As jy ‘n greintjie verstand het

Junie 21, 2012 at 7:56 vm 10 Kommentaar

 

                                                      

 

Soms, net soms vererg ek my gruwelooslik vir die mense wie ek die liefste het.  Iemand stuur my vroegoggend ‘n epos.  Voos geforward maar vreksnaaks.  Dadelik druk ek met my duim op die skerm van my selfoon en kies die “Select text opsie.  Ek het my duim oor die rye woorde getrek en dit na die “Whats app”  application geneem en van daar vir almal gestuur toe die bbm opsie oopgemaak en dit vir almal daar aangestuur.  Toe ‘n ruk later kry ek weer ‘n epos oor hoe Satan aan Jesus sy plan vir die mens se ondergang bekend maak en hoe Jesus met hom onderhandel vir ons.  Ek het dadelik  aan my ousus gedink.  Sy sou in ekstade gewees het daaroor.

Dit het my week gemaak.  Ek het weer dieselfde gedoen.  Lees, lees soos ek my duim agter die lees aansleep.  Toe kom ek by die gedeelte wat veroorsaak het dat ek my duim gelig het maar pleks van “Copy” druk, het ek delete gedruk.  Nee, dit was geen ongeluk nie.  Ek probeer met elke wakker oomblik om die tien gebooie te gehoorsaam.  Maar, helaas, mense moet mos altyd van alles ‘n gewete saak maak.  Dis tog so snaaks hoe van die snaakste tot die kruste grappie wat mense aanstuur, sonder voorwaardes kom.  Dan was daar een onnoselle boks wie moet gaan en alles opdonner.  Sodra daar ‘n storietjie met ‘n Christelike aanslag die rondte doen, dan moet iemand dit gaan opfoeter met die eis dat dit aan soveel mense aangestuur moet word om seëninge onbeperk van God af te kry.  Of met die blatante verwyt dat as dit ‘n kru grap was, sou die leser dadelik na die lees die grap aanstuur na almal aan wie hy / sy kan dink maar as dit ‘n Christelike ene, soos die een wat ek pas besig was om te lees, is, sal ons versuim om dit te deel.

As ek ‘n epos sonder ‘n ultimatum kry, dink ek terwyl ek dit lees, aan mense wie dit sal waardeer.  Dan stuur ek dit aan.  Maar as die epos, sms of bbm kom met die verwyt, met die ultimatum, dan wis ek dit dadelik.  Nie God, Jesus of die Heilige Gees stuur smse, epos, whats app text of bbm nie.  Nie God, Jesus of die Heilige Gees verwag dat ons moet hoer vir seëninge nie.  Ons sal nie seëninge onbeperk ontvang vir die goed wat ons aanstuur nie.  Waar kom die ou stertjie goed in elk geval vandaan?  Van ‘n verstandlose donner wie dink dat hy / sy smart is maar duidelik nie so blerrie smart is nie.  Wie word bevoordeel?  Wie word bevorder deur die aanstuur?  Die donnerse diensverskaffers, Sot.  Nie God of Christenskap nie.  As jy ‘n greintjie verstand het, sal jy eerder die koste van die aanstuur bereken en die geldjie vir liefdadigheid gee.

Moenie godsdiens ‘n gewete saak maak nie.  As jy die gewete roete wil gaan en jou skuldig maak aan ‘n poging tot sielkundige verkragting, hou dan maar by apartheid.  Ek het geen gewetenswroeging om my gat daaraan af te vee nie.  Ek laat my daar ook nie sielkundig afknou nie.

Gedagte van die dag:  God bo alles.  Onvoorwaardelik.

Advertisements

Entry filed under: Hoogsb4k.

Sies vir jou!!! Harde werker.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. dirkiedoep  |  Junie 21, 2012 om 8:42 vm

    Man …ek pes daardie ” stuur aan 7 mense – en kyk wat gebeur na 7 dae’ FW boodskappe !!!!!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 21, 2012 om 7:00 nm

      wt kan in elk geval gebeur? Dit gaan dag word en dit gaan nag word.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Junie 21, 2012 om 5:08 nm

    Ek laat myself ook nie so boelie nie. Ek stuur niks aan wat my probeer verplig om dit aan te stuur nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 21, 2012 om 7:03 nm

      soms is dit te goed om te mors. Dan delete ek ao die verdoemings en fwd part en fwd in elk geval.

      Antwoord
  • 5. Kameel  |  Junie 21, 2012 om 5:30 nm

    Dit maak my net so de vieste in 😦

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 21, 2012 om 7:07 nm

      hul hulle speel buitendien net in die diensverskaffer se hande.

      Antwoord
  • 7. rondomtaliedraai  |  Junie 21, 2012 om 8:00 nm

    hulle hoef ook nie aan my God te smous nie.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Junie 21, 2012 om 10:55 nm

      dis net meer lippediens.

      Antwoord
  • 9. Gogga  |  Junie 24, 2012 om 11:57 vm

    Ek haat daai bybelbeertjie emails. Daai stuur dit aan storie vernietig die hele punt van die mooi boodskap en nou lees ek dit nie eers meer nie ek druk net delete

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Junie 24, 2012 om 4:26 nm

      Dit is so. Dit maak my rock raving moerig. Enige sms, epos of bbm wat meriete het, gaan ek buitendien aanstuur. Maar…., moet my nie met ‘n belofte of ‘n dreigement verplig om dit te doen nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: