Freaked out!!!!!

Augustus 1, 2012 at 9:48 nm 7 Kommentaar

Kyk, ek wou gebitch het oor Eskom se gulsigheid, maar ek sal maar net my paljas vir hulle span en kyk wat gebeur. Ek is helemal uitgefreak oor wat vanaand met my gebeur het.

Bettie het Vrydag begrafnis wat beteken dat sy vandag vir my kom werk het. Ewentwel, ek het in die tuin gewerk en toe in die kombuis gesit en brei terwyl sy in die son gesit en brei het. Toe Bessie later wou inkom, het ek gevind dat die voordeur se sleutels weg was. Ek het nie eers daaroor gedink nie, het net eenvoudig aangeneem dat sy die sleutels geneem het, soos wat soms gebeur. Ek het later kos gemaak en haar geroep. Toe sy by die deur kom, ontken sy dat sy die sleutels het. Vertel my so ewe dat ek nog buite was toe sy uitgegaan het. Wat waar is. Ek het op al die waarskynlike plekke waar ek weet dat ek al sleutels laat lê het gaan kyk en niks gevind nie. Op alle onwaarskynlike plekke ook en niks gevind nie.

Ek het toe maar die agterdeur oopgemaak om haar kos aan te gee. Verder gaan soek. Niks gevind nie. Nerens. Nie eers in my handsak wat ek vandag glad nie gebruik het nie. Ook nie in die badkamer waar ek my hande altyd gaan was nadat ek in die tuin gevroetel het nie. Ook nie in enige van my breisakke waar ek wel my breiwerk gaan uithaal het nie. Die sleutels was net weg. Ek het my kos gaan warm maak en geeet terwyl ek dit oorweeg het om die buurvrou te vra of ek haar spaarkamer vir die aand kan leen. Toe onthou ek die oom was vanmore maar ‘n bietjie vaal so ek wil nie nog pla nie. Toe besluit ek om my vriendin (Ja, ek het so iets) te bel en te vra of ek haar spaarkamer kan kom besoedel.

Goeie frig&^%^%$#%^^!!!!!!!!! Terwyl ek wag vir luitoon, kyk ek toevallig weer na die haak wat leeg was. Daar slaan die hoendervleis oor my liggaam uit. Die sweet rol in ‘n golf oor my. My tande klapper opmekaar en ek druk die foon dood nog voordat dit kon lui aan haar kant. Daar hang die sleutels so waar as parra manel dra op die haak. Dit was nie daar nie, toe ek in die eerste plek die sleutels gesoek het, was dit die eerste plek waar ek gesoek het. Ek het tot agter en binne die kleipotte wat net onder die haak staan gesoek. Mal is ek darem nog nie heeltemal nie. My wyse ou Moedertjie het my ook persoonlik self vertel dat sy gn dom kind grootgemaak het nie.

Ek het probeer om die deurslotte om te ruil, maar Homer se grend Black and decker skroewedraaier draai net skroewe vas, nie los nie. Nee, kyk, vanaand druk ek stoppers onder elke deur in en gaan slaap met my dikste breipen onder my kussing. Daardie ander ding wat ek nie wou opgee oor die gemors met die lisensies nie, netso effentjies waar geen bliksem dit sal verwag nie.Dit sal fikerol aan ‘n spook doen, ek weet. Maar bewaar die “nie spook” wat my vannag wil kom verras. Hy / sy gaan ‘n donnerse verrassing kry.

Gedagte van die dag: Kommer hou op waar geloof begin.

Advertisements

Entry filed under: Onverklaarbaar.

Telebemarkers, pasop!!!! Wife

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Augustus 2, 2012 om 12:12 nm

    Ag , ek weet ek moenie lag nie…. maar daai breipen !!!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 2, 2012 om 4:42 nm

      😮 daai breipen sal nie as n bedreiging gesien word nie. Al is dit so dik soos n bic pen. Veral nie as die ou breiwerkie op di ander pen daar rondle nie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Augustus 2, 2012 om 1:11 nm

    Jy weet jy kan (behoort te kan) die rigting van die skroewedraaier verander? 😉

    Het jy toe ‘n breipen nodig gehad?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 2, 2012 om 4:36 nm

      waa aar?

      Antwoord
    • 5. Olga  |  Augustus 2, 2012 om 4:38 nm

      😳
      ek vat nie kanse grieters. Dis n fris breipen.

      Antwoord
  • 6. Toortsie  |  Augustus 4, 2012 om 8:55 vm

    Hoop dit was ‘n engel wat jou sleutels teruggebring het. Hoop jy’s veilig!

    Antwoord
  • 7. Toeka-tokkel 36 soektog. | OLGA SE OKSELTJIES  |  Augustus 28, 2015 om 9:56 vm

    […] morrend. Angstig, swetend, verwytend. Olga ken van soek. Van die mees ontstellendes kan julle hier, hier, hier en hier lees. ‘n Vreugdevolle verrassing hier. Scrapy daag ons vandees uit om te tokkel […]

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: