Water onder die brug

Augustus 16, 2012 at 7:25 vm 3 Kommentaar

Ek het hoendertjies sedert 1998 gehad.  Ek het dikwels vars eiers en vars hoendervleis op die tafel gehad.  Soms het hulle my ingeloop en hulle eiers self op gevreet en ander kere het die valke gesorg dat ek geen kuikens in hoenders gesien ontwikkel het nie.

Vir April en Mei, het dertien hoenders en vier makoue net eenvoudig verdwyn.  Hulle kon net sowel hulle tassies gepak en getrek het, so weg was hulle.  Ek het mos vir Lapman in pleegsorg.  As ‘n mens “Downsindroom” onder diere kry, is Lapman defnitief ‘n slagoffer.  Ek het alles in die boek probeer, hy kon geen veer uitlos nie.  Ook nie vir ou Blaffer nie.  Genugtig tot nou toe nog toe.  Hy weeg so amper soos demmit vloek is 10 kg.  Blaffer trek die skaal by 45kg,  alles spiere en weefsel.  Bitter min vet.  Tog elke keer dat Lapman naby Blaffer kom, val hy hom met mag en mening aan.  Ongelukkig vir Lap word Blaffer nes Olga, net sover gestoot en niks verder nie.  Dan moes ek gaan bloed afwas.  Soos reeds genoem is die ouman nie ‘n bakleier nie, anders sou Lappe lankal oorle Lappe gewees het.  Die wonde was sover gelukkig elke keer net veldiep.  Bottom line is, hy leer nie.  Hy los nie vir Blaffer uit nie.  Ook geen hoender nie.

Tog moet ek hier dadelik vertel dat hy nie vir die verdwyning van die hoenders verantwoordelik was nie.  Dit het my verder oortuig toe die laaste haan op die werf te mak geraak het.  Lapman het hom beetgekry en op sleeptou geneem.  Drie treë verder het die haan hom getou.  Dan het hy weer die bordjies verhang en die haan gesleep.  Ek het hom nie eers daar ontmoedig nie, net toeskouer sonder popcorn geword.  Glo my, nie een van die twee het gewen nie.  Bessie het later die haan gaan bevry.  Ewentwel, ek twyfel sterk of ‘n jakkals groter of swaarder as Lapman is en hy kon nie die hoenderhaan baasraak nie.  Die hoenderhaan was nog nie heeltemal volwasse nie.  Meeste van die hoenders wat verdwyn het, was groter as haantjie Daantjie.  Dus twyfel ek of die jakkals so gelukkig was.

Iets wat my ook opgeval het met Lapman se onderonsie met haantjie Daantjie was die geraas, nie een van die twee het in stilte gestry nie.  Ook was daar vere net waar hulle getou het.  Maar toe probeer almal my oorreed dat jakkals vrygemaak het onder my hoenders en makoue. Ek twyfel sterk. Ek het elke keer dat ek agtergekom het dat daar ‘n hoender weg was, gaan soek. Ek het veer nog voël gevind. Dit was mens hande wat my pluimvee weggedra het. Die bliksems. Werfetters. Lokasie kak. Dis wat my pluimvee laat verdwyn het. Ek het niemand vleis op hulle borde geskuld nie, daarom het ek toe maar die 15 hoenders wat nog oor was, en die drie makoue weggegee.

Wanneer ek buite vir die honde fluit en net die honde en kat daag op, dan mis ek nogal die hoenders. Hulle het altyd met die honde resies gejaag om eerste by my te kom. Hulle het ook altyd ‘n storie te vertelle gehad. Nie dat ek altyd verstaan het wat hulle gesê nie, maar ek het altyd hulle “drift” gekry. 😉
Gedagte van die dag: Wees goed vir wat jy het terwyl jy dit het.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Telebemarkers, pasop deel 2. Wys my….

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Reinhardt  |  Augustus 16, 2012 om 9:41 vm

    Pragtige storie Olga, met so bietjie snaaks, so bietjie die donnder in en so bietjie heimwee. Ek sal jou glo jy mis hulle, meer so omdat jy gedwing was om hulle weg te gee. Maak mens sommer die hoenners in. 🙂 Darem het jy nog die honne en die kat.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 16, 2012 om 10:58 vm

      net so.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Augustus 17, 2012 om 1:21 nm

    En daar was jy alweer op soek na jou hoenders!!! Kan dink die erf het leeg gevoel sonder hulle. 😦

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: