Oeps ek het dit weer gedoen.

Julie 6, 2012 at 7:50 vm 7 Kommentaar

Plaas ‘n wag voor jou mond. Ja, raait, ek het daardie wag al ingesluk.

My passesier, ek dink ek moet haar ‘n naam gee. Kom ons noem haar Sarie Verkoue. Ewenwel, verlede week by die aërobiese klas, vertel een van die ander dames dat sy ‘n spesifieke produk soek en gou is die produk die onderwerp van bespreking. Donderdag aand het een van die ander dames terugvoer oor die produk. ‘n Stewige prys ook. Sy werk in een van die buurdorp en gou word daar onderhandel en die geld wissel hande. Die voornemende koper vra toe ‘n stuk papier dat sy die naam en bedrag kan neerskryf sou sy vergeet of deurmekaar raak met die geld.

Einste Sarie Verkoue haar ‘n stuk papier uit haar beursie en gee dit aan. Dit is toe ‘n bladsy uit ‘n noteboekie waar “Viagra” in groot dowwe letters oor die breedte van die bladsy geskryf is. Sarie merk toe op dit nou ‘n gawe bladsy is om met jou saam te dra. Die ander dame skribbel op die bladsy en vou die note daarin toe. Waarop ek toe opmerk “Moenie verbaas wees as jy more die note uithaal en hulle staan almal kierts regop nie.” Almal, Sarie inkluis, staan en giggel toe sy die mening agter my woorde snap.

Wha ha ha ha. Daar bloos sy bloedrooi, loop weg en gaan vreeslik aant gril. Toe skree almal van die lag. Sy was nog nie terug in die klas nie.

Gedagte van die dag: Ek moet vir my ‘n aërobiese dvd kry en my mond tuis hou.

Geniet die naweek en bly veilig en warm.

Veels geluk liewe Frikkedil omdat jy verjaar. Mag die Here jou seën en nog baie jare spaar.

Advertisements

Entry filed under: Sug, Uncategorized.

Fyn beskaafd Behae

7 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  Julie 6, 2012 om 8:07 vm

    he he he. is sy 11 of is sy 12? gn man sal dit seke naby haar waag nie.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 6, 2012 om 8:55 nm

      Sy is seker sowat 40. Man het dit naby haar gewaag. Minstens twee keer. 😆 😆 😆

      Antwoord
  • 3. Dirkie  |  Julie 6, 2012 om 9:21 vm

    Ek aanvaar daardie gril …was defintief nie van afkeur nie !!! met die dat sy nou nog nie terug in die klas is nie…kry seker genoeg oefening .. liggaamsoefening.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 6, 2012 om 8:57 nm

      :mrgreen: Sy het dalk aansterk periode nodig gehad. Sy het reeds voor my aan daardie papier geraak. 😀

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  Julie 6, 2012 om 7:21 nm

    Ek dink dit was baie skerp!!!

    Antwoord
  • 7. Toortsie  |  Julie 9, 2012 om 12:56 vm

    Ag wat, hierdie keer hoef jy nie jou mond te gehou het nie!! :mrgreen:

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: