Liewe ouers

Mei 30, 2012 at 8:15 vm 10 Kommentaar

 

                                                   

 

Ek het gister ‘n koerant berig gelees van ‘n pa wat hom vreeslik sleg gedra het langs die rugbyveld waar sy seun ‘n wedstryd gespeel het.  Die ma het soos ‘n wafferse pom-pom girl voor die kameraman gedans om te keer dat hy haar man se swak gedrag opneem.  Ek kon net dink  “arme kind.”

Wat ‘n vernedering moet dit net nie wees vir so ‘n kind nie.  Weet julle, my kinders was vrot atlete, maar baie goeie deelnemers.  Omdat hulle sulke goeie verloorders was, was hulle altyd aktief op die atletiek baan, besig om deel te neem.  Want sien, self vir die verloor het hulle vir hulle spanne ‘n punt of drie verdien.  Ek glo tot vandag dit was van luiheid wat hulle verloor het.  Julle moet nou weet, nes my wyse ou Moedertjie, het ek ook geen dom kinders groot gemaak nie.  Hulle, nes ek destyds, het besef as jy met grasie verloor, is die atletiek seisoen vir jou verby, maar as jy wen aan die ander kant, gaan jy “op circuit.”

Kyk hoe dwaal ek alweer af.  Ek wens eintlik my kinders kan weet hoe dikwels ek daar langs die baan gesit het en hulle om daardie baan gewil het,  ek het woordeloos gegil en aangemoedig, maar ek moes maar stil sit.  Kyk, as ek ook daar teen die heining moes gaan staan en skree het, soos ek wou, sou hulle gewis vinniger gehardloop het om van my weg te kom.  Dit sou beteken het dat hulle beter sou doen en dan op die “interskole” toere ingesluit sou word.  Die groter rem wat my in my sitplek vas geanker het, was die seker wete dat ek defnitief sou raas kry wanneer ons sou tuis kom.  Sulke skandaligheid sou nie een van hulle geduld het net omdat ek hulle ma is nie.  Hulle sou my die veld belet het.

Gedagter van die dag:  self respek begin met respek vir ‘n ander se gevoelens.

 

Advertisements

Entry filed under: Waarhede.

Tyd Uit wie se sak?

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 30, 2012 om 10:16 vm

    EERSTE!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 30, 2012 om 10:17 vm

    Party ouers langs die sportvelde sal mens laat kots. Ek het eendag saam met my tannie ‘n netbal wedstryd gaan bywoon. Sy het so erg te kere gegaan dat dit die laaste keer ook was.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 30, 2012 om 2:30 nm

      wou sy namens die kind speel?

      Antwoord
  • 4. Kameel  |  Mei 30, 2012 om 10:45 vm

    O my siel, daar val ek uit die bus uit. Twee van ons kinders was goed in atletiek; ons blondekop het langafstand vir Oos Transvaal gehardloop. Saam met die ander ouers kon ek heerlik opgewonde raak, en my kind aanmoedig op die veld 😯

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 30, 2012 om 2:31 nm

      dis mos ldeke. As jou kinders dit toegelaat het, waarom nie?

      Antwoord
    • 6. Toortsie  |  Mei 30, 2012 om 6:02 nm

      Opgewonde raak is een ding. Kommin raak ‘n ander…

      Antwoord
  • 7. gerdajansen1  |  Mei 30, 2012 om 10:57 vm

    was 2 kinders saam met my kinders op skool. mensig, hulle was goed in alles wat hulle gedoen het. atletiek, netbal, rugby, hokkie, krieket. hulle was sterre. nou weet ek hoekom. die ma het soos n spirits m..d tekere gegaan. dan was sy so nugter soos n prikant.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Mei 30, 2012 om 2:34 nm

      jy kry hulle. Nie net aanmoedig nie, maar sommer voorse hoe en wat om te doen
      ook.

      Antwoord
  • 9. Toortsie  |  Mei 30, 2012 om 6:01 nm

    Sien, ek kom uit die musiekmileu waar jy stil sit en luister en agterna handeklap. So, langs die sportbane het ek maar ook so gemaak. Gelukkig was my kinders nie baie groot sportmanne nie!

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Mei 30, 2012 om 9:20 nm

      Lol, hande klap is ook goed langs die baan.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: