jy het seker gehoor wat maak ‘n Brakpanner met ‘n Goue olimpiese medalje ? Hy chrome hom pappie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 19, 2012 om 2:43 nm

      šŸ˜‰ my mense ken van.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: