Pleegsorg!!!!

Junie 6, 2012 at 8:17 vm 8 Kommentaar

As enige iemand vir my ‘n maand gelede sou sê dat ek, Olga Oksel te bang sal wees om ‘n kind in pleegsorg te neem, sou ek virseker op die grond rondgerol het van die lag vir so ‘n vergesogte gedagte.  Vandag sal ek saamstem.

Wat my Bad Boy besiel het om ‘n hond te wil aanhou terwyl hy in ‘n karavaan woon, sal ek nou wragtig nie weet nie.  Om pyn by die besering te voeg, is dit nog ‘n Staffie x maltees ding wat hy vir hom gekry het.  Ari gedorie!  Het die kind dan niks by sy ma geleer nie?  Ek het ‘n foxterrier gehad en nog lank voordat die ou die ewigheid in was, het ek al gesweer, “Nooi ooit weer ‘n terrier nie.”  Hy gaan en kry een van onsekere oorsprong.  Om nou ‘n lang storie kort te maak, was hy beslis die ongewildste buurman toe die dingetjie sy been begin lig het.  Gou gou het almal vir hom raad gehad.  “Gee die hond vir die tuinier.”  Gelukkig het hy mos geweet dit sal nie tot die hond of die tuinier se voordeel wees nie.  Die ander “ingeligte” raad wat hy van almal gekry het, was dat hy die hond ‘n tuiste op ‘n plaas moes kry.

For the love of ‘Arry.  Dit ‘n hond wat nie plaasdiere ken nie.  Elke keer as hulle kom kuier het, het die hond my hoenders die hele wereld vol gejaag.  Kan julle dink wat hy sou doen as hy skaap, bees ens tee sal kom?  Ewentwel, die bure kla weer.  Die arme hond is al op die stadium met ‘n soketting vas.  Volgens die buurvrou, wie sommer die opsigter ook is,  het die hond die losgekom.  Hy was die hele karavaan park deur en het oorgehaal teen alles wat regop gestaan het.  Tot teen haar been.  As hy nie gou plan gaan maak met die hond nie, sal sy.  Hy het haar toe ‘n goeie vraag gevra.  Wie het die hond weer vasgemaak?  Want toe hy tuis gekom het, was die hond weer vas.  Sy het eers soos ‘n ghappy bubbles gehap, toe onthou sy sy het die hond vasgemaak.

Ek sê toe ek sal die hond in pleegsorg neem totdat hy ‘n beter plek kry waar hy die hond kan aanhou.  Mensig.  Toe ek tuiskom met Gebraksel, is hy voor my of Bessie uit die kar.  Toe die hek oop is, toe bestorm hy vir Blaffer.  Arme ou Blaffer is nie ‘n bakleier nie.  Die oomblik toe hy die huis binne gekom het, het hy gaan oorhaal.  Gelukkig het ek die gebaar net betyds gesien om hom te ontmoedig.  ‘n Paar keer.  Met die gevolg dat hy nou tyd in die huis deurbring sonder om alles te wil merk.  Hy is egter besig om ‘n nuwe mode onder my hoenders te kweek.  As die hond uit die “binne hof” kom, storm hy al wat ‘n honder of hond is.  Hy probeer nie eers vir Bessie nie.  Sy het hom mooi netjies in die oog gekyk en al grrrrrend gegaap en haar gat aan sy geknor afgevee.

O, ja, die hoender mode.  Hy teiken ‘n hoender en jaag die arme ding flou.  Dan pluk hu bekke vol vere uit die hoender en teen die tyd dat ek met hulle opvang, het hy al die hoender vasgedruk en lag oop bek met vere wat oral waar dit nat is op sy gevreet vaskleef.  Glo my, ek het die hond al gelooi dat my dem arm wil afval.  Gelukkig is daar nie meer veel hoenders in volle vag oor nie. Ongelukkig is daar nie nou ‘n hen met klein kuikens om hom goed op sy plek te sit nie.

So pleegsorg is uit.  Dit is absoluut die laaste.

Gedagte van die dag:  Deel jou krag met jou kinders wanneer hulle klein is en hulle sal hulle jeug met jou deel wanneer jou krag opraak.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Voice in the Wilderness koekedoed​eldoe

8 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 6, 2012 om 10:01 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 6, 2012 om 10:07 vm

    Gee die hond ritilin. Dit is mos deesdae die antwoord op alles.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 6, 2012 om 7:02 nm

      is ritilin sonder voorskrif te kry?

      Antwoord
  • 4. Kameel  |  Junie 6, 2012 om 5:22 nm

    Indien jy nie voorheen geweet het pleegsorg is nie vir sissies nie, weet jy dit nou 😆 Arme veerlose, weerlose henne.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 6, 2012 om 7:00 nm

      en die hane. Hulle loop ook deur.

      Antwoord
      • 6. Kameel  |  Junie 7, 2012 om 10:03 vm

        Ek voel “vere,” vir die hane…. hulle moet hulle vrouens beskerm. Dit sommer so tong in die kies.

      • 7. gerdajansen1  |  Junie 7, 2012 om 10:34 vm

        die ancyl haan op die werf is groter as die hond. laat my nou wonder, verdien hy die reg om te kraai? slapgat ding. groot lawaai.

      • 8. Olga  |  Junie 7, 2012 om 12:40 nm

        sukkel jy met my haan gertjie? Hy is mos nou n boom-haan. Sit doer hoog in die boom en oorleef op bye. Hy sal wens om kfc te wees as hy die bye b4k genoeg maak om my aan te val.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: