Dis lekker om te lewe

Junie 4, 2012 at 8:20 vm 9 Kommentaar

 

 

Ek kan Vrydae nie meer wag dat dit sesuur moet word nie.  Kan julle raai hoekom?

Ja, dis omdat ek wil gaan sit en “Vetkoekpaleis” kyk.  Ek het dit die vorige keer toe dit op was gekyk, ek het dit op vcr opgeneem en weer en weer gekyk.  Tog, elke episode wat uitgesaai word, vind ek iets om oor te lag.  Soms sien ‘n mens tog iets in die kommin stories wat jou so sterk aan jouself, jou gedrag, jou geaardheid herinner dan kan jy net wonder, “Is ek regtig so?”

Desjare toe “Orkney snork nie” uitgesaai was, het ek dit dalk een keer per maand gekyk.  Dit het nou regtig die waks uit my geirriteer.  Die simpel Maggie wie so oor alles kon grens.  Die arrogante paloeka Henrik Van Tonner wie soos ‘n wafferse anc prokureur met ‘n baadjie en das gaan werk het.  Dit terwyl hy net ‘n ou mynkapteintjie was.  Die onnosele Spike en vertraagde Ouboet met ‘n nog simpelder vrou Yolanda.  Hulle was nog wragtig so “te” dat ek nie na hulle kon kyk nie.

Toe kom die flieks en almal wou dit in my keel afdruk, genade, Marcel wie se moer ookal, was ‘n nog patetieser Ouboet.  Tog het al wat Afrikaans sprekende was, gerave oor die fliek.  Of hulle ooit ‘n “Vetkoekpaleis” fliek gemaak het, weet ek nie.  Ek sal steeds nie ‘n hele negentig minute na sulke driwel kan kyk nie.  Maar Vrydag wag ek gretiglik vir “Vetkoekpaleis” so kommin soos ‘n hondedrol, om te begin.

GEdagte van die dag:  Dis lekker om te lewe, ja, dit is.

Advertisements

Entry filed under: Sug.

Touché American Gothic

9 Kommentaar Add your own

  • 1. gerdajansen1  |  Junie 4, 2012 om 8:46 vm

    eerste. ek was tog eerste.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Junie 4, 2012 om 9:19 vm

      blok vir gerda.
      1
      2
      3.

      Antwoord
  • 3. gerdajansen1  |  Junie 4, 2012 om 8:47 vm

    ek hou ook van vetkoekpaleis. dis so lekker common.

    Antwoord
  • 4. Xena Phoenix  |  Junie 4, 2012 om 9:20 vm

    Ella was my gunsteling karakter. Ek wil my breek wanneer sy op is. Ek het eendag vir Marga van Rooy ontmoet en sy is geen Ella nie. Sy is regtig ‘n Aster uit een stuk.

    Antwoord
  • 5. Kameel  |  Junie 4, 2012 om 9:53 vm

    En toe val ek sowaar weer uit die bus…. ek het “Orkney snork nie,” gekyk… Ouboet en al. Vetkoekpaleis ook geniet. Of ek vandag nog daarna sal kyk… die weet ek nie 😯

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Junie 4, 2012 om 2:29 nm

      ;D dan word mens groot ne.

      Antwoord
      • 7. Kameel  |  Junie 4, 2012 om 3:09 nm

        Of oud 😦

  • 8. jagternw1976  |  Junie 4, 2012 om 2:39 nm

    Onthou “daai jare” was ‘n mynkaptein ‘n Meneer. Hulle dink nou nog so – kom net nie meer met ‘n baadjie en das werk toe nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Junie 4, 2012 om 3:49 nm

      het hulle sowaar met das en baadjie gaan werk?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: