Klasse ongelykheid in skole

Junie 25, 2012 at 8:06 vm 7 Kommentaar

                               

Zwelimzima Vavi, hoofsekretaris van COSATU, het ‘n bek vol te sê oor privaatskole en die prestasie van hulle leerlinge in Suid Aftika Private skole.

Die privaatskole lewer jaarliks stringe toppresteerders op.  Terwyl swart kinders in “township” skole daagliks worstel met die vrees van mislukking.  Die man is altyd aant kerm oor wit/swart issues.  Het hy al in ag geneem dat ‘n groot persentasie van die kinders in privaat skole swart is?  Of sien hy nou net weer ‘n geleentheid waarmee die staat ons verder kan belas?  Het hy in ag geneem voordat hy gepraat het dat ouers deur hulle nekke betaal om hulle kinders in privaat skole te hê  Ek stem geheel en al saam dat staatskole se onderrig nie minderwaardig moet wees nie.  Dit sal ook nie, mits die ANC en Zwelimzima Vavi ‘n paar basiese punte sal onthou.

1.  By privaatskole, word opgeleide onderwysers in diens geneem om ‘n vak profesioneel aan te bied,  hulle maak nie gebruik van BBBEE of politieke aanstellings nie.  Hulle het ook nie die skoolhoof se hele familie in diens om vakke aan te bied waarvan hulle nie eers die name kan spel nie, laat staan nog goed bekend met die inhoud van genoemde vak te wees nie.

2.  Die kinders het respek vir die skolestelsel en die eiendom van die skole.  Hulle verbrand nie geboue, banke, tafels en boeke om verveeldeheid te verdryf nie.  Hulle was aan moederskniee geleer dat ‘n ander se eiendom met respek behandel moet word.   Al betaal hulle ouers deur die tande dat hulle dit mag gebruik.

3.  Die kinders weet hulle mag nie in die straat gaan dans vir beter onderrig as hulle nie hulle kant gebring het nie.  Die kinders moet hulle werk leer en bemeester, die onderwyser rig hulle net af.

4.  Die kinders weet hulle kan nie aandring op nuwe goed as hulle nie die nuwe goed verdien het nie.  Dus, R50 per jaar skoolfonds, mnr Vavi, regverdig seker net R50 se waarde, nie waar nie?  Die ouers met kinders in privaat of (Voorheen) model C skole, weet ook hoeveel sente daar in elke rand is, daarom dat hulle nie meer kinders het as wat hulle kan bekostig nie.

5.  Kinders in privaat en wit skole brand nie boeke nie, die boeke huur hulle net, dit is die eiendom van die skool, die staat en is dus berhewe bo vandalisme.

6.  Onderwysers in privaatskole besef dat as hulle nie werk nie, hulle nie toppresteerders die wereld in gaan stuur nie.

Dus maar ‘n paar redes waarom privaatskole en (voorheen) model C skole toppresteerders die lewe instuur.  Hulle ouers betaal vir die voorreg om hulle kinders op sulke skole te hê.  Die kinders word nie toegelaat om te vandaliseer sover as wat hulle gaan nie.  Hulle is nie besig om in skooltyd kinders in die lewe te bring vir die staat se kindertoelaag nie.

Dit raak regtig nou tyd om die ‘SWART / WIT ekskusie te ruste te lê en te kyk na VERDIENSTELIKHEID.  Terwyl leerlinge toegelaat word om ‘n handboek, stoel of tafel te brand, beteken dit dat hulle geen selfrespek het nie.  Self respek begin immers by respek vir eimand anders se eiendom.  Wat ook nou weer wys, as Zwelimzima Vavi, JZ en kie se kinders in die townshipskole was, sou die skole baie beter daaruit gesien het.  Sien, moet dus nie verwyt en vingers wys as jy jouself dit kon verbeter het maar eerder jou kinders oorsee of na privaatskole gestuur het nie.  Dit is behoorlik kla met ‘n custard slice in ‘n designerbox.

Gedagte van die dag:  God gee ons vryheid van keuse.  Hy verwag nie dat ons wegkruipertjie speel met apartheid nie.

 

Geniet ‘n veilige week vorentoe en bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Harde werker. Goeie vermorsing.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 25, 2012 om 9:43 vm

    Eerste

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 25, 2012 om 9:47 vm

    Baie goeie punte wat jy aanraak.

    Snaaks hoe dat daar altyd na een deel van die samelewing gedraai word met bak hande. Maar selde sal daar uit eie boesem uit gehelp word.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 25, 2012 om 4:47 nm

      want daardie een deel van die samelewing is veronderstel om te gee uit die put van ‘white guilt.’ waaroor die guilt gaan, kon ek nog nie uitvind nie.

      Antwoord
  • 4. gerdajansen1  |  Junie 25, 2012 om 2:12 nm

    die wit/swart kwessie gee hulle n ekskusie om hulle foute mee toe te smeer. as die kinders nie die boeke verbrand nie, gaan hulle boeke he om uit te studeer. maar dan gaan die wereld mos sien hulle was nie dom gedonner deur apartheid nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 25, 2012 om 4:49 nm

      hulle moet net 1voudig betaal
      wat hul verwoes en kyk hoe gou hou die vandalisme op.

      Antwoord
  • 6. rondomtaliedraai  |  Junie 25, 2012 om 5:57 nm

    Ek het gister yskoud geword toe ek die stapel boeke sien wat verwoes word hier in my eie provinsie… een of ander kind kon nog leer lees het of selfs prentjies uitgesny het!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 25, 2012 om 10:07 nm

      Dis belaglik hoe ligterlik sulke vermorsing opgeneem word. kan sien hulle het dit gratis gekry.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: