Fout, groot fout

Junie 19, 2012 at 8:05 vm 9 Kommentaar

Vrydag 25 Mei, stop ek by die poskantoor om te gaan pos uithaal.  Toe lui my telefoon.  Dis Bradley.  Van MTN.  Hy wil ‘n modem aan my afsmeer.  Ek het hom ingelig dat dit tydmors is, ek is werkloos.  Kry ek pensioen, wil hy weet.  Natuurlik nie, antwoord ek hom.  Ek vra toe of sy vrae ‘n doel het en hy vra of hy my van hulle nuwe produk mag vertel.  Nou kyk, hy weet nou vooruit dat ek werkloos is.  Hy weet ek stel nie belang om goed te koop nie, dus, watse kwaad kan dit doen om te luister.

Hy vertel en dit klink goed en ek sê so.  Dis jammer dat ek nie werk nie, vertel hy my.  Toe wil hy weet van my bankrek, of ek enige rente verdien ens.  Ek lui af en wragtig waar, hy bel weer.  Hy het alles, my id nommer, adres, bankrekening nommer die works.  Toe wou hy weet of hy vir my ‘n kontrak kan beding.  Indien ek om enige rede nie tevrede is nie, kan ek tot en met tien dae nadat ek die modem ontvang het, dit aan MTN terug besorg, “No questions asked.”  Fyn dink ek.  Ek werk nie, ek kry nie pensioen nie, ek kry geen rente nie en ek kry geen dividente nie.  So laat hy maar aansoek doen.  Dit sal hom besig hou en ek kan my gang gaan.  Hy het my ‘n verwysings nommer gegee.

Toe ek nie van hom terug hoor nie, het ek besluit ek sal my kant skoon hou.  Ek het hom gesms na die nommer wat hy my gegee het, gesê aangesien ek ‘n modem het wat soms werk,  wel, gewoonlik werk, dikwels werk, ag, julle weet wat ek meen, en ek werkloos is, wil ek eerder nie ‘n kontrak hê nie.  Hy, Bradley, moet asb alles kanselleer.  Ek wil regtig nie ‘n ander modem hê nie.  Binne minute kry ek ‘n sms terug wat sê ” You are successfully unsubscribed.  Your reference number is …….”  Great.  Toe voel ek baie beter.  R139 pm is nie veel nie, maar my Sony Ericcson W610 doen beter diens as enige modem en dit werk altyd, tensy Vodacom vol … is.

Goeie geeftag!  Maandag oggend, 28 Mei, bel Tebogo my om te sê dat my kontrak goedgekeur is.  Toe het ek haar vertel dat ek gekanselleer het en het my verwysing nommer gegee.  Sy het my toe belowe dat dit modem dan nie gestuur sal word nie en weer van ‘n verwysing nommer voorsien.  Vrydag, 1 Junie skakel iemand van ‘ n koerier maatskappy my.  Hulle bode wag by Spar om my modem af te lewer.  “Nee”  Verseker ek hom en gee my verwysings nommer.  Dis gekanselleer.  Maandag, 4 Junie, gebeur dieselfde ding.  Vrydag 8 Junie, ditto.  Julle sal my nou nie glo nie.  Gister more, 7. 08, lui my foon.  For the love of ‘Arry!!!!  Dis weer die koerier maatskappy.

Geen wonder ons betaal ‘n fortuin vir selfoon dienste nie.  Met stiksienige onnoselle BBBEE personeel kan dit net nie anders nie.  Ek kan nie glo die koerier maatskappye sal elke keer dieselfde pakkie vervoer absoluut gratis totdat dit in ontvangs geneem word nie.  Ek het mos gekanselleer voordat hulle die kontrak aansoek verwerk het.  Wat sou nou gebeur het as ek besluit het om eerder te wag totdat hulle afgelewer het en dan besluit het om dit terug te stuur?  Dan sou hulle verseker gemaak het asof hulle dit nooit weer ontvang het nie.  Ek het die mense van MTN mooi laat verstaan dat ek ‘n vy voel waar hulle my id nommer, bankrekening nommer, adres en my VODACOM nommer vandaan gekry het, as hulle betaling uit my bankrekening gaan aanvra, gaan die hel los wees.  Ek het ook ENB verbied om enige debiet order aan hulle uit te betaal.

Die vet weet, vooraan, gaan enige telebemarker met  rooi, vet, Olga te doen kry.   Onbeskof, kru en nie ‘n …… gepla oor hulle BBBEE gevoelens nie.  Om mooi met hulle te praat, is ‘n fout.  ‘n Dem groot fout.

Gedagte van die dag:  Bly warm.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Sug Sies vir jou!!!

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Dirkie  |  Junie 19, 2012 om 8:36 vm

    Ek praat die suiwerste Afrikaans so mooi stadig en duidelik ….al wat ek vir my vriendelikheid kry is ” Sorry we will phone you back”

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 19, 2012 om 10:34 vm

      wee jy.

      Antwoord
    • 3. ossewawiel  |  Junie 20, 2012 om 7:47 vm

      Ek hou van jou taktiek. Gaan dit ook probeer volgende keer.

      Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Junie 19, 2012 om 9:36 vm

    Dit grens aan teistering. Dalk moet jy die modem persoonlik self in Bradley se hol gaan druk dat hy die boodskap kry.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 19, 2012 om 10:36 vm

      waar gaan ek die agbare bradley vind!

      Antwoord
  • 6. Kameel  |  Junie 19, 2012 om 12:03 nm

    Ek hoop werklik jy geniet jou nuwe modem…… ok, ok ek grap net 😯

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 19, 2012 om 12:47 nm

      👿
      sal voortaan grieks met hul praat.

      Antwoord
  • 8. ossewawiel  |  Junie 20, 2012 om 7:48 vm

    Ek sit nou deesdae net die foon neer as dit ‘n onbekende nommer is en iemand vra aan die anderkant ‘Is this Mr …….. speaking?’

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Junie 20, 2012 om 1:15 nm

      jy kan jouself gelukkig ag. Hulle bel my net terug.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: