Papa

Augustus 13, 2012 at 8:12 vm 6 Kommentaar

Die ander dag, vrouedag om presies te wees, wou ek galbraak omdat die liewe ANC alweer vroue so gering geskat het dat daar ‘n Vrouedag ingestel moes word, want op die ander 364.25 dae van die jaar, is mans mos superieur aan vroue.

Maar ek kon myself nie sover kry nie.  Later toe ek bid, het ek geweet hoekom nie.  Dit was presies drie en dertig jaar sedert my Papa teruggeroep was huis toe.  Hy het geen vrees vooraf gehad nie.  Hy het nog gestaan en grappe vertel, toe hy inmekaar gesak het.  Toe hy die dek van sy boot getref het, was hy reeds dood.

As ek aan my Papa dink, dan onthou ek altyd die prettige tye.  Weet julle, my Papa was ‘n groot man.  Tog het ‘n sagte hart gehad.  Ek kan onthou hoe hy met ons gespeel het.  Hoe hy gesit het.  Geduldig kiertsregop terwyl my ouer sus, jonger sus en ek oor sy kop heen baklei het oor wie waar sy hare gaan “doen.”  Menige borsel houe het op sy kop neergereën terwyl ons ons “gebied” op sy kop afgebaken het.  Dit moes die rede gewees het hoekom hy ons altyd in poppe gehou het.  Poppe met lang hare.  Dat hy kon vrede hê van die drie hareborsel aanslag op sy weerlose kop.

Hy het my en my jonger suster geleer brei.  Hy op ‘n stoel, sy en ek op sy voete.  Kyk, dit was die beste gemakstoel wat enige kind kon hê.  Ewentwel, dan het ons aldrie gesit met sesduim spykers en gebrei dat die biesies bewe.  Elke dan en wan het of hy ons ons gryse ou Moedertjie gate moes toe toor.  Om nie te praat van plek maak op die spykers nie.  Hy sou ons help om tien steke op te stel.  Later was daar nie meer plek op die spykers oor nie, soveel steke het ons bygekry sonder dat ons breiwerkie in lengte gegroei het soos syne.

My jonger sussie en ek was al groot, dan het ons nog geleentheid winkel gekry.  Sy op sy nek, hoog bo die aarde.  Ek bo op sy voete.  (Ja, ja!  hy het meer as een kar gehad.)  In die winkel gekom, was ons eers na die lekkergoed-rak geneem om vir ons ‘n eetdingetjie uit te soek.  Dan sou hy mos sonder sy pakkasie kon terugloop huis toe.  😉

Vandag sou sy 86ste verjaardag gewees het.  Daddy, ons mis u nog baie.  Dankie vir al die juweeltjies wat u in ons herinneringe gesaai het.

Gedagte van die dag: Ai, hy was so vroeg van ons weggeneem.  Voordat ons kinders hom kon ken.

Till we meet at Jesus’s feet.

Advertisements

Entry filed under: Hartsake.

Klein projekte kragte gedaan?

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Reinhardt  |  Augustus 13, 2012 om 8:30 vm

    Pragtig geskryf Olga! Dit klink of hy ‘n besondere man was wat vir julle wonderlike herinneringe gelaat het!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 13, 2012 om 9:39 nm

      Dit was hy ook, Reinardt.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Augustus 13, 2012 om 10:37 vm

    Klink na ‘n besonderse man. Een wat verdien het om die koning van sy kinders te wees.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 13, 2012 om 9:50 nm

      Hy kon ook maar goed bekonkel gewees het.

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  Augustus 13, 2012 om 3:54 nm

    Hoe wonderlik om sulke kosbare herinneringe te hê.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 13, 2012 om 9:48 nm

      Inderdaad.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: