Touché

Junie 1, 2012 at 8:08 vm 10 Kommentaar

Teen die tyd het almal al gehoor van die spies en die uitwerking wat dit op die land gehad het.  Prioriteits hofsaak, busvragte gekke wie aangery was om te gaan toyi toyi in die strate voor die hof en die gallery.

Sover nog geen woord van die Duitse besigheidsman wie die skildery gekoop het vir R136 000 nie.  Nie eers een nie.  Of het ek dit net gemis? Be that as it may.  Ene Vusi Beauchampe  het ‘n baie goeie skildery van die ontslape AWB leier, ou Et geskilder.  Ek kon regtig nie my lag hou toe ek dit gesien het nie.  Die Sowetan van 31/05/2012 noem dit “set to provoke.”  Ek vind dit eerder die teenoorgestelde.

                                 

Dit vertel my van ‘n baie besorgde vaderfiguur wie so pas vir die kind op sy skoot uit die bybel gelees het en nou vir hom bid.  Mev Terre-Blanche, ek hoop jy gaan John Vismis geluk wens met sy kunswerk.  Ek is seker almal wie dit sien, sal met my saamstem.

(ek is nie seker watter een Vusi is nie.  Ek vermoed

dit mag die een met die boobs wees.)

Vusi, dankie.  Jy het my, ou ET, vir die eerste keer in ‘n baie menslike lig laat sien.  Kyk, ‘n mens het dit of jy het dit nie.  Hoe kom ou Vusi aan ‘n van soos Beauchampe?  Dink dit kan nog ‘n giggelsessie tot gevolg hê.

Gedagte van die dag:  Sarkasme is ‘n fyn kuns.  Dis beslis nie op die internet te koop nie.

Geniet die naweek en bly veilig.  As julle op die pad gaan, bestuur asb versigtig en kom veilig terug.

Advertisements

Entry filed under: Kuns.

Uit wie se sak? Dis lekker om te lewe

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 1, 2012 om 9:29 vm

    EERSTE

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 1, 2012 om 9:37 vm

    Ek wonder of die ANC ooit die hele uitstalling van Murray gesien het. Hy het onder andere twee aapgoed, waar die groter een die kleintjie van agter bykom. Dit word genoem: The party vs the people.

    Elke skilder spring nou op die wa. Voor die hele debakel het ek net van Pierneef, Bettie Cilliers-Barnard en Klaerhout geweet. Almal al dood.

    Nou weet ek van Brett Murray, Resheda Crouse en Vusi Beauchampe.

    Antwoord
  • 3. Olga  |  Junie 1, 2012 om 10:15 vm

    snaaks dat hulle nar met n clown vereenselwig?

    Antwoord
  • 4. Olga  |  Junie 1, 2012 om 10:17 vm

    peers?

    Antwoord
  • 5. hoendersop  |  Junie 1, 2012 om 11:59 vm

    My dogter was by die opening van die Brett Murray-kunsuitstalling by die Goodman gallery en sy sê hulle het daardie aand vir hulle gesê dat die oorspronklike Spear skildery al uit die land is en dat hierdie ‘n gedrukte kopie is. Dis vir my baie vreemd dat dit nog nie in die koerante uitgekom het nie, of is dit nie sensasioneel genoeg nie?

    Antwoord
    • 6. Toortsie  |  Junie 1, 2012 om 9:21 nm

      So, wil jy sê dat dit die kopié is wat “beskadig” is?
      Olga, ek hou ook nogals van die ander skildery wat jy bespreek het. Daarmee sê ek nie dat ek van die PERSOON hou nie, maar dit daar gelaat. Dit lyk vir my deernisvol.

      Antwoord
      • 7. Toortsie  |  Junie 1, 2012 om 9:21 nm

        Maar watse wit druppels gaan daar uit sy baard uit?

    • 8. Olga  |  Junie 3, 2012 om 5:16 nm

      hoendersop, ek vind dit weer vreemd dat die eienaar van die skildery nog geen kommentaar op die gebeure gelig het nie.

      Toorts, ek dink die skilder het geboeboe en te veel verf opgeplak, toe drup dit af. 😉 Jy weet sy lus het dalk gehang om die deernis vas te lê. Dalk sien hulle goeie emosie anders as ons. Daarom dat ‘n twaalf jarige kind sex kan hê, en moord kan pleeg. Dit word mos aborsie genoem, maar ‘n twaalfjarige mag nie sigarette koop nie.

      Antwoord
  • 9. Craig  |  Junie 1, 2012 om 1:21 nm

    Ja, ek sien dit oiok so.Die liefdevolle vaderfiguur wat vir die kind n bybelstirie gelees en niu met geslote oe bid.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: