Klein projekte

Augustus 10, 2012 at 7:57 vm 6 Kommentaar

Ek weet lankal dat ek beter vaar om klein projekte te voltooi as grotes.  Groot projekte word later net ‘n gewete saak.  Ek verwys nou na brei en hekel projekte.  Elke dan en wan begaan ek ‘n fout, trek los en brei of hekel oor.  Dan sit ek die ou werk neer en raak dikwels vir maande der maande nie weer daaraan nie.  Met die kleiner goedjies is ek egter op die bol.

Dog elke dan en wan pak ek oor entoesiasties ‘n groter projek aan.  So het ek dan ook ‘n hele gelede ‘n trui begin.  Ari, gedori.  Dan maak ek ‘n kas oop en ‘n pant loer vir my.  So het ek verlede week gaan sit en besluit, wat moet klaar, moet klaar.  Toe sien iemand weer die klein projekte waarmee ek besig was en dit kon nie hoër of laer nie, sy moes ook hê.  Toe kom kuier nog iemand, en hello, sy is ook hier weg met ‘n ietsie uit my sak.  Wat meegebring het dat ek inderhaas nog twee goedjies moes brei.  Vandag egter, het ek gaan sit en klaar gemaak wat so lank terug reeds begin was.

Dit is waarmee ek begin het.

Dit was wat ek vanmôre uitgepak het.

Na ‘n bietjie puzzle bou was dit wat my in die gesig gestaar het.

Dit …… is wat ek môre gaan was.

Gedagte van die dag:  Aanhouer wen.

Geniet die naweek en bly veilig en warm.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Vrouedag Papa

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Augustus 10, 2012 om 10:06 vm

    Ek is beiindruk, regtig … ek brei net blokkies en hangers en serpe….’n trui val in hogere klas. Hekel nie eens dra dinge nie net daintie randjies en kantjies en krale hangers met gare …. en ek het ‘n nimmer-immer laai, daar waar onvoltooide goeters beland.
    Trots op jou !!! Maggentagtag …dit is darem mooi kleur en trui hoor!!!

    Antwoord
  • 2. Kameel  |  Augustus 10, 2012 om 10:19 vm

    Goed vir jou!!! Dit is soooo lekker om ‘n afgehandelde projek te sien 🙂 Ek raak benoud as dinge vir my lê en wag…. dus sal ek met ‘n rok, of trui stoei totdat dit klaar is. Waag dit nie om iets in ‘n kas “vir later,” te druk nie… die ding sal by my spook 😯

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Augustus 10, 2012 om 11:45 vm

    ek wonder of ek nog n broekie het sonder n knoop.
    Wp begin my nou 👿 beproef.

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Augustus 10, 2012 om 11:51 vm

    dankie, dankie. 😀 ek het nie gnoeg laaie om 1 as n GEDULDIGE LAAI in te span nie. *fluister* dit keer my glad nie om n lapsak te gebruik nie.

    Antwoord
  • 5. gerdajansen1  |  Augustus 13, 2012 om 7:45 vm

    gee jy brei lesse?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 13, 2012 om 9:49 nm

      Wil jy leer?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: