Klomp geraas, min honde.

Julie 23, 2012 at 7:41 vm 11 Kommentaar

Dis Maandag, ek mag teef.

Ek is ‘n diere liefhebber. Akkurater nog, ek is ‘n hondeliefhebber. Dog soms, raak honde te veel vir my. In ons valleitjie is daar baie beslis meer huisgesinne as honde. Maar soms wens ek dat ek ‘n wreedaard was. Nee, nee, ek sou beslis nie die honde iets aangedoen het nie, wel die eienaars.

kan julle glo? ‘n Hond begin sowat 22:00 blaf. As my hond blaf, gaan kyk ek hoekom hulle blaf. Mens kan mos duidelik hoor watter kant van die huis hulle blaf. Dan gaan stel ek ondersoek in, al is dit om mee te begin deur ‘n skrefie in die gordyne. Ewentwel, dan begin die hond blaf. Eentonig, temerig woef woef woef. Aanfokkeneen. Teen die sesde blaf begin die bure se honde saam blaf. Dan begin my hond blaf. Of dan my pleeghond. Omdat Bessie en ou Blaffer nie saam blaf nie, weet ek gewoonlik daar is geen bedreiging nie.

Dan staan ek op en gaan kyk. Soms in die donker. Die donker kan ook mos my skans wees. Daar sal geen beweging te bespeur wees nie. Dan sal ek die flits neem en die omliggende bosse in oënskou neem. Dan sal ek soms sien dat die sekuriteitswag deur sy “hokkie” se venster besig is om dieselfde as ek te doen. Maar die eienaars van die blaffende honde het nie ‘n saak met hulle honde wat so blaf nie. Teen 02:00, dan skree die hond nog verbete. Hulle woon sowat 0.5km van ons af. For the love of ‘Arry, as ek die donnerse brak kan hoor blaf, hoekom kan hulle nie?

Dis dan dat ek graag hulle deur uit die kosyn sou wou loop en almal wie slaap goed onder die sambok laat deur loop. Dis net eenvoudig van banggatgeit dat die goed te sleg is om op te staan en te gaan kyk hoekom hulle brakke blaf. Dit is in albei gevalle gesinne van vier. As pa te pisbang is, hoekom neem hy nie vir mamma saam sodat hy agter haar rug kan inspring as daar iets uit die donker storm nie?

Gedagte van die dag: SLAPGATE!!!!

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Nie joune nie Internasionale mandela dag

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 23, 2012 om 9:52 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 23, 2012 om 9:52 vm

    Honde wat die heeltyd blaf vir hulle amusement maak my ook laf. Gelukkig kan ek dit uitblok as ek wil slaap.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Julie 23, 2012 om 1:12 nm

      ek wil ook uitblok. Die eienaars se gemoedsrus. Hoe kry mens die mag tot ‘telekinesis?’

      ai, nou 4k wp ook nog met my.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Julie 23, 2012 om 9:53 vm

    LOL!!! Jou bure het seker dieselfde vermoë. Ek het darem nie honde wat die bure wakker hou nie.

    Antwoord
  • 5. gerdajansen1  |  Julie 23, 2012 om 9:58 vm

    kan iets meer afpissend wees as n hond se temerige, dog ritmiese gekef die hele nag deur.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 23, 2012 om 1:08 nm

      ek wil in die chinese winkels gaan krap. Al opgelet dat honde ni vir hul blaf nie?

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  Julie 23, 2012 om 12:25 nm

    Olga ek sien prentjies…. ek kan jou “al blaffende,” daardie huis met ‘n sambok sien binnegaan. 😆

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Julie 23, 2012 om 1:05 nm

      jou prentjie, Sally, en my begeerte is presies in akkoord.

      Antwoord
  • 9. rondomtaliedraai  |  Julie 23, 2012 om 6:56 nm

    Ek het eendag bure gehad wat hulle hond aan ‘n ketting vasgemaak het snags en dan het die die hele nag getjank

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Julie 23, 2012 om 11:23 nm

      dit moes ook so frustrerend gewees het.

      Antwoord
  • 11. Dirkie  |  Julie 24, 2012 om 4:06 vm

    My broer se hond het so knaend geblaf. Sy buurman het nie woord gekla nie hom net 1 uur in die nag gebel en in telefoon 1 geluid gemaak .. woef woef !! Kry hul telefoon nr… en blaf in hul ore…

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: