Wie baklei vir die gebruiker?

Junie 12, 2012 at 7:34 vm 7 Kommentaar

 

 

Cosatu baklei vir die mense?  Watter mense?  Seker maar die mense wie lidmate van hulle unie is.  Alhoewel as ek van tv verslaggewing aflei, is hulle op die oomblik die ANC se grootste kompetisie vir leierskap van die land.  Behoede ons.  Gelukkig is hulle nie of dan nog nie, ‘n geregistreerde politieke party nie.

Ek het elke maand ‘n stewige bybetaling op my chroniese voorskrif gehad.  Tot die mate dat ek R136 van die R148 wat die ou dertig pilletjies vir hipertensie gekos het, moes betaal.  Ek het die mediesefonds gekontak.  Nog voordat die telefoon begin lui het, het ‘n stem al gesê ” As jy in die of daardie taal gehelp wil word druk #.  Ek het die toepaslike nommer vir Afrikaans gedruk.  Toe was daar weer nommer keuses vir die rede hoekom ek hulle wil pla.  Ek het die regte nommer ingetik en aangehou, want toe was daar skakeltoon.  Toe kom daar ‘n lieflike BBBEE stem op en vra in Ingels waarmee sy my kan help.

Ek noem my beswaar en moet toe weer aanhou totdat daar ‘n konsultant beskikbaar was.  Na ‘n hele paar minute waarvoor ek moes betaal, was daar weer die volgende BBBEE stem wat weereens in Ingels wou weet hoekom ek haar pla.  Nou kyk, ek is ek.  Ek, op my beurt wou weet hoekom ek ‘n keuse gekry het oor wat my taal voorkeur is as ek in elk geval moet Engels praat.  Nadat ek my beswaar genoem het,was ek eenvoudig vertel dat dit staatsbeleid is.  Hulle moet die reëls nakom en ek moet betaal en my bek hou want ten minste word die mediesefonds nog toegelaat om R12 vir my chroniese pilletjies by te dra.

Toe het die ANC blykbaar besluit daar is nou genoeg BBBEE apteke sodat hulle hulle inmengery in die bepaling van medisyne pryse kon ophef.  Toe was my pille elke maand ‘n paar rand hoër en my bybetaling ‘n klomp rande meer totdat dit uiteindelik R204 was vir ‘n R228 pakkie pille.  Weer het ek die mediesefonds gekontak waar ek onder meer vertel was dat hulle nou 100% meer tot my pille bydra as tydens my vorige klagte.  Toe die apteker, ‘n swart man met die naam Macintosh, my verseker het dat sy ander kliënte, die ene wie hy voor my gehelp het, tot dieselfde fonds behoort, maar dat ek ‘n beter opsie het, dog was sy bebetaling nie eers R10 nie.  Toe het ek besluit GENOEG IS GENOEG en my klagte na die ombudsman vir mediese fondse geneem.

Hulle het my heel gou ‘n vorm gestuur wat ek so gou moontlik moes invul en aan hulle terug besorg het.  Wat ek toe ook gedoen het.  Sederdien het het nege maande verloop en ek het so gou as moontlik nog geen woord van hulle gehoor nie.  Die jaar is my mediesefonds se bydraes tot mediese dienste nog meer pateties as verlede jaar en niemand behalwe ek, voel ‘n donnerse veer nie.  My Tumi was vroeer vanjaar geopereer en toe ons die dag by die hospitaal opgedaar het, moes ons eers die bybetalings aanspreek.  Dit was R2 000 vir die hospitaal, R900 vir die ginekoloog, R600 vir die narkotiseer.  For the love of Harry, die rekeninge stroom nog steeds in vir die een operasie.

Wie baklei vir ons?  Duidelik nie die medieselui nie.  Ook nie Cosatu nie.  Defnitief nie die DA, PAC, ACDP, HNP of enige ander party nie.  Beslis nie die mediesefondse nie.  Hoekom moet ons besteel word op die manier as ons betaal?  Ons betaal mos nou dubbel vir mediese dienste en niemand gee ‘n duit om vir die feit dat ons skandalig en gruwelooslik uitgebuit word nie.  O, nee, pleks daarvan weier die mediesefonds om te betaal vir ‘n vierde xstraal in enige twaalf maande siklus.

As hulle sê my bydrae is R3876, 45 dan kan ek nie sê ek gaan net R3876 betaal omdat ek nie kleingeld het nie.  Hoekom de moer kan hulle dan besluit dat hulle net RXXX betaal vir xstrale en nie ‘n pennie meer nie.  Ek kan nie sê dat ek net R3800 gaan betaal omdat dit al R200 in die bedrag is nie.  O, nee, ek moet R3876, 45 betaal.  Hoekom de fok kan hulle dan besluit hulle betaal net R28 vir ‘n R256, 79 pakkie pille?  Hulle betaal net R’n somtotaal van R2 500 op ‘n R4 200 hospitaal trippie?  As ons al die kortvalle moet betaal, hoekom het ons dan enigsins ‘n mediesefonds?  Dit is nie asof ons die swakste of goedkoopste opsie het nie.  Ons betaal die tweede hoogste prys vir die dekking maar die liewe Vader weet hoekom.  Ek kan net dink dat dit is omdat niemand, maar niemand omgee wat ons uitkry nie, solank ons net betaal.  Solank ons net stem.  SOLANK ONS NET GEMELK EN BEROOF KAN WORD.  MY GAT IS AL SEER VAN DIE BUK OM GEBRUIK TE WORD.

Gedagte van die dag;  Stem vir die SPCA.  Hulle gee nie om of ‘n hond wit of swart is nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Konfoes Jan Koos

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 12, 2012 om 2:25 nm

    EERSTE!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 12, 2012 om 2:28 nm

    Skryf weer vir die ombudsman – sommer weekliks tot hulle optree. Sover my kennis strek moet Mediese Fondse VMV ten volle dek.

    Antwoord
  • 3. Brian  |  Junie 14, 2016 om 12:22 nm

    verander van fonds. Almal het hulle dinge. Glo my hulle stoei vir lede om aan te sluit.As ek sukkel by die eerste konsultant dan dring ek aan om met die supervisor te praat. Dit werk uitstekend , want dan skep jy ‘n direkte kanaal om probleme op te los.Verder is ek stroef gesig beleefd maar nie vriendelik nie, hy is nie my maat nie maar iemand met wie ek geskille moet oplos. Moet nooit sê jy stem saam nie, dit is soos skuld erkenning. Jy neem kennis.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Junie 14, 2016 om 9:21 nm

      Dankie vir die inligting. Hulle maak mens oor die algemeen of hoogs de dinges in of net eenvoudig gatvol.

      Antwoord
  • 5. Koos du Plooy  |  April 10, 2017 om 4:57 nm

    Ek het n Kritieke Toestand versekerings polis gesamentlik met n lewens- polis.
    Het myself in 2013 beseer en gedink dit was net n senuwee. 2015 plate laat neem wat bevestig dat ek met die besering die bloedtoevoer na die heup afgeval het. Het kwotasies gekry en het eis ingestuur. Ongelukkig is dit afgekeur. In die konstruksie en sweiswerk + kan onmoontlik nie my take verrig nie. Finansieel tans n krisis. KAN U MY HELP ASB. Maak n aanbeveling asb. Dankie

    Antwoord
    • 6. nancy  |  April 19, 2017 om 9:03 vm

      ccma maak voorsuening vir sulke gevalle met regshulp. jy moet kontoleer of jou polis ook ongeskikdheid dek. maar gaan sien die mense by mannekrag. ongeskikdheidswet maak voorsiening vir gevalle soos joune. jou Dr moes dit mos aangemeld het.

      Antwoord
  • 7. nancy  |  April 19, 2017 om 9:17 vm

    dit is net fuckd up hoor. weet jy die staats mediesefondse betaal elke eis 100%? as betalings volgens staatsbeleud gebeur. hoekom is van die veste tot die slegste staatsdiens mediese oosie 200% dekking met bv minder drs besoeke per lid? dan is daar sommer tien begunstigdes op n lid met net n vier lid gesin se finds? daar is susters en broerskinders op en skoonpa en stiefma EB almal met 100% dekking.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: