Goeie Christen

Junie 8, 2012 at 7:37 vm 9 Kommentaar

 

 

Ek het mos nou al genoem dat ek probeer om my honde ‘n beter kos soort te voer. Ek moet dus na die buurdorp 40 km verder ry of ek kan Montego by ‘n (sug) mikro leningsplek op die dorp koop.  Kan my voorstel wat die bure moet dink as ek so dikwels daar in loop.  Maar as dit hulle vermaak bied, wie is ek om te stry?

So twee weke gelede loop ek gou weer daar in.  Sy groet vriendelik soos dit haar gewoonte is.  Toe vra sy my uit die bloute, “Hoe lank loop ‘n hond?”  Huh?  “Tot hy moeg is antwoord ek.”  Ek meen, elo?  Dan sal hulle mos gaan lê.  “Ag askies man.”  Seg sy.  “Jy weet, hoe lank loop hulle voordat hulle babies kry? Dis wat ek meen.”  Dis mos nou meer my taal, maar ek antwoord toe “Ses en vyftig dae.”  Vicky se gesig trek alle kante toe en sy keer my kleingeld uit.  Toe kon dit uit dat sy “agter” woon.  Dis nou in die besigheid se agterplaas.  Netjies omhein met ‘n ses voet heining en ‘n hoe hek op die koop toe.

Sy vertel my toe dat die hek gesluit is, ek kan maar enige tyd stop en toets.  Sy het ‘n sleutel tot die slot en haar baas het ene.  Dus, beheerde toegang.  Haar hond, sê sy toe, is brons.  Dis nou die woorde soos sy dit aan my vertel het, baie omgekrap.  ”  My hond bloei nou al meer as ‘n week.  Die Jack russel hondjies lê heeldag en tjank voor die hek.  Maar dit pla my nie.  Die hek is toe en hulle kan nie inkom nie.  Toe Maandag, toe kom hier ‘n ander hond aan.  Hy lê toe hier buite en die sussie in die winkel langsaan het gesms en gesê ek moet kom kyk.  Daar lê hy toe.  So ‘n goeie christen hond.  As die ander honde kom, dan jaag hy hulle weg.  Dan hardloop daai spul Jack Russels dat die stof staan.

Die middag was ek so lief vir die goeie christen hond dat ek vir hom ‘n bakkie water en ‘n pakkie van die “sample”  (Amerikaans uitgespreek)  geneem het.  Ek het hom nogal gesê dis omdat hy so ‘n goeie christen is.  Maar hy het gelieg.  Die bastard.  Laas nag toe word ek wakker en hoor my hond tjank so saggies.  Toe staan ek op en gaan kyk.  Daar vang ek toe die donnerse christen hond besig om my hond te rape.  Hy was toe al die tyd ANC en dag hy is ‘n goeie christen en ek het nogal die donner gevoer.  Nou gaan ek ‘n blerrie ouma word voordat ek ‘n ma is.”

Toe gryp sy haar Black Berrie en wys my die video clip wat sy van die klip christen gemaak het.  Hy het sowaar as bob los poot bo oor die sesvoet heining gespring.  Ek het gister weer ‘n sak kos gaan koop.  Haar hart is nog steeds so seer oor die oneerlike hond wat so vir haar gelieg het nadat sy hom gevoer het.

Gedagte van die dag:  Om sukses in die lewe te geniet, kan ons nie struikelblokke passief benader nie.  Oms moet aggresief wees en dit met geloof, gebed en volharding oorkom.

Geniet die naweek en bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere, Staaltjies.

koekedoed​eldoe Konfoes

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 8, 2012 om 9:48 vm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 8, 2012 om 9:51 vm

    Sy moes ‘n lekepredikant gekry het om vir die klipchristen te kom bid. As sy lus so lank gehou het, dan is hy opreg. Die lekepredikant kon hom dan sommer getrou.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 8, 2012 om 9:56 vm

      sy kon gecater het vir die troue. Sy het mos baie ‘sample’ pakke wat sy vir die gaste kon uitdeel.

      Antwoord
  • 4. hibuscusangel  |  Junie 8, 2012 om 10:25 vm

    Ek het al paar mans ook gesien wat loshande booor ses voet mure spring, veral as die gilfriend se man huis toe kom.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 8, 2012 om 11:36 vm

      😆 ongelukkig het niks vasgehaak nie. 😀

      Antwoord
  • 6. Dirkie  |  Junie 8, 2012 om 10:46 vm

    Nou wag ek in spanning om te hoor soos wie lyk die werpsel!…hoop hulle gaan Kinderkrans toe of Sondagskool toe ….

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 8, 2012 om 11:37 vm

      wie weet? 😉 word dalk goeie altaar dienaars.

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Junie 8, 2012 om 6:11 nm

    As ma verstaan ek heeltemal daardie ses voet heining om jou meisiekingers… en die ou wat soos ‘n goeie christen lyk.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Junie 8, 2012 om 10:54 nm

      kyk voor die kop
      maar nie in die krop.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: