Salaris

Junie 15, 2012 at 8:11 vm 3 Kommentaar

 

 

Winter en die wind wat so treurig tussen die bome deur loei, maak soms lang vergete herinnerings wakker.

Ons het een Vrydag namiddag vir die bus gestaan en wag.  Almal van ons wie by die galery gewerk het,  in ‘n ander ry want ons het omtrent almal in ander rigtings gewoon.  Wel, toe ons bus kom, was dit al stamp vol gewees.  Dit was nou sommer ‘n lawwigheid.  die eerste paar rye sitplekke was vir blankes.  Ewentwel, aangesien die wind ysig was, het ek besluit, staan sal ek blerrie staan, maar in die yskoue dun wind gaan ek nie bly staan of sit om te wag vir die volgende bus wat dalk leër mag wees nie.  Dit tref my toe darem gelukkig, daar was nog een sitplek in die voorste rye oop en ek het gaan sit.

Die bus was regtig stampvol.  Ek het half skuldig gevoel om ‘n ouer dame te sien staan maar het geweet dat al sou ek vir haar opgestaan het, sou die kondukteur haar wragtig weer opgejaag het.  Die bus het stamperig weggetrek.  Ek het die dame hoor tongklap.  Toe die bus weer om ‘n draai gegaan het, het ek haar weer hoor sê dat die persoon moes tru staan.  Ek het nogal geglimlag oor die woord “tru.” Toe hoor ek haar weer dreig dat sy die kondukteur sou sê om die persoon van die bus af te sit.  Toe kom die kondukteur van die boonste vlak af ondertoe en die dame is toe ook vinnig om te sê dat die man onbeskof teen haar aandruk.  Waarop hy toe heel verontwaardig geantwoord het:  “Meneer, die antie is beneuk in ha kop.  Ek het vandag my pay gekry en dis my beursie wat dik staan watie antie teen haar voel.”

Op die stadium, het ek al, nes meeste van die ander omgekyk om die drama te volg.  Die dame het vreeslik droog toe laat hoor:  ” Ghu” het sy haar vererg, “dan het jy al twee keer ‘n rise gekry vandat ons hier staan.”

Gedagte van die dag:  Geesdrif is nie ‘n mode byeenkomtigheid nie, dis ‘n lewensnoodsaaklikheid.

Geniet die naweek,  bly veilig en warm.

 

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Volwasse manlike siklus (GE)E vol

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 15, 2012 om 8:25 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 15, 2012 om 8:27 vm

    😆 😆

    Twee keer ‘n rise!! As my pay op kan gaan omdat ek bus ry, ry ek net bus.

    Ek wonder nogal of die apartheidsregering gedink het kleur kan afsmeer.

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  Junie 15, 2012 om 9:49 vm

    Van graad 1 tot na ‘n paar jaar se werk busgery sonder enige “rise.” 😆

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: