Geloof so groot

Augustus 6, 2012 at 8:44 vm 8 Kommentaar

‘n Paar maande gelede bel ‘n kennis my en sê dat sy iemand na my omgewing bring vir ‘n onderhoud dan gaan sy kom inloer vir tee en ‘n gesels.  Great het ek gedink.  Dis buitendien te koud vir tuinwerk.

Sy het gekom en ons het heerlik gekuier.  Op ‘n stadium swaai die onderwerp na geloof.  Sy behoort aan geen spesifieke geloof nie, maar neig na die “charismatiese.”  Wie is ek dus om te stry?  Ek myself sal nog nooitste nimmer toelaat dat ‘n verpleegster my hartklep vervang nie, waar gaan ek toelaat dat ‘n ongeletterde met my siel werk?

Maak nie saak nie, elkeen na sy smaak, nie waar nie?  Sy vertel my van mense wie sy gesond bebid het nadat spesialiste hoop opgegee het en die mense dan wonderbaarlik herstel het.  Sy vertel my dat God haar een nag wakker gemaak het en vertel het om hospitaal toe te gaan.  Daar gekom, het Hy haar beveel om by ongevalle in die tou te gaan sit.  Sy het aangeneem iemand het haar gebede nodig.  Toe dit dus haar beurt kom om die dokter te sien, het sy opgestaan want sy het geweet sy moes aan Hom gehoor gee.  Die volgende wat sy bewus van geword het, was drie dae later toe sy in intensief wakker geword het.

Sy het net daar, oppad na die ondersoek kamer, ‘n beroerte gehad.  Sou sy die olel tuis gehad het, sou sy nie eers die rit hospitaal toe oorleef het nie.  Hoe wonderlik tog is die gawe wat sy ontvang het.  Hoe wonderlik om so te gehoorsaam.  Ag, hoe wonderlik om te herken as Hy jou ‘n opdrag gee.

Gedagte van die dag:  Geen besluit in die lewe is te klein om God se leiding te vra nie.  Jy mag dink jy weet wats die beste, maar Hy weet vir seker.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Wife Ou flieks

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Augustus 6, 2012 om 10:28 vm

    Persoonlike mening… Bybelstudiegroepe – ek weet nie of ek as leek my soms moet laat lei deur verklarings van tekste en sienings van gewone mense wat die Woord ook maar interpreteer soos wat hy/sy goeddink of glo , nie ? Ek weet nie!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 6, 2012 om 9:23 nm

      As een leek deur ‘n ander leek gelei word, waar sal dit eindig Dirkie?

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Augustus 6, 2012 om 12:16 nm

    Gehoorsaamheid aan God se stem….. tot in die middel van die nag. Wat ‘n getroue diensmaagd.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 6, 2012 om 9:25 nm

      Dit wil gedoen word, Sally.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Augustus 6, 2012 om 4:21 nm

    Dit is ‘n amazing storie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 6, 2012 om 9:25 nm

      het ek ook gedink.

      Antwoord
  • 7. Oom André  |  Augustus 6, 2012 om 6:15 nm

    Prys die Here! Wat ‘n wonderlike getuienis, wys jou net hoe belangrik dit is om gehoorsaam te wees.

    “…waar gaan ek toelaat dat ‘n ongeletterde met my siel werk?”
    Snaaks dat ek skaars sulke getuienise uit die monde van geleerde mense gehoor het… dalk is dit waarvan die Here praat as Hy sê:

    “Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.”

    en die Apostel Paulus as hy skryf:

    “Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.”
    🙂

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Augustus 6, 2012 om 9:27 nm

      Ek huldig steeds die mening oom André. Ek gaan nie dat ‘n mikrobioloog my blinde derm uithaal nie. Ook nie dat ‘n leke prediker my siel bearbei nie. Maar ‘n storie soos hierdie is werd om bekend gemaak te word.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: