Nie joune nie

Julie 20, 2012 at 7:31 vm 4 Kommentaar

Ek het die ander dag weer gewerk. Toe kom die ouma daar in, kom meld aan. Sy bring haar kleinseun, hy is bietjie siek. Ek sien toe op die stelsel dat hulle “opbetaal” is. Die mannetjie is twee, hy verjaar eers in September. Hulle het gaan sit. Die wagkamer was taamlik leeg.

Soos dit maar met kleuters gaan, het hy met die tydskrifte gepeuter, toe het sy ouma met hom geraas en hy het by haar gaan sit. Toe kry ht haar handsak beet en grou daarin. Gou gou was daar snesies, sleutels, lipstiffie, en ‘n dagboekie op die tafeltjie uitgepak. Toe helder sy ou gesiggie op en hy druk weer sy ou pokkelhandjie in haar handsak in. *Eurika!* dink ek toe ek die salige uitdrukking op sy gesiggie gesien het. Toe pluk hy sy handjie triomfantelik uit en hou ‘n motorfietsie omhoog. “Kyk, Ouma” jubel hy. “Ek het my Harley gekry!”

Ouma kry toe die ou pokkelhandjie beet en sy soen dit. “Is dit jou Harley Davidson, my Skatjie?” vra sy hom. Toe val sy gesiggie soos ‘n ton bakstene. Hy het sy handjie met die “Harley in weggepluk en onder sy blad ingedruk. Toe sê hy. “Nee!” Die volgende woorde was beslis maar baie sekuur afgebyt. “DIT IS ‘N HARLEY KC SN.” Eat your heart out, David.

Gedagte van die dag: Niemand is ooit te jonk of te oud om te weet wat joune is nie.

Geniet die naweek. Helle!!! Is dit wragtig alweer naweek? Bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Ma, alles in een. Klomp geraas, min honde.

4 Kommentaar Add your own

  • 1. rondomtaliedraai  |  Julie 21, 2012 om 7:06 nm

    aaaaag hoe mooi!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 22, 2012 om 8:33 nm

      So dol oor die ou neusie wat so opgetrek word.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Julie 22, 2012 om 1:39 nm

    Nou se dae se kindertjies is wraggies sooooo slim, en sit ons oues van dae ore aan 😉

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 22, 2012 om 8:33 nm

      Eisj, hulle is ons ligjare voor.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: