nog ‘n orrelapie????

Junie 28, 2012 at 7:21 vm 1 comment

Kyk, as iemand vir my in 1994 gesê het dat Matthew Phosa, die enigste mens in die ANC, vir wie ek ’n greintjie respek gehad het, ‘n naprater sou word, sou ek my gruwelooslik vererg het. Matthew Phosa, die man wie nie geskroom het om Afrikaans te praat nie. Die man wie omonwonde verklaar het dat Afrikaans sy eerste taal is. (?????) Die man wie ’n Afrikaanse digbundel die lig laat sien het.

Maar nou ja, soos hulle sê: “In South Africa…… it is bound to happen.” Dit het. Hy het hom tot orrelapie laat slaan. Ek kan dink aan wie hy bekbelasting betaal. Die nuutste is glo dat die staat vir die verkiesingsveldtog moet betaal. Daar gaan die ou 5c’tjie wat van elke R10 verdien, mag oorgebly het. Ek glo nie ’n verkiesingsveldtog kan goedkoop wees nie. As jy dan nog bylas dat die staat dan ook al die opposisie-partye sal moet dek, gaan elke Suid Afrikaner nog R9-00 op elke R10 verdien, moet gaan byleen om die veldtoë te dek. Dalk het sy voorprater gereken aangesien die ANC in beheer is, hoef die staat net die ANC se veldtog te dek. Maar dis mos ’n demokratiese land, mnr Phosa, “so sauce for the goose is sauce for the gander,” jy weet?

Toe Matthew Phosa teenkanting kry van menige swaarbelaste Suid Afrikaner oor die rympie van hom, was hy gevat genoeg om blykbaar te antwoord, “Nobody said democracy comes cheap.” Wel, weet jy Mnr Phosa, as jy in 1994 aan Suid Afrikaners moes gesê het dat “Demokrasie duur is” sou swart liefde vir geld en besittings gesorg het, dat die ou goggatjie wat “Demokrasie” heet, dood gebore was. Maar natuurlik, jy het swart mense verseker die “duur” sou uit “Nie Swart” sakke kom nê.

Gedagte van die dag: Sukses, is die voltooiing van wat ek begin het.

Advertisements

Entry filed under: Goed om te weet.

Vuilbek! Skuus, mond Daisie daisie

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Junie 28, 2012 om 3:30 nm

    Whaaaaaaaaah!!!!!

    Hie Hie Hie!!

    Tannie Ougat het tog lekker geskrik!!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: