Sug

Junie 18, 2012 at 8:18 vm 14 Kommentaar

 

 

My Tumi vertel tog so graag vir almal hoe ‘n agterlosige ma ek was.  Sien, met vier kinders het ek nie altyd my varkies op hok gehad nie.

Ewentwel, die dag waarvan sy praat was toe sy maar ‘n jaar oud was.  Ek sal dit seker ook nooit vergeet nie.  Sy het ‘n geel rokkie aangehad.  Met “fonteintjie” poniestert bo-op haar kop.  Homer was die dag vir ‘n wonder tuis.  Ons was oppad dorp toe.  Die kinders het vooruitgehardloop.  Homer het soos altyd eers ‘n draai gaan stap.  Toe hy klaar was, het ons agter die kinders aangegaan.

Die voordeur was sowat 1.5 meter van die begin van die sitkamer se venster af.  Toe ons by die sitkamer venster verby gestap het, het Tumi, toe net een jaar en drie maande oud, daar in die sitkamer by die venster gestaan.  Sy het met haar voorvinger aan die ruit getik en vir ons gewaai.  Toe het ons besef die kinders het haar nie saam uitgeneem nie.  Sy was nog in die huis.  Ek het haar so ‘n paar jaar gelede die storie vertel en sederdien het sy my dit nog nie laat vergeet nie. Behalwe natuurlik, met elke vertelling word die storie meer traumaties.  Een van die dae gaan ek haar ook glo.

Gedagte van die dag;  Moenie ‘n kind vertel wat hulle nie self weet nie.

Wens julle ‘n goeie week toe.  Bly warm.

 

Entry filed under: Uncategorized.

(GE)E vol Fout, groot fout

14 Kommentaar Add your own

  • 1. rondomtaliedraai  |  Junie 18, 2012 om 9:31 vm

    uit die mond van die suigeling

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 18, 2012 om 12:25 nm

      gelukkig is sy nie meer n suigeling nie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Junie 18, 2012 om 10:43 vm

    Cute Babafoto.

    😉 As so iets vandag gebeur, sal die baba seker kan BBM om gehaal te word. 😆

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 18, 2012 om 12:27 nm

      sy sou darem nie ‘home alone’ gewees het nie. Die huishulp was nog doenig.

      Antwoord
  • 5. Dirkie  |  Junie 18, 2012 om 11:31 vm

    In my dagma dae…was hier ‘n Kindjie, so dun blonde enetjie met stout ogies ,sy wou klokslag toilet toe net voor die rit na dagma en werke toe,.dan sluit sy die toiletdeur. van binne. Gewoonlik moes hul manupuleer en omkoop en op die ou end skel- voor sussie oopsluit en met so wipgatstappie uit die toilet stap – ” Onthou jul het belowe jul gan my nie piets nie!”

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 18, 2012 om 12:29 nm

      kinders is bo baas manipuleerders.

      Antwoord
  • 7. Baby Jane  |  Junie 18, 2012 om 5:49 nm

    Het julle darm vir haar \’n sweety gekoop om oor die trauma te kom? Ek is sekker sy het vir jare daar na nog nagmerries van die verwerping gekry…

    Antwoord
  • 8. Olga  |  Junie 18, 2012 om 6:20 nm

    ai, die arme kind het tot goed in haar tienerjare by my geslaap. 😉 al het sy nooit geweet sy was ‘vergeet’ nie.

    Was jy in die kleuterskool kos huis baby jane? (of noem mens dit n melkkamer?)

    Antwoord
  • 9. Baby Jane  |  Junie 18, 2012 om 6:25 nm

    Sy kan dit onthou, ek wed jou! En sy het maar by jou geslaap want sy het geweet hoe bang jy was om aleen te slaap, te oulik as jy my vra.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Junie 18, 2012 om 7:17 nm

      ag, ja janey, my tumi is nog steeds die lig van my lewe. Sien, hoe het sy jare lank by my gelalies sodat ek nie moes bang wees nie. Meer as net oulik. Dink jy nie so nie?

      Antwoord
  • 11. Baby Jane  |  Junie 19, 2012 om 8:09 vm

    Sy is sooooooo cute 🙂

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Junie 19, 2012 om 10:39 vm

      nou dink jy regtig ek wou of kon die cutest kind vergeet?

      Antwoord
  • 13. Kameel  |  Junie 19, 2012 om 12:25 nm

    My sus hulle het een aand laat by die huis aangekom met hul vyf slapende kinders. My swaer begin indra en in die bed sit. Daardie nag word hulle wakker van ‘n kind se droewige gehuil. By nadere ondersoek vind hulle net vier kinders in die beddens. Die een wat so droewig huil is nog in die motor wat in die motorhuis toegesluit staan. As jy die storie vir Tumi vertel mag sy jou meer genadig wees.

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Junie 19, 2012 om 12:49 nm

      😀 dankhe kameel, ek sal haar dit vertel.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter