Ou flieks

Augustus 7, 2012 at 7:28 vm 5 Kommentaar

Afrikaanse Afrikaans.  Weinig vloekwoorde.  Weinig geweld.  Swak beeld.  Klank maar so – so.  Wat gee ‘n ou fliek dan so ‘n bekoring?  Ek meen nou ‘n ou Afrikaanse fliek.  Die afgelope naweek was my noolste Nolie en sy Mina tuis vir die naweek.

Ons het later besluit om ‘n dvd te kyk.  Nolie het die dvd gekies.  “Ma Skryf matriek” was sy keuse.  Kan jy nou meer.  Daar sit en brul hulle van die lag.  Hulle het dit ent uit gekyk.  Sy tweede keuse was ‘n hedendaagse fliek “Have you heard about the Morgans” ag, dit was nie tien minute later nie, toe speel die dvd vir ditself.  Geen kykers nie.  Die tegnologiese wonder kon toe nie opweeg teen ‘n bietjie humor uit die 1970’s nie.

Ek wil graag “Grensbasis 13″ met my kinders kyk.  Oeee, en die spook van Donkerhoek.”  Ag, en “Piet se tante.”   Dit was ook  maagpyn snaakse flieks daar uit die jare toet.  Of die aangrypende “Lelik is my offer.”  Watter ou Afrikaanse fliek het jy gekyk en so geniet dat jy dit nog onthou?

Gedagte van daie dag:  Afrikaans kan nie sterf met sulke juweeltjies nie.

Entry filed under: Go Go.

Geloof so groot Sug Sug So

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Augustus 7, 2012 om 12:41 nm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Augustus 7, 2012 om 12:44 nm

    Ek weet darem nie. Ek gee toe daar is hier en daar juweeltjies. Maar genugtig, daar is ook die grootste klomp snert onder die Afrikaanse flieks. My gunsteling (hoewel, dit is darem in die 90’s) is Klara Viljee. Ek het my gat afgesoek tot ek dit gekry het. Ek het ook baie van Kiepie en Kandas gehou.

    Wena Naude was egter briljant.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Augustus 7, 2012 om 10:11 nm

      Skuus man, ek wou nie te kenne gee dat alle Afrikaanse flieks die kyk werd is nie. Ander van hulle is louter kak.

      Antwoord
  • 4. Louis  |  Augustus 23, 2012 om 12:21 nm

    My pa Louis de Villiers was die skrywer van Ma skryf Matriek. Hy was egterv self ongelukkig oor die feit dat hulle die hele karakter van die storie verander het!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 26, 2012 om 6:14 nm

      watter storie verfilm hulle sonder om dit onherkenbaar op te 4k?

      Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter