Tyd

Mei 29, 2012 at 8:09 vm 3 Kommentaar

 

                                                      

 

Eisj, is dit nie snaaks hoe tyd vir ons weghardloop nie?  Al ooit gewonder wat het van verlede week, verlede maand of verlede jaar geword?

Toe ek in elk geval jonger was, wou tyd net nie verby gegaan het nie.  Ek sou saadjies saai en dit het gevoel asof daardie sewe tot tien dae absoluut jare was voordat die ou barsies in die grond verskyn het en so ‘n dag later sou die fyn groen spinnerakkies verskyn wat dan na nog ‘n dag hulle koppies sou lig en teen namiddag sou die ou blaartjies soos handjies na die son op gelig het en oop gemaak het.  Tog sou ek kon rekenskap gee vir elke dag, uur en amper minuut tussenin ook.

Tog, hoe ouer ons word, des te vinniger gaan tyd verby.  Ek het gisteraand my peetseun gebel en geluk gewens met sy verjaardag.  Toe noem hy dat hy so bang vir die dag was.  Die dag waarop hy dertig sou wees.  “Oumense is mos dertig, tannie O.”  Ek kon net lag.  Hoe sal hy voel as hy die dag wakker word en besef hy is honderd-en-agt jaar oud?  Dan gaan hy ook waarskynlik met stywerige, krakerige bene opstaan en ‘n almanak soek om seker te maak watter jaar dit is en waar die tyd heen verdwyn het.  Dis nou as hy sy bril kan kry.  Die hele wereld omdol en dan uiteindelik agterkom hy het die bril op.  Dan gou die bril vies afpluk en die lense poets.  As dit mos skoon is, sal mens weer helder kan sien.  Eisj dan met teleurstelling agterkom die bril is in elk geval blinkskoon.  Ag, toemaar mag hy dan ook dink, dis daai verdompde koue eend van 5de laan wat so bietjie stof in sy oë geskud het.  More sal dit beter gaan.

Gedagte van die dag:  Materiële sukses sal hou tot die dag dat jy sterf.  Liefde hou verewig.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Kla met ‘n custardslice Liewe ouers

3 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Mei 29, 2012 om 9:37 vm

    EERSTE

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Mei 29, 2012 om 9:37 vm

    Ek dink al daardie jaartalle met ‘n 0 is wetters.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 29, 2012 om 10:39 vm

      dis sommer n nommer grieters. Dis sommer n nommer.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: