Vee voor jou eie deur

Julie 9, 2012 at 7:45 vm 12 Kommentaar

Hei, dis Maandag Ek mag maar bitch en moan.

Ek het Vrydag iemand met so bietjie insig in die sakies van Pelgrimsrus het, teëgekom. Nadat ons so bietjie gesels het, het die uitsettings in Pelgrimsrus natuurlik te sprake gekom.

Hy vertel toe dat die sewentien winkeleienaars genooi was om hulle huurkontrakte te hernieu voor die 31 oktober wat hulle toe nie gedoen het nie. Hulle het nog kans gekry tot 31 Maart maar steeds nie gereageer nie. Weet jy woorde wat siek maak, is dat swartes en voorheen benadeeldes meer eienaarskap moet kry. Hulle hoef in niks te belê nie. Hulle hoef vir niks te betaal nie, hulle kry net. Kry kry KRY!

Die mense in Danville is ook voorheen benadeel en na 1994 het hulle benadeling erger geword maar geen mens het hulle meer as ‘n “gisterse brood” of Solidariteit se kospakkie verniet gegee nie. Dis nou regtig dinge wat rassiste van die sagste mens sal maak. leer hulle dan nie? Hoeveel plase is aan “voorheen benadeeldes” uitgedeel soos chappies op ‘n borrelblaas kompetisie? Het 50% van die bevoorregtes sukses behaal? Hulle was ook onder die indruk dat hulle met hulle gatte in die botter geval het. Toe hulle egter agtergekom het dat hulle sal moet werk vir wat die wit boer gehad het, het hulle uitgesuip en opgevreet wat hulle kon, verkoop wat hulle verniet gekry en aangefok om net weer te gaan sit en teef oor ander grond. Hoe lank gaan dit die “Bevoorregtes” neem om te ruïneer wat in hulle skote geval het?

Die Afrikaans sprekende Suid Afrikaner het nie gekry wat hulle het nie. Hulle was so onlangs soos eenhonderd en twintig jaar gelede die arbeiders en diensknegte wat lande en huise skoon gemaak het. Sonder om enige iets te eis of te ontvang wat hulle nie voor gewerk het nie, het hulle hulleself opgewerk tot waar hulle ook iets gehad het. Tog word een na die ander van hulle weggeneem. Hulle is ook voorheen benadeeldes.

Wanneer gaan die ANC leer dat mense net werk om te behou wat HULLE GEKOOP HET en ‘n vy voel vir sukses met wat uit die lug in hulle skote geval het?

Gedagte van die dag: Olga, hou jou bek. Vee voor jou eie deur.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Behae ontstaan

12 Kommentaar Add your own

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: